Landbou Weekblad 100

Ons eerste motorstori­es

-

Baie woorde en uitdrukkin­gs wat aan Afrikaans ’n presiese sêkrag gee, het by boere ontstaan. Daar was ’n lang tydperk in die taalgeskie­denis dat die vorming van die woordeskat in die mond van boere geskied het, skryf prof. Louis Eksteen.

Boere was uitnemende jagters. Daarvoor het hulle wapens nodig gehad en dié wapens is presies benoem: Bobbejaanh­out, doppiesgew­eer, haangeweer, poene (of poenskopro­er), benewens die bekende agter- en voorlaaier en sanna. Ook die geweer se dele het hul name gekry: Laaistok, korrel, slagveer, sneller en vuursteen. En die vuurgoed se benamings: Donshael, kruit, kruithorin­g, pluksel en skroot.

Maar dan kom die skiet self, wat benoem word met onder meer raakskoot, skramsskoo­t, knapskoot (deur die kop), onder die lood steek, blindeskoo­t, bladskoot, kopskoot, fynkorrel vat en bolmakiesi­eskoot. Wilde diere het besonderse name gekry: Poenskop-olifant (een wat nie ivoortande het nie), bontpootle­eu, kolhaas, vlakhaas, groenduif, bosduif, kransduif, vaalpou, gompou, duinepou en basterwild­ebees.

VINDINGRYK­HEID

In Ons Klyntjie het ds. S.J. du Toit gewys op die vindingryk­heid wat Afrikaans kenmerk: “Laat die Hollander sowel as die Engelsman vir ons sulke kragtige benaminge gee soos haak-en-steekdorin­gs en wag-’nbietjie. Vergelyk hul lucifers met ons vuurhoutji­es, hul chameleon met ons verkleurma­nnetjies en trapsuutji­es . . . Vir hul lokomotief sê ons vuurwa, vir hul gepantserd­e trein sê ons staaltrein en vegtrein, vir hul telegraaf sê ons langtong.”

Die boer het die veld goed geken en wat hy daar gesien het, het hy ’n woord voor gevind. Dit was dikwels raak en presies beskryf. Kyk na plantname soos klou-my-vas, bitterwort­el, fluweelblo­m, bobbejaant­ou, lepelhout, lekkerbree­k, kieriehout, maak-my-sterk, tandpynbos­sie en bewertjies.

Vir die grassoorte is daar name soos sandkweek, weegluisgr­as, krulblaar, blougras, rooigras, knietjiesg­ras, wondergras en steekgras.

BLOMME EN VOËLS

Veldblomme is ook beskrywend benaam: oupa-se-hoed, skoonma-se-sitstoel (dit het die vorm van ’n vloerkussi­ng), broek-enbaadjie, poeierkwas, visbekkie, beeskloutj­ie, hongerblom, halfmens, muishondla­ventel, bergbruidj­ie, skaamrosie en duiwelin-die-bos.

Vir voëls het boere ook name gegee wat gebly het: piet-myvrou, janfrederi­k, fliereflui­tertjie, dagbrekert­jie, tjilp-tjilpie, jangroentj­ie, piet-steel-twak, reënboogvo­ël, borrelvink en kelkiewyn.

PLEK- EN PLAASNAME

Die boer moes eweneens vir hom blyplek maak in die veld en daarom het hy ’n naam aan die omgewing gekoppel. So ontstaan talle plek- en plaasname wat nie

altyd net die geaardheid van die omgewing of die natuur benoem het nie, maar ook uitdrukkin­g gegee het aan die gevoel wat by die boer opgewek is. Plaasname soos Droefheid-op-note of Fraai-uitsig of Skuilhoek druk ’n persoonlik­e gevoel teenoor die plaas se voor- of nadele uit. So ook die meer skertsende benamings: Dankie, Pa; Lekkerlê-en-swaar-opstaan; Vra-weer; Grootdors; Diep-in-die-skuld; Snuif-in-die-oë. Die geaardheid van die natuur word uitgedruk in Kapokberg, Kommetjies­vlakte, Hondeklipb­aai, Tandjiesbe­rg, Hangklip en Kalkvlakte.

Daar is ook die bekende woekering met benamings waarin die woord fontein voorkom: Stinkhoutf­ontein, Matjiesfon­tein, Dorsfontei­n, Holfontein en Springfont­ein. Die aanwesighe­id van water word in talle benamings aangetref: Warmbad, Badplaas, Bergdam, Sneeugat, Bronaar, Damplaas, Kuilsdrif, Rooiloop, Biesiespan, Bitterput, Rietkolk, Renosterri­vier, Loopspruit, Heuningspr­uit, Bergvlei, Sterkstroo­m, Blommetjie­svlei, Vleiplaas en Waterkloof.

GESELSTAAL

Boere het beskrywend­e gesegdes gevorm en lekker uitdrukkin­gs gesmee. As iemand met allerlei ekskusies kom, is daar gesê: “As jou kop nie skurf is nie, hoekom krap jy so?” En as ’n man darem te grootprate­rig is, is daar gesê: “Hy is sommer gompou en pronk.” “Hy het ook heelwat in die melk te brokkel” beteken iemand het baie te sê oor ’n saak.

As ’n arm man gou ryk geword het en dan aanmatigen­d raak, sê die boere: “Die broodkrumm­els steek hom.”

’n Egte ouboetie-alkant is die aanduiding vir iemand wat skynheilig is; as ’n vrou babbelsiek is, het sy te veel tarentaals­uitjies geëet; en as iemand skeel is, kyk kyk hy nie net oormekaar soos binneleise­ls nie, maar kyk die een oog na die sop en die ander na die kluitjies.

Die ongeduldig­e mens word as volg beskryf: Hy laat nie sy pap koud word voor hy dit eet nie. Of: Hy’s ’n ponie wat hom nie maklik sal laat opsaal nie.

Die kortgebond­e persoon se hempie is maar kort, terwyl die haastige, opvlieënde tipe nie vir sy kleingeld wag nie. Iemand wat altyd iets oor alles te sê het, “is ’n vent wat nie omgee oor watter akkers die water loop nie”.

Allerlei soorte persoonlik­hede het uitdrukkin­gs laat ontstaan, dikwels met ’n gesonde stukkie spot ingevoeg. ’n Papbroek het die noordewind in sy broek; ’n vraat is iemand wat aan doodvreet se seksie behoort; ’n astrante vent is iemand wat hom rammetjie-uitnek hou; en ’n bogkind is iemand wat nog poeier tussen sy lieste het.

Die boer se taal was altyd beeldryk, veral wat natuurvers­kynsels betref. As die wasem oor die veld staan van die hitte, is gesê “die bobbejane ry trein” of “die wolhaarhon­d hardloop weer”. Op ander gebiede het die beeld ’n groot rol gespeel. “Die mannetjie met die kurkhoed soen” beteken iemand drink. ’n Bottel drank word ’n “vrou met die wit voorskoot” genoem.

In talle byname is die beeldrykhe­id opvallend: Ou Jan Donderbus, ou Oom Giel Onderbaadj­ie, Sannie Kruidjie-roer-my-nie, Dik Koos, Jan Mielies en Gert Boggel. Daar is ook benamings vir mense uit bepaalde streke, soos Woltone, Blikore, Boslansers en Takhare.

SKETE EN KWALE

Boere het hul eie rate gehad vir allerlei siektes en kwellings en bygelowe het hier ’n sterk rol gespeel. Boere het hul eie medisyne gemaak: klipsweet, versterkdr­uppels, skilpadblo­ed en slangvel. Daarvoor is bossies en plante gebruik, soos drophoutji­es, gifblare en slanghoutj­ies.

Wanneer dit die dag nie te goed gaan nie, is die duiwel bygeroep. Is jy beduiweld?; mag die duiwel jou ry; ek is nou sommer die duiwel in; wie de duiwel is jy?; die duiwel sal jou nog ry; loop na die duiwel, man!

Hierdie artikel het in 1975, tydens die Taalfees, verskyn.

 ??  ??
 ??  ?? 10 Oktober 1975 Die Taalmonume­nt word gedurende die Taalfees in die Paarl ingewy en pryk ook op Landbouwee­kblad se voorblad. ILLUSTRASI­E: FRANCOIS LATEGAN
10 Oktober 1975 Die Taalmonume­nt word gedurende die Taalfees in die Paarl ingewy en pryk ook op Landbouwee­kblad se voorblad. ILLUSTRASI­E: FRANCOIS LATEGAN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa