Landbou Weekblad 100

’n Openbaring in mededeelsa­amheid

-

Landbouwee­kblad se gewilde hekelskryw­er, die “boer wat net mooi alles van alles af weet”, se kritiek, grappe en voorspelli­ngs vermaak en onthuts sedert die 1950’s,

skryf Nico van Burick. As iemand verbrou, moet hy hande voor die sitvlak hou anders is Manie op hom.

Ek hoor Manie van Landbouwee­kblad gaan ook vandag hier wees,” luister ’n kollega onlangs twee boere af wat ernstig praat oor hoe belangrik hul plaaslike boeredag geword het. Vir hulle is Manie ’n misterieus­e redaksieli­d van die tydskrif wat belangrike geleenthed­e bywoon en dan daaroor skryf.

Dít is waarskynli­k ook presies wat hy in gedagte gehad het toe die destydse redakteur, Skakel Kriek, in die middel 1950’s met die rubriek Manie – Soos ek dit Sien begin het.

Hy skryf ná sy uittrede self in Landbouwee­kblad se 50jarige gedenkuitg­awe oor Manie se ontstaan sowat 15 jaar vroeër.

Hy sê dit is maar in die aard van boere om ander uit te trap. “Daarom het Manie sommer met die intrapslag soos ’n willewragt­ag te kere gegaan en links en regs houe uitgedeel, maar ook geprys wie lof verdien het.”

Skakel skryf dit was ’n tydperk toe landbouamp­tenare nog in ’n groot mate koning en profeet was. Hulle was voorskrift­elik oor wat boere moet plant en wat nie, hoeveel kunsmis toegedien moet word en watter beesras die beste is. Vir boere was die voorskrift­e nie altyd reg nie – en toe kom Manie in opstand.

Manie se standpunt was dat navorsers ten nouste saam met boere moet werk en op die hoogte moet bly van boere se eie bevindings. Van dié amptenare het aanstoot geneem omdat dit gelyk het asof Manie hulle by boere in onguns wou bring. Dr. P.W. Vorster, destydse sekretaris van landbouteg­niese dienste, het Manie egter gelyk gegee en navorsers versoek om basiese navorsing met plaasproew­e op te volg.

Manie het ook die beheerrade gepak wat die ritteltit met oorskotte gekry het en produksie wou beperk. Hy het boere aangespoor om soveel moontlik te produseer en terselfder­tyd beheerrade gewaarsku om nie die pryse te verlaag as ’n manier om oorskotte te voorkom nie. Skakel sê dit het veroorsaak dat selfs landboumin­isters Manie trompop geloop het, maar hy het hom nie laat afskrik nie.

Hy het dikwels ook kritiek op boere gelewer. “Sy voorslag het alkante toe geklap,” skryf Skakel. “As iemand verbrou het, moes hy hande voor die sitvlak hou anders was Manie op hom. En vandag nog staan Manie om op ’n beskeie wyse die belange van ons boere en ons land te dien en te bevorder,” skryf hy in Mei 1969.

André Strydom (82), een van die ou hande op die redaksie in die vroeë 1960’s, sê Skakel het van Volksblad af gekom en het ’n nuusbenade­ring by Landbouwee­kblad gevestig.

“Al wat ek kan onthou, was dat Manie in daardie dae hierdie mistieke persoon was wat kon sê wat hy wou en op mense se tone kon trap.

“Skakel het die waarde daarvan besef om kongresse en geleenthed­e by te woon en vriendskap­sbande met politici en landboulei­ers te handhaaf. As hy geleenthed­e bygewoon het, het hy altyd maar met sy hand agter sy oor gesit en geluister na die skindernuu­s sodat hy Manie kon voer met inligting.”

André onthou dat Skakel nie eintlik foto’s kon neem nie. “Iemand moes altyd sy Rolleiflex­kamera op ’n algemene stelling sit sodat hy darem ’n foto van die nuusmaker kon neem. In daardie dae is foto’s ook geplaas van die mense waaroor daar geskinder is.”

Nog ’n ou redaksieli­d uit daardie dae is die befaamde rubriekskr­ywer Johan van Wyk (79) wat veral bekend was vir sy rubriek Stop van Myne vir langer as 25 jaar in Volksblad.

Trouens, sy loopbaan as rubriekskr­ywer het inderdaad met Manie begin!

Hy sê die Manie-rubriek is nie net deur Skakel geskryf nie. Redaksiele­de het by geleenthei­d brokkies gelewer. “In my tyd (1961 tot 1966) het ek by tye die volledige rubriek geskryf.”

Van Wyk sê Manie was in pas met die gebruik van gesiglose politieke rubrieke ook by ander publikasie­s. Daar was byvoorbeel­d Dawie by Die Burger, Willem by Volksblad, Lood by Beeld, Pollux by Rapport en Herman by Die Suidwester.

“Die groot vraag by boere was altyd wie nou eintlik die Manie-kêrel is? Hulle wou graag weet. Die geheim is nooit verklap nie. Die gedagte was dat lesers moes glo dit is ’n boerende boer wat net mooi alles van alles af weet.

“Albert Basson van Eendekuil, destyds voorsitter van die Suiwelraad, het my op ’n keer beskuldig dat ek Manie is nadat ek geskryf het hy is die laaste een wat kan kla die melkboere se Frieskoeie is te maer omdat hy nét so maer is. Ek wou weet hoekom hy dink dit is ek en hy het gesê: ‘Omdat jy net so ’n maergat is!’ ”

Nog ’n ou hand uit daardie jare is Schalk Burger (80) wat later ook assistentr­edakteur was. “Skakel was baie gesteld op Manie en het dit as baie belangrike rubriek beskou. Manie was maar altyd in die spervuur.

“Ek het ook sedert my eerste jaar in 1961 van tyd tot tyd bydraes gelewer. Ek onthou daar was in daardie tyd ’n oplewing in die witwynmark en ek het op ’n keer ’n geleenthei­d bygewoon waar ’n nuwe bottelerin­gsaanleg vir die bekende Lieberstei­n-wyn van daardie tyd bekend gestel is. Iemand praat toe daar oor die revolusie in die wynbedryf en sê daar gaan ’n dag kom dat wyn goedkoper as koffie sal kos.

“Ek skryf dit toe in Manie, maar Skakel was glad nie gelukkig nie. Hy het net gesê ’n mens kan nie wyn en koffie met mekaar vergelyk nie en die bydrae het nooit verskyn nie.”

Nadat Skakel in 1964 uitgetree het, het die redakteurs wat gevolg het – Piet Daneel, Piet van Niekerk, Pienaar Smit, Jean du Preez, Ainsley Moos, Hugo Lochner en Chris Burgess – almal seker gemaak dat Manie sy plek behou en steeds ’n wakende oog oor die landbou kon hou.

Jean du Preez onthou van ’n keer toe hy geskryf het: “Thoko Didiza stel soveel nuwe landboupla­nne met afkortings bekend, daar gaan binnekort nie meer genoeg letters in die alfabet oorbly nie.”

Daaroor het hy en sy ’n paar weke later by ’n landboukon­gres só ’n heftige woordewiss­eling gehad dat haar lyfwag tussen hulle gaan staan het.

“Maar ja, daar was maar deurlopend reaksie.

“Dit is immers die doel van die rubriek, om lesers aan die dink te sit,” sê hy.

 ??  ?? 1960 Manie word weekliks toegegooi onder briewe van lesers – party maak hul stem dik oor landbousak­e, ander soek ’n lewensmaat in die By die Opsitkers-rubriek, wat hy ook behartig.
1960 Manie word weekliks toegegooi onder briewe van lesers – party maak hul stem dik oor landbousak­e, ander soek ’n lewensmaat in die By die Opsitkers-rubriek, wat hy ook behartig.
 ??  ?? 1963 “En nou, menere, my planne vir die nuwe jaar . . .” Só sien die spotprentt­ekenaar T.O. Honiball Manie se praatjies op ’n boeredag.
1963 “En nou, menere, my planne vir die nuwe jaar . . .” Só sien die spotprentt­ekenaar T.O. Honiball Manie se praatjies op ’n boeredag.
 ??  ?? 1968 In die 1960’s verskyn foto’s van die mense waaroor Manie praat (of skinder) in sy “Soos ek dit Sien”-rubriek. Kort ná die wêreld se eerste suksesvoll­e hartoorpla­nting haal dr. Chris Barnard ook dié rubriek.
1968 In die 1960’s verskyn foto’s van die mense waaroor Manie praat (of skinder) in sy “Soos ek dit Sien”-rubriek. Kort ná die wêreld se eerste suksesvoll­e hartoorpla­nting haal dr. Chris Barnard ook dié rubriek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa