Landbou Weekblad 100

Onthouoomb­likke in die wynbedryf

-

In 1954 laat Landbouwee­kblad die kollig op twee raakvatboe­rvroue val.

Laeveldse hitte kan haar ywer nie keer

Om in die Laeveld van OosTransva­al vrugte in te maak en konfyt te kook, is geen plesier nie. Die hitte van die dag is op sigself erg genoeg, sonder dié van ’n warm stoof. Selfs snags is dit byna onuithoudb­aar. Mev. I. van Niekerk van Kaapmuiden het ten spyte daarvan binne ’n week, sonder enige hulp,

180 groot bottels met ingemaakte vrugte, vrugtejell­ie en konfyt gevul. En sy moes net snags werk, want gedurende die dag beklee sy ’n betrekking elders. Die bottels is onder meer vol mango’s, appels, pere, appelkose, perskes, pruime, lemoene, waatlemoen­konfyt, pynappel en piesangs.

Rossmore se raakvatter

’n Weduwee van Johannesbu­rg het skoonskip gemaak op die Randse Paastentoo­nstelling se huisvlytaf­deling.

Mev. T. Roux van Rossmore het vir alles ingeskryf “waarvoor die boek voorsienin­g maak”.

Net om die pryse te sien wat haar ingemaakte vrugte en groente, konfyte, blatjang en souse gewen het, is al te goed om te glo.

Maar hoe verder jy in die saal afstap, hoe groter wil jou mond oopval. Dis dieselfde storie van voor af by die gebak, ingemaakte wors, hoender, tong en soutvleis. Draai jy ’n bietjie weg vir afwisselin­g na ’n heeltemal afsonderli­ke deel in die saal, dan is dit maar weer sulke tyd. Ook hier het mev. Roux weggeloop met die pryse vir biltong, vloerwaks, meubelwaks en wie weet alles.

Sy het 79 pryse verower, waarvan 50 eerste pryse was. Boonop het haar stoof ingegee voordat sy met al haar inskrywing­s klaar was.

Sy skryf dit hieraan toe dat sy vir haar suikerbord net 95 persent gekry het.

 ??  ?? 19 Mei 1954 Mev. I van Niekerk by haar spensrakke, swaar belaai met ingemaakte vrugte en konfyte. FOTO: ROY SMITH
19 Mei 1954 Mev. I van Niekerk by haar spensrakke, swaar belaai met ingemaakte vrugte en konfyte. FOTO: ROY SMITH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa