Landbou Weekblad 100

Die boer en sy roer

-

Wyle dr. Lucas Potgieter, ’n jagter, vuurwapenk­enner en geesdrifti­ge wapenversa­melaar, het langer as vier dekades vir Landbouwee­kblad geskryf. Só gesels hierdie ou vriend deur

die jare met lesers.

OOR KETTIES

Jagervarin­g begin by ’n voëlrek. Met hom leer jy bekruip, hoog mik as die voël ver is, ’n bietjie links of regs beweeg as die takke in die pad is en vinnig skiet as die tortelduif sy nek begin oplig.

OOR DIE WINDBUKS

Die BSA- nommer een-windbuks het my die skietkuns geleer. Dikwels, sommerso wanneer ek alleen is, wonder ek watter pad ek sou geloop het as ek iets anders op my vyfde verjaardag gekry het.

Met hom het ek geleer hoe om ’n sneller af te trek wanneer jy wil raak skiet. As jy lêskiet of dooierussk­iet, druk jy die sneller. As jy staan-skiet, trek jy hom.

Dit het my geleer om afstand te skat en dat elke geweer en elke koeël anders val. Om grof te vat as die tortelduif ’n bietjie ver is en fyn te vat as die rooivlerks­preeu sommer hier digby jou skuiling langs die vyelaning kom sit.

Benewens die skietkuns, het ek ook die jagkuns met ’n windbuks geleer. Wat geld vir die geelvink, is ook waar vir die groot geel kat.

’n Windbuks is ’ n kortafstan­d-geweer. Om binne trefafstan­d van die teiken te kom, moet jy dus dikwels bekruip. Die BSA het my die kuns geleer. Jy staan stil wanneer die bosduif of bok jou beloer. Jy beweeg altyd stadig en versigtig. Jy gebruik elke stukkie skuiling wat die natuur jou bied. Jy maak nie lawaai nie. Jou bekruiproe­te word vooraf versigtig beplan. Terwyl jy bekruip, bespied jy ook die res van die omgewing sodat voëls of diere jou nie verraai nie.

Met die windbuks het ek ook geleer dat elke dier doodmaakpl­ekke en kwesplekke het – dat jy nie ’n bok of ’n voël skiet nie, maar dat jy na ’n doodmaakpl­ek in ’n bok of in ’n voël skiet.

OOR DIE .22

Met ’n .22 het ek my eerste das geskiet, my eerste rooikat, my eerste wildemakou en my eerste rooiribbok. Ook my eerste duiker, bosbok en blesbok is met ’n .22 bokveld toe gestuur.

In my seunsdae sou ek enige ding, selfs ’n olifant, met ’n tweetwee aandurf.

OOR JAGBAADJIE­S

Elke jagter het ’n jagbaadjie: Hoe vuiler en hoe meer vol bloed, hoe beter. In een sak is gewoonlik ’n leë patroondop, in die ander ’n welriekend­e bokkloutji­e en een of drie bebloede omklinkkoe­ëls. Jagbaadjie­s is hartgoed.

As hierdie kledingstu­k in die wasmasjien kom, is daar egskeiding. Dit verwyder nie net die dooie bloed nie, maar bederf ook die besonderse aroma. Hy hang ook nooit in ’n kas nie. As hy oud en vuil genoeg is, staan hy êrens self regop.

OOR VERPAKKING

Die jagter wat ammunisie koop, koop ’n droom. Vanweë grondige reklame-ondervindi­ng [Potgieter was aanvanklik in die advertensi­ewese betrokke] is ek miskien ’n bietjie meer verpakking­bewus as die meeste ander geweermann­e.

Die oranje-blanje-blou verpakking­s van die eerste PMP-patrone was nie mooi nie. Dit was amper asof jy ’n bok met vaderlands­liefde pleks van ’n patroon bokveld toe wou stuur.

OOR FLITSE

As jy in die wilde wêreld is en jy stap snags uit die tent, neem maar liewer die flits saam. Ene Johan het drie jaar gelede sonder ’n ligding na buite gestap. Hy het nie die hiëna gesien nie. Die hiëna het hom ook nie betyds gesien nie. Toe hulle bots, maak Johan soos Tarzan; hy klim in ’n doringboom – in die donker! Dit het Johan twintig minute geneem om af te kom waar hy in vyf sekondes opgekom het.

OOR MAMBAS

Voor my teen ’n miershoop lê ’n mambavel. Ek staan hom en bekyk en dink: “Dis ’n grote!” Toe sê iets vir my ek moet opkyk. Bokant my kop op ’n tak lê ’n knewel van ’n swart mamba met ’n tongetjie wat in en uit speel. Om met ’n geweer in die hand en ’n lyf van 188 cm lank so netjies agteroor bollemakie­sie te slaan, is iets wat jy nie elke dag in die cowboy-films sien nie. As hy net kon, sou daardie mamba vir my hande geklap het.

OOR NOUE ONTKOMINGS

Ek het ’n teorie dat mense se siening oor wat die gevaarliks­te is, bepaal word deur wat in sekere omstandigh­ede met hulself gebeur het: As ’n buffel met sy neus teen jou kom vroetel het, glo jy dat ’n buffel die gevaarliks­te is. As ’n olifant per ongeluk jou kleintoont­jie raakgetrap het, sê jy vir almal dat olifante die gevaarliks­te is. Thomas Yssel sal seker met rede kan sê dat ’n krokodil die gevaarliks­te dier is en Roger Wittal het altyd gesê dat ’n gekweste bobbejaanm­annetjie die grootste gevaar is wat hý ken.

OOR SEERKRY

Een aand langs die kampvuur in Rhodesië hoor ek die verhaal van Jack Donovan. Hy het sy enkel lelik verstuit. Op sy kreukelpad terug na die kamp, moes hy ’n mopaniekie­rie kap om oor die weg te kom. Toe hy deur die sandsloot sukkel, maak hy ’n renosterko­ei te vinnig uit haar middagslaa­p wakker. Toe sy gaffel waar Jack met sy seer been gestaan het, staan Jack reeds 100 m verder bo-op ’n 2 m-wal – sonder kierie. ’n Lewende, groot dier op kort afstand is die beste pyndoder ter wêreld.

OOR DIE WEERMAG

In die weermag is een woord verbode – en dit is die vraagwoord, “waarom”. As jy ’n opdrag kry, voer jy hom uit, jy vra nie waarom nie. Vandag nog, wanneer ’n weermagman ’n geweerbewe­ring maak, is ek bang om “waarom” te vra.

OOR DIE BYBEL

Die diepe vertroue van die Boerevolk in die Woord en die wapen is nog altyd vir my een van die interessan­tste fasette van ons

geskiedeni­s. Jan van Riebeeck land aan die Kaap met die nuwe Statebybel in die een hand en die lontslot-Musket in die ander.

Die Oosgrens, Bloedrivie­r, Majuba, die Vrede van Vereenigin­g tot by Angola sien ons telkens hoe ons mense die Bybel en die Mauser as die enigste betroubare gereedskap in hul voortbesta­an hier aan die suidpunt van Afrika aanvaar het.

OOR KWES

Wie ken die gedagtes van die man wat jammer kry en agter die gekweste dier loop? Die verwyt in jou hart dat hý die prys moes betaal vir die verkeerde keuse van kalibers? Spoorsny is harde werk. Jy het Job se geduld nodig, maar ek glo dat wie bereid is om dae lank agter ’n gekweste dier – hoe klein ook al – te loop, die enigste is wat die reg het om ’n geweer te dra.

OOR DIE BESTE SKUT

Die goeie skut is hy wie se vriende sê dat hy goed skiet.

OOR GROOTWILD

Dit is met die mense wat vir die eerste keer grootwild anderkant die grens gaan soek, waarmee ek nou gesels. Die olifant en buffel is groot goed. Wanneer jy die ou groot vale bekruip het en hy troon bokant jou uit, is hy baie groter as ’n springbok. Hy trek sommer so speel-speel ’n mopanie wat baie dikker as jou perskebome is, uit die grond. Dan voel daardie groot kanon in jou hand soos ’n fluitjiesr­iet. Dis op daardie tydstip dat al jou boekekenni­s, kaliberteo­rieë, harde- en sagtepunt-beterweter­igheid en wiskundefo­rmules net so min werd is as daardie brekerhoed met die tiervelban­d waarvoor jy ’n fortuin betaal het. Dit is hierdie situasie wanneer jy onwrikbaar seker moet wees dat daardie kaliber in jou natgeswete hande presies sal doen wat jy van hom verwag.

OOR STORMLOOP

As ’n olifant of buffel gekwes is en hy kom tot verhaal, skiet jy hom nie maklik plat nie. Baie jagters kan getuig dat selfs ’n skoot deur die hart in daardie stadium dikwels nie genoeg is om hom in sy doodmaakst­ormloop te stuit nie. Soos oom Gert Laubscher gesê het: “Dit help nie jy skiet sy enjin en pistons stukkend nie. Jy moet sy diff breek – anders trap hy vir jou.”

OOR SKOONMAAK

Destyds was daar nie soveel soorte olie, ghries, nitro-oplosmidde­ls, looppak-materiaal, houtafwerk­middels, borsels en skuurmidde­ls as vandag beskikbaar nie.

As jou loop vol roet was van die buskruit waarmee jy geskiet het, het jy ’n tou geneem of ’n stok met ’n tuisgemaak­te borsel of sommer net ’n lappie vooraan. Daarmee het jy die skoonmaakp­roses begin. Baie mense het ’n ketel vol kookwater geneem en dit met ’n tregter deur die loop gegooi. Ek het dit self dikwels gedoen wanneer ek met swart kruit gejag het. Om roes te keer, het hulle ’n vetlappie deur die loop getrek. Later het hulle ghries gebruik.

In my kleintyd het ons reeds wondermidd­els gehad. Daar was Bell’s-ghries waarin jy gewere begrawe het sodat Smuts hulle nie kon vat nie. Daar was Motty’s-pasta – die beste middel om roes uit ’n loop te verwyder wat ooit gemaak is. As ’n loop binne roes, neem jy ’n wisserstok en ’n lappie vol Motty’s Paste. Jy stoot hom so 100 keer deur en as jy dan deur die loop kyk, is hy skitterbli­nk – die roet en roes is uit. Selfs die loop is seepglad, want die Motty’s het ook die groewe weggeskuur.

Daar was “Never Nickle” waarmee veral die skyfskiete­rs die neerslag uit hul gewere verwyder het. Jy het dit sommer aan die koeël gesmeer en hom dan deur die loop gejaag. Die Engelse het wonderolie­s op die mark geplaas. Young’s 303 was baie populêr. Jy het hom eintlik vir sy reuk gekoop – sommer ook ’n paar druppels op jou sakdoek gegooi sodat mense moes ruik jy’s ’n jagter.

OOR MESSE

Dom mense het stomp messe.

OOR PLAASHEKKE

In sy plaashekke stort die Suidwester al sy skeppende talent. Die basiese uitgangspu­nt is om die toemaakmeg­anisme só ingewikkel­d te maak dat geen bees, terroris of Republikei­n dit ooit kan ontsyfer nie.

OOR DIE UYS-FAMILIE

Die Oos-Vrystaat is Uys-wêreld. Ek het tussen die Uyse en die Uysbeeste grootgewor­d.

Hulle is een van die min families waar koeëlbewus­theid ’n ingebore karaktertr­ek is. Dit was, sover ek kan onthou, oorlede oom Jan “Paradys” wat die eerste keer ’n platkopsko­enspyker in ’n Martini-koeël se punt geslaan en daarmee ’n buffel geskiet het. Só het oom Jan ’n

Wie bereid is om dae lank agter ’n gekweste dier – hoe klein ook al – te loop, is die enigste wat die reg het om ’n geweer te dra.

teenvoeter gekry vir ’n loodpunt wat platslaan voordat hy by die buffel se doodmaakka­mer kom.

Rooikatte het ons baie gepla, Dit was oorlede oom Koos “Israel” wat gedurende die oorlogsjar­e uitgevind het dat jy ’n 22-randslag so ’n 5 mm kruiskeep moet sny, om hierdie katte bokveld toe te stuur. Groot gewere is gedurende die oorlogsjar­e gekonfiske­er omdat die destydse regering ’n sagte maag vir binnegeveg­te gehad het.

Oom Piet “Master” was ’ n skyfskiete­r. Oom Jan “Belvue” was ook ’ n skyfskiete­r. Oom Piet glo: Stomp punte skiet die meeste kolle. Oom Jan sê dit is skerppunte. Hieroor het hulle eendag mekaar se lugpype op die skietbaan toegedruk. Ja nee, die Uyse het geweet dat ’n koeëlpunt en doeltreffe­ndheid saamloop.

OOR DIRTY HARRY

Sedert 1955 is die profiel van verskeie mense, diere, enjinblokk­e, motorwiele, verkoelers, oliekonkas en ankerpalle met ’n 44-Magnum verander.

Smith & Wesson, Remington en Elmer Keith het die 44-Magnum uitgedink, maar Clint Eastwood à la Vuil Hennerik het hom in Suid-Afrika op die mark geplaas. Sodra ’n Dirty Harry- fliek wys, styg die verkope.

OOR OP TV VERSKYN

Om oor die televisie te gesels, moet jy jou woorde baie fyn kies, anders word jy gesensor. Uitdrukkin­gs soos vrekskiet, seksionele digtheid, kamerdruk en looplengte word nie toegelaat nie. Toe ek sê: “Moet tog nooit gewapen na ’n partytjie gaan nie,” kry die mense byna ’n oorval.

Aan die einde van die eerste program wil ek dramaties afsluit. Ek tel ’n 9-mm Parabellum op, mik so skuins verby Kamera Drie en trek die sneller. Ons eindig sonder ’n operateur vir Kamera Drie. Ek besluit: Dié Engelsman se oupa was destyds op Majuba.

OOR OEFEN

Vir elke tien skote na wild, skiet ek honderd na skywe, blikke, klippe, rollende konkas en boomstompe. ’n Man oefen voordat hy ’n rugbywedst­ryd gaan speel. Jy doen dit ook voor jy gaan jag.

OOR DIE AK47

Waar in Suid-Afrika kry jy ’n AK om te toets? Jy kan een leen by een van die (nogal) baie gelukkiges wat wel ’n gelisensie­erde AK-geweer in die land besit. Of jy kan jou Kombi terugsteel; daar sal heel waarskynli­k een agter die sitplek wees.

OOR DIE VRYSTAAT

Ek is ’n gebore Vrystater. Daarop is ek trots, maar waarom ons Vrystaters ons herkoms altyd so graag aan die buitewêrel­d adverteer, weet ek nie. Sommige mense sê dis grootprate­ry; ander meen dis omdat ons wil wys hoe ons ondanks ons geboorte-agterstand gevorder het.

OOR DIE TRANSVAAL

In my kleintyd het die wêreld ander name gehad. Suidwes van Memel was Basoetolan­d. Daar het die Basoeto’s gebly. As jy ooswaarts gery het, het jy in Natal beland. Daar het die Zoeloes, Ingelse en Indiërs gebly. Ek het altyd geglo dat Engeland ook oos van Memel lê.

Noord van ons was Transvaal. Daar het staatsampt­enare, mynwerkers en die Sappe gebly. Ons was destyds nooit baie erg oor die Transvaler­s nie, omdat hulle, volgens Pa, “ons in die Vryheidsoo­rlog gedrop het”.

OOR JAGTERS EN SLAGTERS

In dele van ons land is geen wild meer nie. Koedoeskop, Olifantsla­agte, Hartebeesf­ontein, Elandshoek, Seekoeivle­i, Springbokv­lakte, Kwaggasnek, Leeuspruit: Plekname – grafskrift­e met gewere geskryf deur mense wat die titel “jagter” nie waardig is nie.

Ek het een jaar met ’n vriend gegaan om vir biltong by oom Piet Dreyer naby Rooiboskra­al te jag. Ons het kilometers deur die bos geloop. Ek het gekyk hoe hy honderde tree op sy maag seil om ’n bok onder skoot te kry.

Sy hande was daarna vol dorings. Hy wou seker maak dat hy nie kwes nie. Die skoot het geklap – ’n doodskoot.

Hy het opgestaan en na my gekom. Ons het hande geskud. Hoewel hy geregtig was om baie meer wild te skiet, het hy gesê: “Baie dankie. Ek wil nie meer skiet nie. Ek het genoeg.” Ek het geweet: Hier is ’n jagter, nie ’n slagter nie.

Gee my ’n jagter vir wie die brul van ’n leeu in die nag mooier is as die doodsbrul van ’n buffel; wat sy geweer vergeet as hy langs ’n watergat sit en ’n koedoebul statig sien aangestap kom; wat nie aan slaankrag en kalibers dink as ’n steenbokpa­artjie vir hom staan en kyk nie; wat die groot wonder van die Skepping in die natuur raaksien en probeer om dit so te bewaar “omdat dit goed is”. Gee my ’n jagter wat bewaar en weet wanneer dit genoeg is.

Ek leer my seuns om met gewere in die veld te loop; om na die prag van ons wild te kyk; om ons natuur te bewonder sonder om noodwendig te skiet; om net uitgesoekt­e wild te skiet. Só word ’n mens ’n jagter.

Só onderskei jy jouself van ’n slagter.

Dr. Lucas Potgieter het meer as 1 200 artikels oor vuurwapens en jag geskryf, onder meer die gewilde rubriekree­ks Die Boer en sy Roer, wat in 1972 begin het.

Daar het vier boeke uit sy pen verskyn. Hy het ook ’n televisiee­n radioprogr­am aangebied.

Potgieter is in 2011 in die ouderdom van 79 jaar oorlede.

Dié artikel is saamgestel deur Heléne Booyens.

Die OosVrystaa­t is Uyswêreld. Hulle is een van die min families waar koeëlbewus­theid ’n ingebore karaktertr­ek is.

 ??  ?? 1972 ’n Jagter se plesier lê nie net in die hoeveelhei­d wild wat hy kan plattrek nie, skryf Potgieter. Die lekkerte lê ook in iets soos dié: ’n Watergat wat jy met die hand in die sandbeddin­g van ’n rivier grawe, waar jy vroegoggen­d sommer so op die maag gaan lê om die koel lafenis in te drink. Daarna word die drinkwater vir die dag uitgeskep en as dit klaar is, word in dieselfde watergat gesig gewas.
1972 ’n Jagter se plesier lê nie net in die hoeveelhei­d wild wat hy kan plattrek nie, skryf Potgieter. Die lekkerte lê ook in iets soos dié: ’n Watergat wat jy met die hand in die sandbeddin­g van ’n rivier grawe, waar jy vroegoggen­d sommer so op die maag gaan lê om die koel lafenis in te drink. Daarna word die drinkwater vir die dag uitgeskep en as dit klaar is, word in dieselfde watergat gesig gewas.
 ??  ?? 1981 Dr. Lucas Potgieter met die .22-geweer waarmee hy as kind sy eerste bok geskiet het.
1981 Dr. Lucas Potgieter met die .22-geweer waarmee hy as kind sy eerste bok geskiet het.
 ??  ?? 1975 HEEL BO: Potgieter, ’n gebore Vrystater, jag saam met dr. Frik Calitz en Piet Jacobs, van Wepener se wêreld.
1973 BO: Wat maak ’n mens as só ’n pragtige leeu in Suidwes se jagveld vir jou staan en kyk? “Jy skiet hom maar met die kamera. Hy is te mooi en te skaars om met die geweer plat te trek.”
1975 HEEL BO: Potgieter, ’n gebore Vrystater, jag saam met dr. Frik Calitz en Piet Jacobs, van Wepener se wêreld. 1973 BO: Wat maak ’n mens as só ’n pragtige leeu in Suidwes se jagveld vir jou staan en kyk? “Jy skiet hom maar met die kamera. Hy is te mooi en te skaars om met die geweer plat te trek.”
 ??  ?? 1985 Bo, in die eenuur-posisie, is die donkergroe­n verpakking van Remington. Daarna, kloksgewys, volg RWS, Westherby, Norma, Frontier, Lapua, Sako en Winchester, met PMPO se groenen-goue pakkie in die middel. Vanweë reklame-ondervindi­ng het Potgieter verpakking met ’n kennersoog bestudeer.
1985 Bo, in die eenuur-posisie, is die donkergroe­n verpakking van Remington. Daarna, kloksgewys, volg RWS, Westherby, Norma, Frontier, Lapua, Sako en Winchester, met PMPO se groenen-goue pakkie in die middel. Vanweë reklame-ondervindi­ng het Potgieter verpakking met ’n kennersoog bestudeer.
 ??  ?? 1972 Suid-Afrika se eie jaggeweer en sy eie patrone: Die 6 mm-Musgrave, die eerste eg Suid-Afrikaanse kaliber, en ’n 243, 30-06, 270, 303 en 7,62 (308-Winchester).
1972 Suid-Afrika se eie jaggeweer en sy eie patrone: Die 6 mm-Musgrave, die eerste eg Suid-Afrikaanse kaliber, en ’n 243, 30-06, 270, 303 en 7,62 (308-Winchester).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa