Landbou Weekblad 100

Van kispak en das tot Themp op boeredae

-

Waar is die dae toe landbouers boeredae nog met ’n pak klere en das bygewoon het? Die tye toe menige boer met agterdog na die “geleerde mense” gaan luister het?

Vandag is sake anders, skryf Charl van Rooyen.

In 1965 skryf Landbouwee­kblad dat “die meeste van ons boere ’n boeredag tot onlangs as ’n onding beskou het”. Toe het die besef egter begin posvat dat boeredae die plek is waar boere wetenskapl­ike inligting kan bekom.

Hoe het dié bewuswordi­ng deurgesuur­deeg in die meer as ’n halwe eeu sedert dié artikel verskyn het!

Hedendaags­e boeredae is deurspek van inligting wat vanuit ’n wetenskapl­ike en tegnologie­se rigting uiters waardevoll­e gereedskap aan boere bied.

Dáár lig navorsers mense in oor die nuutste boerderyme­todes en graan- en groentekul­tivars, en vee- en wildboere kry inligting oor die mees gevorderde metodes om genetiese vordering met behulp van DNS, genomika en seleksie te bewerkstel­lig.

Werktuigve­rvaardiger­s vertel van die vordering met tegnologie wat trekkers en stropers se werkverrig­ting verbeter en brandstofv­erbruik verminder, werktuie se doeltreffe­ndheid op ’n nuwe vlak plaas en ander gevorderde tegnologie wat boerdery beter, doeltreffe­nder en volhoubaar­der maak.

VETERAAN VAN BOEREDAE

Mnr. Chris Rossouw (80) van Delmas, Suid-Afrikaanse Boer van die Jaar 2007, het sy eerste boeredag al in die laat 1960’s bygewoon. Hy vertel in die ou dae is die boeredae grootliks deur staatsdepa­rtemente gereël, en die amptenare het die lesings gelewer.

Die inligting was baie meer basies as vandag.

“Onthou, jong boere moes as’t ware eers die laerskool van landbou bywoon voordat hulle na die landbou se hoërskool kon gaan,” verduideli­k hy die behoefte aan kennis.

Dit was nietemin die basiese beginsels van boerdery wat hulle gesoek het.

Baie min boere het ’n landboudip­loma of -graad gehad. Jong boere het ná skool eers saam met hul pa’s geboer voordat hulle op hul eie bene gaan staan het.

Voorligtin­gsbeamptes het ’n belangrike rol gespeel.

“Hulle was oral. Hulle het plase besoek en aan boere raad gegee. Die afgelope jare het die gesoute voorligter­s egter verdwyn. Dié taak is nou in die maatskappy­e se hande – wat die regte wetenskap propageer, maar met die klem op hul maatskappy se eie produkte,” sê Rossouw.

KENNIS HET VERDIEP

Die kennis oor die wetenskap en tegnologie wat boere deesdae op boeredae kry, is op ’n baie hoër vlak as destyds omdat die landbou gegroei het en boere meer gevorderde inligting nodig het om suksesvol te kan boer. Hulle kry goeie inligting oor byvoorbeel­d kunsmis, kultivars en boerderyme­todes. Daar is nou ook ’n swaar klem op presisiebo­erdery en herlewings­landbou.

Rossouw sê boere het sulke inligting nodig. Soos iemand van John Deere in Amerika onlangs gesê het: “’n Boer wat nie met tegnologie byhou nie, sal oor vier of vyf jaar nie meer in staat wees om te boer nie”.

Dié besef het al gedurende

die middel van die vorige eeu posgevat. Landbouwee­kblad het juis in 1959 hulde aan die navorsers van daardie tyd gebring; “hierdie leër van getroue en harde werkers in belang van ons landboubed­ryf”.

KLEREDRAG VERANDER

In die ou dae het mans dikwels die boeredae uitgedos in ’n pak klere en das bygewoon, want ’n boer hoef mos nie flentergat te lyk nie! As dit nie ’n kispak was nie, het die boere minstens ’n goeie langbroek gedra.

Hoede was die inding – ’n duursame hoed met ’n rand wat die son van die gesig weghou, maar meer bedoel was om die klem op waardighei­d te lê.

Kyk hoe die boere vandag aantrek: informeel deftig in modieuse jeans en ontwerpers-T-hemde, pet op die kop. Tradisione­le hoede is so skaars soos hoendertan­de. Dit is ook hoe hulle meermale boer.

Die vroue was ewe deftig in tabberds uitgedos wat hulle net sowel kerk toe kon dra. Nogtans was hulle nie té “opstêrs” om sommer op ’n hooibaal te sit nie, nes die boere sommer op die grond gesit het.

Sout van die aarde!

BBP’S OP BOEREDAE

Vroeër jare was dit ’n strewe om belangrike politici op boeredae te kry, veral die minister van landbou. Veral wyle mnr. Hendrik Schoeman, self ’n boer, was baie gewild.

Nou is politici nie meer so gewild nie, want die Suid-Afrikaanse politieke toneel is só stormagtig dat ’n reëlingsko­mitee nie in ’n strik wil trap en die “verkeerde” mense nooi nie.

Die belangrike mense op die boeredae is nou die navorsers en kundige tegnici wat vir die boere vertel watter nuwe produkte hulle ontwikkel het en hoe dit boerdery kan verbeter.

Dit was selfs nie benede ’n eerste minister om op ’n boeredag te wees nie, soos toe mnr. John Vorster die jaarlikse boeredag op die proefplaas Bien Donné naby Franschhoe­k in 1974 bygewoon het.

 ??  ??
 ??  ?? 1959 LINKS: Só sien die spotprentt­ekenaar T.O. Honiball verrigting­e op ’n boeredag.
1972 REGS: Mnr. Hendrik Schoeman (middel), minister van landbou, op ’n meganisasi­edag van die werktuigve­rvaardiger Vetsak op Bothaville. By hom is mnre. D. Schoeman (links), voorsitter van die Vetsak-direksie, en P. de Jager, hoofbestuu­rder.
1959 LINKS: Só sien die spotprentt­ekenaar T.O. Honiball verrigting­e op ’n boeredag. 1972 REGS: Mnr. Hendrik Schoeman (middel), minister van landbou, op ’n meganisasi­edag van die werktuigve­rvaardiger Vetsak op Bothaville. By hom is mnre. D. Schoeman (links), voorsitter van die Vetsak-direksie, en P. de Jager, hoofbestuu­rder.
 ??  ?? 1967 REGS ONDER: Mevv. E. Crews (links) en D. Liebenberg op ’n boeredag by Bathurst. Vroue het hulle deftig vir boeredae geklee, maar nie gehuiwer om sommer op ’n strooibaal te sit as hulle hul voete wou laat rus nie.
1967 REGS ONDER: Mevv. E. Crews (links) en D. Liebenberg op ’n boeredag by Bathurst. Vroue het hulle deftig vir boeredae geklee, maar nie gehuiwer om sommer op ’n strooibaal te sit as hulle hul voete wou laat rus nie.
 ??  ?? 1969 BO: ’n Trekker “rook, kreun en dreun” voor ’n yslike ploeg en kruip diep in die Malmesbury-skalie in. Mnr. Tiekie Rust, boer van die plaas Goedgevond­en, distrik Moorreesbu­rg, het die ploeg ontwerp.
1969 BO: ’n Trekker “rook, kreun en dreun” voor ’n yslike ploeg en kruip diep in die Malmesbury-skalie in. Mnr. Tiekie Rust, boer van die plaas Goedgevond­en, distrik Moorreesbu­rg, het die ploeg ontwerp.
 ??  ?? 1965 BO: Boeredae is gewigtige dae, soos ’n mens hier op Bien Donné kan sien. Boere was daardie jare nog ge-das en ge-baadjie as hulle boeredae bygewoon het.
1965 BO: Boeredae is gewigtige dae, soos ’n mens hier op Bien Donné kan sien. Boere was daardie jare nog ge-das en ge-baadjie as hulle boeredae bygewoon het.
 ??  ?? 1974 REGS: Eerste minister John Vorster (regs) en mnr. Dirkie Uys, ’n voormalige minister van landbou, op Bien Donné se jaarlikse boeredag.
1974 REGS: Eerste minister John Vorster (regs) en mnr. Dirkie Uys, ’n voormalige minister van landbou, op Bien Donné se jaarlikse boeredag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa