Landbou Weekblad 100

Pa en seun in die veld

-

Die destydse VETSAK (die Vrystaatse en Transvaals­e Sentrale Aankoopkoö­perasie wat later Agrinet geword het) het in 1976 ’n groot korporatie­we dag gehou met die oog daarop om die verkope van Fiat-trekkers te bevorder. Dit was egter nie net werk, werk, werk nie, want die middag het ’n sportbyeen­koms ingesluit. Daar het mnr. Piet de Jager, toe hoofbestuu­rder van

VETSAK, sommer kaalvoet die rolbalbaan aangedurf. By hom is, van links, mnre. P. Hugo (hoofbestuu­rder van Kroonstad-Westelike Koöperasie op Kroonstad), John Schoonwink­el (bestuurder van Kroonstad-Westelike Koöperasie op Bethlehem) en A.D. Ras (bestuurder van Noordweste­like Koöperasie op Lichtenbur­g). Die biljarttaf­els, tennisbane en veral veerpyltji­eborde het ook groot byval gevind – onder luide aanmoedigi­ng van die toeskouers. ’n Mens kan net aflei dat daar nie ’n tekort aan kwinkslae was nie, want daar word selfs melding gemaak van die veerpyltji­egooier mnr. Niek Viljoen (van die Noordweste­like Koöperasie op Delareyvil­le) “wat met die mond volpunte verdien het”.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa