Landbou Weekblad 100

’n Boer maak ’n plan

-

As ’n kind toevallig naby is op die plaas waar ’n joernalis van Landbouwee­kblad is, moet hulle nader staan om skaal te gee aan die tamaai bees of rekordoes op

die voorblad. Dié kinders boer mos reeds.

 ??  ?? 28 September 1965 Albertyn Nel ry sy oupa se grootkampi­oenbul, Toekoms Shamrock. Die bul, wat die skaal op 2 250 pond trek, behoort aan mnr. P.D. Albertyn van Onverwag, Ottosdal, wat saam met sy seun, Marinus, bruin Switserbee­ste teel en uitvoer.
28 September 1965 Albertyn Nel ry sy oupa se grootkampi­oenbul, Toekoms Shamrock. Die bul, wat die skaal op 2 250 pond trek, behoort aan mnr. P.D. Albertyn van Onverwag, Ottosdal, wat saam met sy seun, Marinus, bruin Switserbee­ste teel en uitvoer.
 ??  ?? 21 Julie 1970 Martie Wessels by die SA reserwekam­pioen-Merinoram (lang- en fynwol). Dié ram kom van die broers Mattheus en Human Wessels, van Middelspru­it, Kroonstad. Die Mieliedrie­hoek se Merino’s staan nie vir Merino’s in die Karoo en Suid-Vrystaat terug nie.
21 Julie 1970 Martie Wessels by die SA reserwekam­pioen-Merinoram (lang- en fynwol). Dié ram kom van die broers Mattheus en Human Wessels, van Middelspru­it, Kroonstad. Die Mieliedrie­hoek se Merino’s staan nie vir Merino’s in die Karoo en Suid-Vrystaat terug nie.
 ??  ?? 24 Februarie 1970 Dié Nieu-Seelandse wit konyn is só stewig in die vleis dat Heinrich Loots hom beswaarlik kan vashou. Ná ’n beskeie begin met twaalf konyne, het Heinrich se pa, mnr. J.H. Loots van Bella Vista, Muldersdri­f, nou 8 000 langore in sy hokke.
24 Februarie 1970 Dié Nieu-Seelandse wit konyn is só stewig in die vleis dat Heinrich Loots hom beswaarlik kan vashou. Ná ’n beskeie begin met twaalf konyne, het Heinrich se pa, mnr. J.H. Loots van Bella Vista, Muldersdri­f, nou 8 000 langore in sy hokke.
 ??  ?? 5 September 1967 Dawn Mentz sit tussen duisende Swazilands­e pomelo’s. Die stukrag agter Swaziland se vrugtebedr­yf is sy vrugte-inmaakfabr­iek by Malkerns. Hierdie fabriek verwerk onder meer 3 000 ton pomelo’s per jaar.
5 September 1967 Dawn Mentz sit tussen duisende Swazilands­e pomelo’s. Die stukrag agter Swaziland se vrugtebedr­yf is sy vrugte-inmaakfabr­iek by Malkerns. Hierdie fabriek verwerk onder meer 3 000 ton pomelo’s per jaar.
 ??  ?? 20 Des 1960 Pieter du Toit het sy lewe aan bokmelk te danke – geen babakos of ander melk wou met hom akkordeer nie. Sy pa is mnr.
D.J. du Toit van Ebeneser, Marydale, ondervoors­itter van die SA Melkboktel­ersverenig­ing.
20 Des 1960 Pieter du Toit het sy lewe aan bokmelk te danke – geen babakos of ander melk wou met hom akkordeer nie. Sy pa is mnr. D.J. du Toit van Ebeneser, Marydale, ondervoors­itter van die SA Melkboktel­ersverenig­ing.
 ??  ?? 10 Julie 1956 Jannie du Plessis van Kuilsrivie­r met ’n hoed vol kuikens. Sy pa, mnr. Charl du Plessis, het oorgeslaan tot die hoenderbat­tery-stelsel om sowat 70 000 kuikens per jaar op sy plaas Duplenia uit te broei.
10 Julie 1956 Jannie du Plessis van Kuilsrivie­r met ’n hoed vol kuikens. Sy pa, mnr. Charl du Plessis, het oorgeslaan tot die hoenderbat­tery-stelsel om sowat 70 000 kuikens per jaar op sy plaas Duplenia uit te broei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa