Landbou Weekblad 100

MOTORS, VERVOLGVER­HALE EN REGSADVIES

-

Oor die afgelope eeu het verskeie gerekende en gewilde medewerker­s oor ’n wye verskeiden­heid onderwerpe in Landbouwee­kblad geskryf.

M.C. van Sandwyk het van 1923 tot 1950 ’n weeklikse motorrubri­ek behartig. Dit was pionierswe­rk in die era toe motorvoert­uie oorgeneem het by ry- en werktuie wat met trekdiere bespan is. Van Sandwyk het in 1935 ook die eerste lys Afrikaanse motorterme saamgestel.

G.R. von Wielligh, ’n vroeë Afrikaanse skrywer en taalstryde­r, het verskeie bydraes in die 1920’s aan Landbouwee­kblad gestuur. Tydens die redakteurs­kap van Sarel van Vuuren het adv. C.R. (Blackie) Swart die regsvrae van lesers in die rubriek “Die Wet in die Alledaagse Lewe” beantwoord. Met republiekw­ording in 1961 het Swart die land se eerste staatspres­ident geword (destyds ’n seremoniël­e amp, met die uitvoerend­e magte in

die hande van ’n eerste minister).

Vervolgver­hale was jare lank gewilde leesstof in Landbouwee­kblad. Die laaste een het in November 2013 ten einde geloop. Bekende Afrikaanse skrywers van ontspannin­gsverhale, onder andere Doc Immelman, se werk het in die tydskrif verskyn.

Vervolgver­hale van ten minste drie wenners van die hoogaanges­krewe Hertzogpry­s vir letterkund­e – C.M. van den Heever (wenner in 1928 en 1942), C.H. Kühn (1936) en

F.A. Venter (1961) – is geplaas.

Van den Heever se vroeë roman Langs die Grootpad is as vervolgver­haal aangebied.

Hy was in 1924-’25 kortstondi­g ’n redaksieli­d van Landbouwee­kblad en later hoogleraar in Afrikaans-Nederlands aan die Universite­it van die Witwatersr­and.

Kühn het onder die naam Mikro geskryf. Sy vervolgver­haal “Die ruiter in die nag” het in 1935 verskyn.

Ontspannin­gsverhale van Venter is onder die skrywersna­me Meiring Fouché, Elske te Water, René Stegmann en Marius de Jongh gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa