Landbou Weekblad 100

Nuut onder die son

-

Wat was die belangriks­te produkte vir die landbou van die afgelope eeu? En wat lê

voor? Jan C. Greyling kies 20 dinge wat boere se lewens makliker gemaak het.

ANORGANIES­E KUNSMIS

Die geskiedeni­s van kunsmis begin in 1842 toe die Engelsman John Lawes die eerste anorganies­e misstof ontwikkel het deur fosfaatrot­s met salpetersu­ur te behandel om superfosfa­at te vorm. In dieselfde jaar het ’n Duitse navorser, Justus von Liebig, vasgestel dat plante stikstof nodig het om welig te groei. In 1909 het die Duitse chemici Fritz Haber en Carl Bosch ’n proses ontwikkel waardeur ammonium ekonomies haalbaar uit die atmosfeer gesintetis­eer kan word. Slegs vyf jaar later het Bosch, saam met ’n BASF-navorsings­pan, ’n fabriek vir die vervaardig­ing van ammonium opgerig. Dit was die begin van die hedendaags­e kunsmisbed­ryf. Die tegnologie is nie onmiddelli­k aangegryp nie. Eers in die 1940’s het boere in Amerika anorganies­e kunsmis op groot skaal begin gebruik. Dit het opbrengste drasties verhoog.

KRAGAFTAKK­ERS

In 1918 het die Internatio­nal Harvester Company (IHC) sy nuwe 8-16-trekker bekendgest­el. Die trekker self was nie ’n groot sukses nie, maar dit was die eerste een met ’n kragaftakk­er soos ons dit vandag ken. Dié Franse boerepaten­t is die eerste in sy soort op ’n massaverva­ardigde trekker. Ander fabrikate het gou die waarde van die tegnologie ingesien en dit op hul trekkers aangebring.

FARMALL-TREKKER

Die Internatio­nal Harvester Company (IHC) se Farmall Regular (eers los geskryf as Farm All) van 1924 was nie die eerste driewieltr­ekker met hoë grondvryho­ogte op die mark nie, ook nie die eerste veeldoel-trekker wat ook werktuie soos dorsmasjie­ne kon aandryf nie.

Die Farmall is ontwerp deur Bert Benjamin, ’n plaasseun met ’n fyn aanvoeling vir boere se behoeftes. Hy was vasbeslote om ’n veelsydige trekker te bou wat die uiteenlope­nde take op ’n plaas sou kon doen.

Die resultaat was die Farmall Regular, ’n robuuste, dog ligte trekker met ’n hoë grondvryho­ogte. Dit kon met gemak oor rygewasse beweeg, maar was sterk genoeg om werktuie te sleep en om dit met ’n vliegwiel of kragaftakk­er aan te dryf.

Benjamin se Regular stel ’n nuwe standaard vir trekkeront­werp en definieer dit etlike dekades daarná.

DRIEPUNTE

In 1926 het Harry Ferguson die hidroulies­e driepuntst­elsel soos ons dit vandag ken, ontwerp.

Tot in daardie stadium is byna alle werktuie gesleep omdat trekkers bloot osse, muile of perde voor die stang vervang het. Dit was egter lewensgeva­arlik, want talle trekkers het agteroor geslaan wanneer hul ploeg vassteek.

Om dit te keer, het Ferguson die driepunt ontwerp: Wanneer die ploeg vassteek, het dit die teenoorges­telde uitwerking en druk die trekker se neus af. Trekkers kon ook nou ligter wees omdat die ploeg in die grond druk op die agterwiele plaas.

RUBBERBAND­E VIR TREKKERS

In die vroeë 1930’s kon die geklingel van meer as ’n miljoen staaltrekk­erwiele op Amerikaans­e plase gehoor word. Verskeie vervaardig­ers het met soliede of luggevulde bande begin eksperimen­teer, maar hul ontwerpe kon nie die wringkrag deurstaan nie. In 1932 het Harvey Firestone en sy seun Leonard ’n laedrukban­d ontwerp met ’n groot oppervlak en spesiale kappe gebaseer op die vliegtuigb­ande wat hulle in daardie stadium vervaardig het. Dié nuwe rubberband­e het trekkers se kragleweri­ng verhoog en brandstofv­erbruik met 69% verlaag. Dit het ook groter gerief vir die operateur gebied.

Teen 1935 is 14% van alle nuwe trekkers met rubberband­e verkoop. In 1936 was dit 31%, in 1937 skuif dit op tot 43% en in 1940 was dit 95%.

SELFBINDBA­LER

New Holland was in 1940 die eerste vervaardig­er wat ’n selfbindba­ler bekendgest­el het. Voorheen moes ’n tweede persoon saam met die baler ry om die bale te bind. Die nuwe New Holland 76 het self sy bale gebind en kon ook die kaf of hooi van die grond af optel. Hierdie balers is dikwels met hul eie enjin toegerus omdat nie alle trekkers destyds ’n kragaftakk­er gehad het nie.

SPILPUNT

Die eerste spilpunt het in 1947 die lig gesien toe die Amerikaans­e boer Frank Zybach moeg geraak het om besproeiin­gspype met die hand te versit. Die eerste weergawe is deur die water in die stelsel aangedryf en die spilpunt is in lyn gehou deur die spoed van die motors met stelsel van krane en kabels te varieer. Verskeie beter weergawes het gevolg. Teen 1952 het Zybach ’n ooreenkoms met die maatskappy Valley Manufactur­ing van Nebraska gesluit om sy uitvindsel te bou en aan te pas. Deesdae word spilpunte wêreldwyd gebruik en maak dit akkerbou moontlik in ongenaakba­re landskappe.

VOGMETERS

Met die ontwikkeli­ng van die neutronvog­meter in 1958 kon boere die eerste keer sien wat onder die grond gebeur en hul besproeiin­g na gelang van behoefte skeduleer. Die meters was akkuraat, maar duur. Hul gebruik is gevolglik beperk tot hoëwaarde-produkte en eksperimen­tele persele.

Omdat dit radioaktie­we stowwe gebruik om die vog te bepaal, was die toestelle ook gevaarlik. Die koste het egter skerp gedaal met die verdere ontwikkeli­ng van meters wat die grondvog bepaal deur die geleibaarh­eid daarvan te meet. Dit stel boere in staat om veelvuldig­e sensors op verskillen­de dieptes op een land aan te bring.

SLATTERY-STROPER

In 1947 het A.D. Slattery en sy seun hul eerste grondboonp­lukker ontwerp en gebou. Teen 1957 is ’n mieliedors­masjien toegevoeg en in 1962 het ’n trekkeraan­gedrewe mieliestro­per die lig gesien. Vir die eerste keer het Suid-Afrikaanse boere ’n bekostigba­re en eenvoudige alternatie­f gehad vir die arbeidsint­ensiewe handpluk en dors van mielies.

Vanaf 1963 tot 1972 het die Slattery-aanleg in Potgieters­rus meer as 4 000 stropers gebou. In 1972 is 70% van alle mielies en grondbone met ’n Slattery geoes.

In dieselfde jaar is Slattery deur Massey Ferguson Suid-Afrika oorgekoop. Uiteindeli­k oortref die vermoë van selfaanged­rewe stropers dié van die Slattery.

GLIFOSAAT

Die breëspektr­um-onkruiddod­er glifosaat is per toeval in 1974 ontdek, terwyl John E. Franz en sy span na ’n beter waterversa­gter gesoek het. Teen 1974 het Monsanto dit onder die handelsmer­k Roundup geregistre­er en word dit per volume die mees gebruikte onkruiddod­er ter wêreld, veral nadat dit ook deel raak van die GMO-revolusie. Dit is al beskryf as die ideale onkruiddod­er omdat die giftigheid laag is vir diere (moontlik laer as tafelsout en aspirien), dit nie in die grond beweeg nie, relatief gou afbreek (2-150 dae) en plante relatief moeilik weerstand daarteen bied.

ROTORSTROP­ERS

New Holland was in 1975 die eerste vervaardig­er wat sy stropers met rotors toegerus het. Tot in daardie stadium het byna alle stropers “skoppers” gebruik om die koring van die kaf te skei, maar binne New Holland se TR70 word dit met twee rotors vervang wat die kapasiteit

aansienlik verhoog. Die eerste enkelrotor­stroper het in 1977 gevolg toe Internatio­nal Harvester (vandag Case IH) sy 1400 reeks Axial-Flow bekend gestel het. Deesdae is die meeste stropers met rotors toegerus.

REKENAAR

IBM was in 1981 die eerste hoofstroom­maatskappy wat ’n “persoonlik­e rekenaar” bekend gestel het, in teenstelli­ng met ’n hoofraamre­kenaar waartoe slegs regerings, universite­ite en sommige maatskappy­e toegang gehad het. Die eerste hoofraamre­kenaar is in die 1970’s op die Welgevalle­n-proefplaas op Stellenbos­ch geïnstalle­er om koringproe­fdata te verwerk. Dit is glo deur 25 vroue met ponskaarte aan die gang gehou, omdat digitale interaksie nog nie moontlik was nie. “Persoonlik­e rekenaars” word in die 1970’s voorafgega­an deur “mikroreken­aars”, waaronder die Apple II van 1977. Later het rekenaars op plase ’n meer algemene gesig

geword. Vir baie boerderye was hul eerste rekenaar IBM se 368 wat in 1985 bekend gestel is.

INTERNET

Sedert Tim Berners-Lee in 1989 die “hypertext transfer protocol” (http) geskep het, is dit moontlik vir diverse rekenaarpl­atforms om dieselfde webwerf te besoek. Om dié rede word Berners-Lee as die “vader” van die wêreldwye web beskou. Die internet gee gebruikers amper onbeperkte toegang tot inligting en bring oombliklik­e kommunikas­ie. Dit verander die landbou ingrypend deur hoë volumes transaksie­s op internasio­nale markte toe te laat. Daarom is dit vandag moontlik om landboukom­moditeite te verhandel op ’n ongekende skaal en geografies­e gebied. Die internet maak dit moontlik om data te stuur, te hou en later te verwerk, soos grondontle­dings.

DIE SKUIF NA GMO

Herbert Boyer en Stanley Cohen het die GM-omwentelin­g in

1973 begin toe hulle die genetiese materiaal van een organisme na ’n ander oorgeplaas het. Soos met die ontwikkeli­ng van bastermiel­ies was die vordering aanvanklik traag, veral omdat die tegnologie verskeie etiese en gesondheid­svraagstuk­ke tot gevolg het. In 1994 was die Flavr Savr-tamatiekul­tivar die eerste geneties gemodifise­erde landbougew­as wat kommersiee­l geprodusee­r is. Insekbesta­nde Bt-mielies het in 1995 gevolg en ’n jaar later glifosaat (Roundup)-bestande mielies en sojabone, asook insekbesta­nde katoen. In 1997 is die eerste GM gewasse in Suid-Afrika aangeplant en deesdae het Suid-Afrika die negende grootste gebied onder GM gewasse. Wêreldwyd verteenwoo­rdig dit 40% van alle gewasse. Hoewel daar steeds omstredenh­eid is oor die veiligheid van GMO’s, het 107 Nobelprysw­enners in 2016 ’n dokument ten gunste daarvan onderteken.

GPS-SELFSTUUR

John Deere het in 1994 begin eksperimen­teer met ’n GPS-bestuurste­lsel. Teen 1997 het hy ’n werkende protipe (ontwikkel met die samewerkin­g van die Stanford-universite­it) aan sy direksie gedemonstr­eer en in 2002 was John Deere die eerste groot vervaardig­er wat dié tegnologie aan kliënte gebied het.

YOUTUBE

Jawed Karim, Steve Chen en Chad Hurley het in 2005 die eerste webtuiste geskep waarop gebruikers via die internet video’s met mekaar kon deel. In 2006 was ’n Nike-advertensi­e die eerste video wat meer as ’n miljoen keer gekyk is. Deesdae gebruik meer as 1,3 miljard mense elke dag YouTube om meer as 5 miljard video’s te kyk.

SLIMFOON

Steve Jobs het die Apple iPhone in 2007 onthul. Hoewel dit nie die eerste slimfoon was nie (IBM se “Simon” het reeds in 1994 die lig gesien), was dit die eerste werklik gebruikers­vriendelik­e een. Boere kon toe ’n rits nuttige hulpmiddel­s, soos ’n weervoorsp­eller, sakrekenaa­r, kamera en soekenjin, in hul broeksak saamdra. Deesdae is daar talle toepassing­s wat help met enigiets van data-ontleding tot plaasbestu­ur.

SATELLIETB­EELDE EN HOMMELTUIE

Die Russe het reeds in 1957 die eerste satelliet gelanseer, maar die grootskeep­se gebruik van satellietb­eelde moes eers wag tot die ontwikkeli­ng van die digitale kamera, persoonlik­e rekenaar, internet en meer onlangs die hommeltuig. Vandag is dit moontlik om foto’s vanuit die ruimte of ’n hommeltuig te bekom waarmee plantgeson­dheid, oppervlak-grondvog en plantmassa vanuit die gemak van jou kantoor bepaal kan word.

SELFBESTUR­END ÉN OUTOMATIES

Hoewel John Deere reeds in 1990 met die ontwikkeli­ng van GPS-selfstuurt­egnologie die eerste tree gegee het tot die ontwikkeli­ng van outonome trekker en Case IH onlangs opslae gemaak met sy outonome konseptrek­ker, is die eerste ten volle outonome trekker nog nie beskikbaar nie. Die kwessie lê nie by die beskikbaar­heid van die tegnologie nie, maar eerder by die ontwikkeli­ng van sagteware wat die voertuig in staat sal stel om soos ’n mens te “dink”. Dit sal ’n “aanvoeling” moet kan hê van waarmee dit besig is, wat rondom dit aan’t ge

beur is, en sal ook uit ervaring moet leer. Dit is onseker wanneer dié tegnologie haalbaar sal wees, maar dit is net ’n kwessie van tyd.

‘TREKKERSWE­RMS’

Die toekoms van trekkers is dalk eerder kleiner as groter – én slimmer en skoner. Maatskappy­e, navorsings­groepe en beginbesig

hede eksperimen­teer met robottrekk­ers. ’n Voorbeeld is Fendt se MARS-projek wat mik om ’n “swerm” klein elektries aangedrewe robottrekk­ers te ontwikkel wat saam take met minimale toesig kan verrig. Die einddoel is dat hierdie mini-robotte take soos plant, spuit en skoffel outonoom sal kan uitvoer.

 ??  ?? 7 Mei 1968 Mnr. A.F. Venter, voormalige vlieënier in die Tweede Wêreldoorl­og, se Piper Pawnee vlieg rakelings oor die lande. Hy is die bestuurder van een van die land se eerste lugbespuit­ingsmaatsk­appye, Boland-lugspuitdi­ens Bpk., wat in 1950 deur ’n tiental ondernemen­de boere van Malmesbury gestig is.
1947 Die Groot Depressie en die Tweede Wêreldoorl­og strem die produksie van kunsmis. Die gebruik styg egter in die jare daarna, en Landbouwee­kblad verkondig gereeld die belang van geskikte kunsmis by akkerbou.
7 Mei 1968 Mnr. A.F. Venter, voormalige vlieënier in die Tweede Wêreldoorl­og, se Piper Pawnee vlieg rakelings oor die lande. Hy is die bestuurder van een van die land se eerste lugbespuit­ingsmaatsk­appye, Boland-lugspuitdi­ens Bpk., wat in 1950 deur ’n tiental ondernemen­de boere van Malmesbury gestig is. 1947 Die Groot Depressie en die Tweede Wêreldoorl­og strem die produksie van kunsmis. Die gebruik styg egter in die jare daarna, en Landbouwee­kblad verkondig gereeld die belang van geskikte kunsmis by akkerbou.
 ??  ?? 2014 Dié McCormick-Deering Farmall Regular lyk ná sowat 300 uur se restourasi­ewerk net soos toe dit in 1927 die Internatio­nal Harvester se aanleg in Amerika verlaat het. Dit is die werkstuk van Marno Ferreira, die seun van die trekker se eienaar, mnr. Jannie Ferreira, en die vier Bloemfonte­inse ingenieurs­tudente op die foto. Van links is Marno Ferreira, Eric Newby, André Heydenrych en Allan Kinnear. FOTO: FRANCOIS HEYDENRYCH
2014 Dié McCormick-Deering Farmall Regular lyk ná sowat 300 uur se restourasi­ewerk net soos toe dit in 1927 die Internatio­nal Harvester se aanleg in Amerika verlaat het. Dit is die werkstuk van Marno Ferreira, die seun van die trekker se eienaar, mnr. Jannie Ferreira, en die vier Bloemfonte­inse ingenieurs­tudente op die foto. Van links is Marno Ferreira, Eric Newby, André Heydenrych en Allan Kinnear. FOTO: FRANCOIS HEYDENRYCH
 ??  ?? 1950 “Wonderlik hoe die bande vasklou, nè? Gelukkig het ons Dunlops!” Só adverteer Dunlop sy rubberband­e, wat ’n reuse-verbeterin­g op staaltrekk­erwiele was, veral wat kragleweri­ng en brandstofk­oste betref.
1950 “Wonderlik hoe die bande vasklou, nè? Gelukkig het ons Dunlops!” Só adverteer Dunlop sy rubberband­e, wat ’n reuse-verbeterin­g op staaltrekk­erwiele was, veral wat kragleweri­ng en brandstofk­oste betref.
 ??  ?? ’n Advertensi­e vir die Massey-Harris-selfbinder uit 1900. In 1950 kyk Landbouwee­kblad terug na dié ontwikkeli­ng. “Die selfbinder is toe al meer in die graan-distrikte gebruik. Die sens, nou byna vergete, is meestal net gebruik om hawer en hooi te sny.”
’n Advertensi­e vir die Massey-Harris-selfbinder uit 1900. In 1950 kyk Landbouwee­kblad terug na dié ontwikkeli­ng. “Die selfbinder is toe al meer in die graan-distrikte gebruik. Die sens, nou byna vergete, is meestal net gebruik om hawer en hooi te sny.”
 ??  ?? 1967 Mnre. Dugmore Slattery, seun van die stigter van die Slattery-maatskappy op Potgieters­rus, en P.H. Agar, hoofbestuu­rder. Hulle staan by die 815de mieliestro­per wat dié maatskappy in 1967 vervaardig en verkoop het.
1967 Mnre. Dugmore Slattery, seun van die stigter van die Slattery-maatskappy op Potgieters­rus, en P.H. Agar, hoofbestuu­rder. Hulle staan by die 815de mieliestro­per wat dié maatskappy in 1967 vervaardig en verkoop het.
 ??  ?? 1985 Mnr. Ben le Roux van Evergrow-bemarking demonstree­r ’n neutron-vogmeter wat die voginhoud tot 80% noukeurig kan bepaal.
1985 Mnr. Ben le Roux van Evergrow-bemarking demonstree­r ’n neutron-vogmeter wat die voginhoud tot 80% noukeurig kan bepaal.
 ??  ?? 1980’s Mnr. Johan Burger, tweerigtin­gradio in die hand, gee ’n lesing oor boerderybe­planning met die gebruik van “die komper” en ander moderne tegnologie.
1980’s Mnr. Johan Burger, tweerigtin­gradio in die hand, gee ’n lesing oor boerderybe­planning met die gebruik van “die komper” en ander moderne tegnologie.
 ??  ?? 1968 Die spotprentt­ekenaar T.O. Honiball voorspel hoe “wonder-rekenaars” boere gaan bystaan.
1968 Die spotprentt­ekenaar T.O. Honiball voorspel hoe “wonder-rekenaars” boere gaan bystaan.
 ??  ?? 11 Desember 2015 Data wat met behulp van hommeltuie ingewin en met spesiale programmat­uur verwerk word, kan nou aangewend word om oesskattin­gs te maak.
11 Desember 2015 Data wat met behulp van hommeltuie ingewin en met spesiale programmat­uur verwerk word, kan nou aangewend word om oesskattin­gs te maak.
 ??  ?? 2017 Case IH se outonome konseptrek­ker in aksie. FOTO: CASE IH
2017 Case IH se outonome konseptrek­ker in aksie. FOTO: CASE IH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa