Landbou Weekblad 100

DIE EERSTE REËN OP LEMOENBOOR­DE

- Dr. P.J. van der Merwe het dié artikel in 1951 geskryf.

Mnr. Dirk Visser van die plaas Heksrivier, tussen Citrusdal en Clanwillia­m, is een van die vroeë pioniers van sprinkelbe­sproeiing in Suid-Afrika. Hy het al in 1939 daarmee begin en is na beste wete die eerste man wat besproeiin­gswater op lemoenboor­de laat “reën” het.

Heksrivier se kunsmatige reën is afkomstig uit ’n voortjie wat oor die plaas loop. Die rivierwate­r word uitgekeer in 3 myl se ondergrond­se sementpype wat deur die boorde loop. Uitgemesse­lde suiggate is plek-plek aan dié pype verbind. ’n Mobiele spuiteenhe­id word daaraan gekoppel. Dit bestaan uit ’n dieselenji­n, kragtige pomp en verstelbar­e spuit wat die water deur ’n gaatjie van 42 mm uitlaat. Die spuit word só gestel dat dit heen en weer deur twee derdes van ’n sirkel loop en al agter die rug van die spuiteenhe­id laat reën (nie voor dit nie, want dan kan die spuiteenhe­id in die nat grond vasval).

Die pomp spuit water 80 tree ver in alle rigtings, en is so netjies ontwerp dat dit oor die hele afstand ewe veel laat reën. Die spuit staan tipies ’n uur by ’n suiggat en laat in dié tyd een duim reën op 250 bome val – altesame sowat 50 000 gelling water.

 ??  ?? 1951
Mnr. Dirk Visser by die spuiteenhe­id – enjin, pomp en spuit.
1951 Mnr. Dirk Visser by die spuiteenhe­id – enjin, pomp en spuit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa