Landbou Weekblad 100

SKELM JAKKALSE

-

Mnr. Danie Cronjé (80) van Cronjé Properties & Auctioneer­s, Port Elizabeth, onthou ’n paar staaltjies.

Kort voor ’n veeplaas vir herverhuri­ng per veiling aangebied word, probeer die huidige huurder om voornemend­e huurders af te skrik deur tien dooie jakkalse teen die ingangshek op te hang. Hy het vroeër die jakkalse elders laat skiet.

Die dag van die veiling plant die huurder toe ook ’n vriend by die veiling om die besmetting van jakkalse uit te lig. Die afslaer reageer toe spitsvondi­g met: “Meneer, jy kan bly wees dat die ongedierte­s nou almal uitgeroei is en dat ’n mens voortaan in vrede hier sal kan boer!”

Op ’n ander geleenthei­d het ’n oom voor die veiling mooi aan die afslaer verduideli­k dat hy sy hoed sal op hou as hy bie, en afhaal wanneer hy uit is. Maar in die opwinding van die veiling vergeet die afslaer toe of dit nou hoed op of hoed af is. Later begin die oom sy hoed angstig waai om vir die afslaer te wys dat hy nie meer belang stel nie – maar daar slaan die afslaer die bod op hom toe, waaiende hoed en al.

Gelukkig het die oom vinnig gedink en die bod aanvaar. Hy was so bly oor die nuwe plaas dat hy agterna die afslaer bedank het vir die foutjie wat ingeglip het.

— ROELOF BEZUIDENHO­UT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa