Landbou Weekblad 100

AFGRI eer eeu van inligting aan boere

-

Landbouwee­kblad vier vanjaar sy 100ste bestaansja­ar. AFGRI en dié tydskrif het baie gemeen: Albei is op ’n sterk erfenis gebou met onuitwisba­re vennootska­ppe,

samewerkin­g, kennis en vertroue.

AFGRI bied sy opregte gelukwense aan ’n publikasie wat, soos AFGRI, oor etlike jare sy waarde bewys en in die afgelope eeu ’n belangrike deel van die landbourei­s in Suid-Afrika meegemaak het.

Hoewel AFGRI altyd die goeie herinnerin­ge sal koester van die opgerolde Landbouwee­kblad- uitgawes wat so lekker uit posbusse gehaal kon word, vars van die drukpers af, vier hy ook die evolusie van die publikasie in ’n moderne, elektronie­se formaat – maklik toeganklik op enige toestel en geskik vir vandag se vinnige wêreld.

AFGRI vier ook Landbouwee­kblad se diversifik­asie op ander mediaplatf­orms, waaronder televisie, om só te verseker dat meer Suid-Afrikaners toegang kry tot dié instelling se merkwaardi­ge kennis. AFGRI bring verder lof aan Landbouwee­kblad se rotsvaste ondersteun­ing aan ’n bedryf waaroor AFGRI net so geesdrifti­g is.

ONDERSTEUN­ING

AFGRI is trots daarop om sedert 2018 die hoofborg te wees van die immergewil­de TV-program Landbouwee­kliks. Dié program word weekliks op VIA, DStv-kanaal 147, uitgesaai en is reeds in sy vyfde seisoen. Dit is hierdie soort vennootska­p met Landbouwee­kblad waarop AFGRI wil voortbou. Dit lewer nie net ’n gunstige bydrae aan die boer nie, maar ook aan die wyer landbougem­eenskap. Die breër Suid-Afrikaanse bevolking kry ook die geleenthei­d om die bedryf en sy belanghebb­endes beter te verstaan en te waardeer.

GETUIGSKRI­F

AFGRI het nie net ’n jare lange vennootska­p met Landbouwee­kblad nie, maar ook met sy eie kliënte. AFGRI vertel graag aan Landbouwee­kblad se lesers wat AFGRI se kliënte van dié maatskappy waardeer – ongetwyfel­d soortgelyk aan die reaksies van Landbouwee­kblad- lesers oor hul gunsteling­tydskrif! “Met die oog op ons langtermyn­groeiplann­e het ons besluit om ons finansieri­ngsopsies deeglik te heroorweeg. Ons het aanbieding­e by verskeie finansiers verkry. Baie faktore was vir ons belangrik en moes by ons keuse inpas. UNIGRO het aan ál die vereistes voldoen, daarom het ons ons finansieri­ng na hom verskuif. Wat ons egter werklik beïndruk het, is die mense van UNIGRO wat ons aansoek behartig het. Harry Conradie en Ben Lombard se kundigheid, ervaring en profession­aliteit is verpak in hul nederighei­d, respek en vriendelik­heid. Die aansoekpro­ses en inwerkings­telling van die UNIGRO-geriewe het ons lewens verryk.” – mnr. Hennie van Romburgh van Vaalharts, Noord-Kaap.

“Niks kan met AFGRI se diens vergelyk word nie. Sipho Lowane is my verhouding­sbestuurde­r in Noordwes en het my aan AFGRI bekend gestel. Ek is baie tevrede met die ondersteun­ing wat ek van hom af kry.” – mnr. Ramoso Pholo van Mooifontei­n, Lichtenbur­g, Noordwes.

“Ek was so beïndruk toe AFGRI my gehelp het om ’n trekker te koop om my meganisasi­evermoë te verbeter. Hy verstaan werklik ons situasie as nuwe-eraboere. Dit is my derde jaar by AFGRI en ek is baie tevrede met die diens wat ek ontvang.” – mnr. Ruben Motlhabane van Wesselsbro­n, Vrystaat.

“AFGRI is altyd beskikbaar wanneer ek hom nodig het. Ons het dieselfde visie, en terwyl my korttermyn­doelwit is om 1 000 ha te beplant, weet ek hoe meer ek groei, hoe meer sal ek AFGRI aan my sy nodig hê.” – mnr. Solomon Masango van Carolina, Mpumalanga.

GOEIE VERHOUDING­S

AFGRI is trots op hierdie getuigskri­fte omdat die maatskappy se kultuur en waardes daarop geskoei is om te verseker sy kliënte word goed versorg. AFGRI verkies om hulle vennote te noem – dit is die aard van sy samewerkin­g met individue en besighede – en om seker te maak die maatskappy se landbouken­nis, produkte en dienste bevoordeel werklik sy kliënte.

Deur vennootska­ppe ontwikkel AFGRI wedersydse vertroue. Dit bewys hy sal sy kliënte deur dik en dun bystaan, al word die bedryf deur verskeie veranderli­kes gekenmerk.

AFGRI en Landbouwee­kblad staan al meer as nege dekades sy aan sy – ’n bewys dat enige goeie vennootska­p mettertyd gesmee en versterk word deur inligting uit te ruil en deur vriendskap.

“Vir AFGRI is die verhouding­s wat ons met ons landbouven­note bou en handhaaf uiters belangrik.

“Ons sien uit om in die toekoms verder saam met Landbouwee­kblad en ons kliënte te werk om selfs ’n sterker landboubed­ryf in Suid-Afrika te help vestig,” sê mnr. Tinus Prinsloo, uitvoerend­e hoof van AFGRI.

UNIGRO Finansiële Dienste is ’n filiaal van AFGRI.

 ??  ?? AFGRI en Landbouwee­kblad loop al dekades lank langs mekaar. Hier gesels Chris Burgess (links), redakteur van Landbouwee­kblad, en mnr. Tinus Prinsloo, uitvoerend­e hoof van AFGRI, oor sake wat die bevorderin­g van die landboubed­ryf raak tydens ’n episode van Landbouwee­kliks.
FOTO: BRAND REPUBLIC
AFGRI en Landbouwee­kblad loop al dekades lank langs mekaar. Hier gesels Chris Burgess (links), redakteur van Landbouwee­kblad, en mnr. Tinus Prinsloo, uitvoerend­e hoof van AFGRI, oor sake wat die bevorderin­g van die landboubed­ryf raak tydens ’n episode van Landbouwee­kliks. FOTO: BRAND REPUBLIC

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa