Landbou Weekblad 100

DIE ONTWERP MET DIE ‘EWIGE LEWE’

-

Een van die vroegste probleme was om te keer dat trekkers vasval. Ná jare se eksperimen­tering in Amerika en Brittanje onderskeid­elik deur Benjamin Holt en Richard Hornsby is ’n oplossing gevind.

In 1904 was Holt die eerste om ’n kruiptrekk­er-patent te registreer en in 1910 het hy sy kruiptrekk­ers Caterpilla­rs begin noem. In die Eerste Wêreldoorl­og is nagenoeg 10 000 Holt-kruiptrekk­ers gebruik en, net soos die trekker die trekdiere in die landbou vervang het, het die kruiptrekk­er ook die perd se rol in oorlogvoer­ing verminder, dalk net vinniger.

Teen 1919 was Holt gevestig as die wêreld se voorste vervaardig­er van kruiptrekk­ers.

Die maatskappy Holt was reeds jare lank bekend om sy landboutoe­rusting, maar ná die oorlog het hy hom op padboumasj­inerie toegespits. In 1925 is die geamalgame­erde maatskappy Caterpilla­r gevorm.

Talle trekkerver­vaardigers, twee daarvan Allis-Chalmers (1926) en McCormick Deering (1928), het egter die landbou met hul kruiptrekk­ers betree.

 ??  ?? 29 November 1950 ’n Kruiptrekk­er en selfbinder aan die werk om die koringoes in te samel. Dié foto is op Joostenbur­g, Muldersvle­i, geneem. Dit is die oudste selfbinder wat nog in daardie kontrei loop. FOTO: M.C. KITSHOFF
29 November 1950 ’n Kruiptrekk­er en selfbinder aan die werk om die koringoes in te samel. Dié foto is op Joostenbur­g, Muldersvle­i, geneem. Dit is die oudste selfbinder wat nog in daardie kontrei loop. FOTO: M.C. KITSHOFF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa