Landbou Weekblad 100

Brutus, Tor en Vale

-

Ploegmuile, geduldige donkies, spog-Saalperde op skoue en ryperde vir vlootmanne . . . Die perd en sy neefs, die donkie en die muil, is van die diere wat in die 1950’s en 1960’s die meeste op Landbouwee­kblad se voorblad gepryk het.

 ??  ?? 9 Januarie 1968 Perde vir die Vloot? Mnr. M.A. Hamer van die Vloot-gimnasium gee sy perd, Guy Fawkes, ’n bietjie teuels langs die strand by Saldanha. Luitenant-kommandeur Barnie Pienaar van Graaff-Reinet sê plaasseuns voel gouer tuis as hulle voet in die stiebeuel kan steek.
9 Januarie 1968 Perde vir die Vloot? Mnr. M.A. Hamer van die Vloot-gimnasium gee sy perd, Guy Fawkes, ’n bietjie teuels langs die strand by Saldanha. Luitenant-kommandeur Barnie Pienaar van Graaff-Reinet sê plaasseuns voel gouer tuis as hulle voet in die stiebeuel kan steek.
 ??  ?? 29 Julie 1953 Mnr. Bertie van Niekerk van Harrismith is een van die baasverton­ers en -ruiters op tentoonste­llings in die Vrystaat. Hier is hy tydens ’n toets vir ruiterskap op Lindley se tentoonste­lling. Daar was hy ook die kampioen. FOTO: S. VAN VUUREN
29 Julie 1953 Mnr. Bertie van Niekerk van Harrismith is een van die baasverton­ers en -ruiters op tentoonste­llings in die Vrystaat. Hier is hy tydens ’n toets vir ruiterskap op Lindley se tentoonste­lling. Daar was hy ook die kampioen. FOTO: S. VAN VUUREN
 ??  ?? 9 November 1965 Dié gesin gaan see toe. In 1904 was daar 141 000 donkies in Suid-Afrika. In die 1930’s het die getal ’n hoogtepunt van byna ’n miljoen bereik. In vandag se haastige wêreld het die donkie nie meer staanplek nie. In 1960 was daar net 380 000 langore in die land oor.
9 November 1965 Dié gesin gaan see toe. In 1904 was daar 141 000 donkies in Suid-Afrika. In die 1930’s het die getal ’n hoogtepunt van byna ’n miljoen bereik. In vandag se haastige wêreld het die donkie nie meer staanplek nie. In 1960 was daar net 380 000 langore in die land oor.
 ??  ?? 22 November 1950 Abraham Dampies (15) tuig sy muile op die plaas Joostenbur­g by Muldersvle­i. Sy familie werk al geslagte daar en sy vader, hoewel hy net een arm het, is die ploegvoorm­an. Abraham ploeg al alleen vandat hy 10 jaar oud is. FOTO: BRYAN HESELTINE
22 November 1950 Abraham Dampies (15) tuig sy muile op die plaas Joostenbur­g by Muldersvle­i. Sy familie werk al geslagte daar en sy vader, hoewel hy net een arm het, is die ploegvoorm­an. Abraham ploeg al alleen vandat hy 10 jaar oud is. FOTO: BRYAN HESELTINE
 ??  ?? 12 November 1963 Mnr. André le Roux van Wellington op die Saalperdhi­ngs Brutus, wat mnr. G. Goosen van Oranjefont­ein, Sutherland, na Rhodesië (nou Zimbabwe) uitvoer. Die nuwe eienaar, mnr. I.J. Van Biljon, het lank na ’n teelhings na sy smaak gesoek. FOTO: JAN J. GENADE
12 November 1963 Mnr. André le Roux van Wellington op die Saalperdhi­ngs Brutus, wat mnr. G. Goosen van Oranjefont­ein, Sutherland, na Rhodesië (nou Zimbabwe) uitvoer. Die nuwe eienaar, mnr. I.J. Van Biljon, het lank na ’n teelhings na sy smaak gesoek. FOTO: JAN J. GENADE
 ??  ?? 28 Mei 1952 Op Houtbaai se strand is daar dikwels donkiemerr­ies wat met hul vullens ronddwaal tot groot vermaak van die kinders. In groot dele van die land is die donkie nog dié trekdier. Hy het baie name: Foena, Tor, Sooloor, Moke, Vale . . . FOTO: J. KROESE
28 Mei 1952 Op Houtbaai se strand is daar dikwels donkiemerr­ies wat met hul vullens ronddwaal tot groot vermaak van die kinders. In groot dele van die land is die donkie nog dié trekdier. Hy het baie name: Foena, Tor, Sooloor, Moke, Vale . . . FOTO: J. KROESE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa