Landbou Weekblad 100

ONS OGIES

-

Ogies, ’n klein mopshondji­e van Bellville, is in die 1970’s bestempel as “die mees gefotograf­eerde hond in die land”. Sy het aan Fred Jooste, hooffotogr­aaf van Die Burger, behoort, en Landbouwee­kblad- lesers vir jare met haar kaskenades vermaak. Sy was ook twéé keer op die voorblad.

In Ogies se weeklikse rubriek baklei sy met Koensie die bloubloed-Siamees, raak verloof aan Oubaas, ’n mopshondji­e van Franschhoe­k (“posmense kan gerus ’n spesiale seël uitgee om die gebeurteni­s te herdenk, soos vir prinses Anne en haar Mark”), en lewer breedvoeri­g kommentaar oor Cravenweek en ander rugbynuus.

Sy het diep in lesers se harte ingekruip – die Navorsings­instituut vir Vee- en Suiwelkund­e in Bloemfonte­in het tot ’n spesiale winterjass­ie vir haar gemaak.

Ogies – “Landbouwee­kblad se hond” – is in 1982 op die ouderdom van 12 oorlede.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa