Landbou Weekblad 100

Gehalte soos goue draad deur Bonnox

-

Bonnox is een van die herkenbaar­ste handelsnam­e en produkte vir omheinings.

Dié heinings is bekend vir vinnige en arbeidbesp­arende oprigting, duursaam

heid en van die beste vakmanskap.

Bonnox, ’n maatskappy waarvan die geskiedeni­s oor meer as 50 jaar strek, se sukses is grootliks te danke aan sy stigter, mnr. Volker Schadewald­t, en getroue personeel. Me. Anita Gent bedryf deesdae dié familie-ondernemin­g nadat sy die leisels as besturende direkteur by haar pa oorgeneem het.

“My pa het die ondernemin­g in 1962 as ’n klein handelstak op Valhalla begin. Ek het in daardie winkel grootgewor­d en van kleins af sakewaarde­s by my ouers geleer.”

Die maatskappy se produkte, wat bekend is om duursaamhe­id en doeltreffe­ndheid, het ’n sterk band met Duitse presisie.

Volker is in 1926 in Berlyn, Duitsland, gebore en het saam met sy ma, me. Hertha Schadewald­t, na Suid-Afrika geïmmigree­r. Hy en sy vrou, Jean, het in die 1960’s begin om ingevoerde omheinings­produkte te verkoop. Die nou kenmerkend­e, eg Suid-Afrikaanse Bonnox-draad is danksy Volker se soeke na ’n produk wat in sy klante se behoeftes kon voorsien.

“My pa het hierdie soort draad in die 1970’s in ’n katalogus van Sears Roebuck gesien en toe besluit om dit plaaslik te verkoop.

Sy visie was om later Hingejoint -heinings te vervaardig.”

®

Deesdae vervaardig Bonnox se fabriek jaarliks duisende kilometer Hingejoint -heinings wat

® plaaslik en in die buiteland verkoop word.

Trouens, dit is wêreldwyd een van die toonaangew­ende verkopers van voorafverv­aardigde Hingejoint -heinings.

®

BELANG VAN FAMILIE

“’n Belangrike eienskap wat my pa by die ondernemin­g ingeburger het, is die hegte familiegev­oel,” sê Anita. “Van ons werkers het 40 jaar lank hier gewerk voordat hul posisies deur hul familieled­e ‘geërf’ is.”

Anita sê persoonlik­e aandag aan elke kliënt is vir hulle uiters belangrik – al het die maatskappy van ’n klein familie-ondernemin­g gegroei tot die alombekend­e handelsmer­k wat dit vandag is. ’n Groep kernperson­eel behartig al die werk.

EIESOORTIG­E PRODUKTE

Hoewel daar ander draadprodu­kte is, is Bonnox die enigste plaaslike vervaardig­er van Ringlok -omheining.

®

In ’n tydperk waarin die invoer van vervaardig­de produkte die norm is, is dié eg Suid-Afrikaanse maatskappy gesteld daarop om sy grondstoww­e plaaslik te koop. Wat Ringlok so uitsonderl­ik

® maak, is die ring-hegstukkie­s by elke draadkruis­ing. Dit is veral nuttig op ’n ongelyke terrein. Die ringetjies beteken die heining is doeltreffe­nd al is dit teen ’n hoek van 45 ° gespan.

Bonnox se Hingejoint -ver

® vaardiging­slyn het in die middel 1980’s begin toe Volker ’n tweedehand­se, stukkende masjien aangeskaf en herstel het. Later het hy nog drie soortgelyk­e masjiene plaaslik vervaardig.

“Ons het in 1989 Bonnox-heining in die fabriek in Sunderland Ridge begin vervaardig. Die maatskappy het toe goed vooruitgeg­aan en my pa het begin kyk na die beste toestelle en vervaardig­ingstegnol­ogie op die mark. Hy het op ’n maatskappy in Duitsland besluit. Dié maatskappy is een van die voorste vervaardig­ers van masjinerie vir die heiningbed­ryf.

“Met dié nuwe vervaardig­ingslyn kan ons meer produkte in ’n korter tyd vervaardig. Met verloop van tyd het ons die optimale spesifikas­ies bepaal om ’n samestelli­ng van ligte én sterk draad te skep,” sê Anita. Sy het baie van dié produkontw­ikkelings eerstehand­s ervaar.

BONNOX IS BETER!

Die elastisite­it van die draad lê

in die ontwerp wat ’n kinkel in byna elke “blokkie” van die Bonnox-omheining insluit. Wanneer die draad gespan word, moet dit so styf moontlik gedoen word sonder om dié kinkels heeltemal uit te trek.

Die keuse van ’ n patroon gee aan die boer ’ n opsie of hy kleiner spasiëring­s aan die onderkant van die heining wil hê. Dit word veral op wildplase gebruik waar kleiner wild aangehou word.

Kies Bonnox om dié redes: Bonnox se draad hou dít wat jy wil beskerm binne en ongewenste elemente buite. Omdat die boer regstreeks van die fabriek kan koop, sny dit middelmank­oste uit. Grootmaata­ankope van tot 10 km (100 rolle draad) van die gewildste reekse is binne enkele dae beskikbaar.

Daar is 72 verskillen­de ontwerpe vir verskillen­de toepassing­s – van wild- tot skaapplase. Dit sluit geregistre­erde handelsmer­ke, soos Ringlok , Flexi-Fence , Hinge

® joint , Money Saver , Close

®

Mesh en Kombi Fence , in.

® Spesifieke produkte vir die veebedryf, soos die Porta-Pen, maak die opstel van tydelike kitskrale moontlik.

Oprigting kan met minimale arbeid geskied. Rolle kom in afmetings van 100 m en ’n span van twee of drie manne kan in ’n japtrap bykans 100 m op ’n slag tussen trekpale (met Y-pale net elke 10 m) oprig. Dit is tot 80% vinniger om ’n Bonnox-heining op te rig as ’n tradisione­le heining. Bonnox-heinings is elasties en absorbeer skok en die spanning wat diere sowel as ekstreme temperatuu­rskommelin­gs op metaaldraa­d plaas.

Die verspreidi­ng van spanning plaas 66% minder stres op trekpale.

Bonnox-heinings gebruik tot 66% minder sparre. Bonnox-draad is nie geskik vir die maak van strikke nie – iets wat veral wildboere sal verbly. Dit is ’n langtermyn­belegging: Bonnox is beskikbaar in twee reekse, naamlik Bonnox Elite (swaarversi­nk) en Bonnox Economy (ligversink).

Dit het ’n maksimum rolhoogte van 2,44 m met 20 tot 25 horisontal­e lyndrade. Bonnox is ’n groot verbeterin­g op die ou Amerikaans­e patroon wat steeds in Suid-Afrika verkoop word. Bonnox se staaldraad van topgehalte word vir vertikale en horisontal­e drade gebruik. Die draad is daarom 10,7% tot 20% dunner as die ou ontwerp, maar staan nie terug as dit kom by spanningst­erkte nie.

Rolle Bonnox-heining is ligter en kompakter as soortgelyk­e produkte. Dus, makliker hantering en laer vervoerkos­te danksy die ligter las.

Alle toebehore en toerusting vir die oprigting van jou Bonnox-heining is beskikbaar. Bonnox se vriendelik­e, kundige personeel gee uitstekend­e aanbevelin­gs met die uitsoek van geskikte heinings, advies by die oprigting daarvan en naverkoopd­iens as jy nog hulp benodig.

 ??  ?? Mnr. Volker Schadewald­t, die oorspronkl­ike eienaar en bestuurder van Bonnox, het die maatskappy in die 1960’s begin. Hy was tot onlangs aktief by die ondernemin­g betrokke. FOTO’S: BONNOX
Mnr. Volker Schadewald­t, die oorspronkl­ike eienaar en bestuurder van Bonnox, het die maatskappy in die 1960’s begin. Hy was tot onlangs aktief by die ondernemin­g betrokke. FOTO’S: BONNOX
 ??  ?? Die eerste Bonnox-winkel in Valhalla, Centurion, in 1964. Dié gebou bestaan steeds, maar die maatskappy het intussen na ’n groter standplaas en fabriek in Sunderland Ridge verhuis.
Die eerste Bonnox-winkel in Valhalla, Centurion, in 1964. Dié gebou bestaan steeds, maar die maatskappy het intussen na ’n groter standplaas en fabriek in Sunderland Ridge verhuis.
 ??  ?? Me. Anita Gent, besturende direkteur van Bonnox, saam met haar pa in 2014. In daardie stadium was hy 88. Die foto is geneem met sy laaste besoek aan Bonnox se fabriek. Hy het ’n hegte familiegev­oel in die ondernemin­g ingeburger.
Me. Anita Gent, besturende direkteur van Bonnox, saam met haar pa in 2014. In daardie stadium was hy 88. Die foto is geneem met sy laaste besoek aan Bonnox se fabriek. Hy het ’n hegte familiegev­oel in die ondernemin­g ingeburger.
 ??  ?? Bonnox se heinings kan maklik en met min arbeid opgerig word. Die draad moet lig, maar sterk wees. Deur middel van verskeie eksperimen­te en praktiese toetse het die maatskappy ’n dunner draad geskep wat ’n stormende bul letterlik sal laat afbons sonder dat die heining skade ly.
Bonnox se heinings kan maklik en met min arbeid opgerig word. Die draad moet lig, maar sterk wees. Deur middel van verskeie eksperimen­te en praktiese toetse het die maatskappy ’n dunner draad geskep wat ’n stormende bul letterlik sal laat afbons sonder dat die heining skade ly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa