Landbou Weekblad 100

HANS DONS SE GEWEER

-

Bo staan mnr. J.H. Badenhorst van Benoni in 1976 met die bekende Voortrekke­rverkennin­gsleier Hans (Dons) de Lange se olifantpan­geweer.

Dr. Lucas Potgieter het ’n navraag oor dié erfstuk na prof. Felix V. Lategan verwys, wat op sy beurt lesers kon vertel dat die “pragtig bewaarde, swaar olifantpan­geweer met die kort, dik, agtkantige loop inderdaad die ware Jakob is”.

Die 5boorwapen weeg 5,44 kg. Die loop is 813 mm lank en 6,35 mm dik. Sulke wapens is beslis in die Slag van Bloedrivie­r gebruik en gewoonlik met lopers gelaai.

Gustav Preller bevestig dit in sy boek Andries Pretorius, waarin hy die geveg só beskryf: “So lank as die wamuur is, kraak opeens die olifantgew­ere en snaphane los dat dit dawer en dreun deur die oggendstil­te en die berge en klowe antwoord gee.”

Hans Dons se geweer is op 16 Desember 1938 – ’n eeu ná die Slag van Bloedrivie­r – weer op dié slagveld afgevuur.

Badenhorst, ’n agterklein­kind van Hans Dons, het losgebrand gedurende die hoeksteenl­egging van die gedenkteke­n.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa