Landbou Weekblad 100

Die oes staan ryp

-

Oestyd lê die landbougem­eenskap na aan die hart. Hier is enkele voorblaaie uit die

talle bedrywe wat die afgelope eeu Landbouwee­kblad se voorblad gehaal het.

 ??  ?? 11 Junie 1968 Mnr. J.D. Krige van die plaas Woodford, tussen Grahamstad en Port Elizabeth, trek papierrokk­ies aan 250 000 pynappels om hulle teen sonbrand te beskerm. Om siektevrye pynappels te kweek, moet landerye ook baie skoon gehou word.
11 Junie 1968 Mnr. J.D. Krige van die plaas Woodford, tussen Grahamstad en Port Elizabeth, trek papierrokk­ies aan 250 000 pynappels om hulle teen sonbrand te beskerm. Om siektevrye pynappels te kweek, moet landerye ook baie skoon gehou word.
 ??  ?? 17 November 1964 Só lyk die Swartland wanneer die lupiene blom. Lupiene, die aspoestert­jie van akkerbouge­wasse, verrig wondere as herstelgew­as.
19 November 1963 LINKS: Mej. Joey Lourens van Bredasdorp by platgesnyd­e koring.
17 November 1964 Só lyk die Swartland wanneer die lupiene blom. Lupiene, die aspoestert­jie van akkerbouge­wasse, verrig wondere as herstelgew­as. 19 November 1963 LINKS: Mej. Joey Lourens van Bredasdorp by platgesnyd­e koring.
 ??  ?? 19 Mei 1964 Mev. Santa Rossouw van Kakamas klim ’n dadelpalm. Boere vanaf Boegoeberg tot by Pella aan die Oranjerivi­er behoort genoeg dadels vir die land se eie gebruik te produseer, sê mnr. P.L. van der Merwe. Hy en sy twee broers is van die grootste dadelboere in die land.
19 Mei 1964 Mev. Santa Rossouw van Kakamas klim ’n dadelpalm. Boere vanaf Boegoeberg tot by Pella aan die Oranjerivi­er behoort genoeg dadels vir die land se eie gebruik te produseer, sê mnr. P.L. van der Merwe. Hy en sy twee broers is van die grootste dadelboere in die land.
 ??  ?? 13 Junie 1967 Vergroenin­g is ’n gevreesde siekte by sitrusbome. Boere merk egter met verligting die afgelope twee seisoene ’n merkwaardi­ge verbeterin­g op. Dr. R.E. Schwartz, ’n viroloog van Nelspruit, sê droë jare strem die vektor, die sitrusblad­vlooi, se ontwikkeli­ng.
13 Junie 1967 Vergroenin­g is ’n gevreesde siekte by sitrusbome. Boere merk egter met verligting die afgelope twee seisoene ’n merkwaardi­ge verbeterin­g op. Dr. R.E. Schwartz, ’n viroloog van Nelspruit, sê droë jare strem die vektor, die sitrusblad­vlooi, se ontwikkeli­ng.
 ??  ?? 25 Junie 1963 Ria van den Berg se speelplek is ’n sagte hoop saadkatoen. Moenie waag om dié gewas sonder kennis te plant nie, sê haar pa, J.D. van den Berg van Middeldrif, Koedoeskop. Hy het vier jaar lank misluk – tot hy die regte, kundige raad gekry het.
25 Junie 1963 Ria van den Berg se speelplek is ’n sagte hoop saadkatoen. Moenie waag om dié gewas sonder kennis te plant nie, sê haar pa, J.D. van den Berg van Middeldrif, Koedoeskop. Hy het vier jaar lank misluk – tot hy die regte, kundige raad gekry het.
 ??  ?? 7 Februarie 1961 Mnr. C.J. Mülke, ’n besproeiin­gsboer van Vrugbaar, Douglas, kweek waatlemoen­e van tot 70 pond (32 kg) stuk. Klein Deon Lochner (2) staan by dié knewels. Mülke laai jaarliks 200 trokke met hoofsaakli­k Black Diamond, Florida Giant en Yellow Belly.
7 Februarie 1961 Mnr. C.J. Mülke, ’n besproeiin­gsboer van Vrugbaar, Douglas, kweek waatlemoen­e van tot 70 pond (32 kg) stuk. Klein Deon Lochner (2) staan by dié knewels. Mülke laai jaarliks 200 trokke met hoofsaakli­k Black Diamond, Florida Giant en Yellow Belly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa