Landbou Weekblad 100

Vertroue in familie laat maatskappy groei

-

’n Sakebeslui­t van drie dekades gelede

het gelei tot die stigting van een van Suider-Afrika se belangriks­te gewasbeske­rmingsmaat­skappye. Die maatskappy is trots op Landbouwee­kblad se eeufees en vier dit graag saam met die tydskrif.

L aeveld Agrochem vier vanjaar sy 28ste bestaansja­ar.

“Ons hoop om, net soos Landbouwee­kblad, ook uiteindeli­k 100 jaar te kan vier. Dit is vir ons lekker om ’n vennoot van Landbouwee­kblad te wees, want ons het dieselfde waardes. Ons en Landbouwee­kblad gaan uit ons pad om boere op te hef. Ons is probleemop­lossers in die bedryf,” sê mnr. Corné Liebenberg, bemarkings­bestuurder van Laeveld Agrochem.

WAAGMOED

Mnr. Nick Liebenberg, uitvoerend­e hoof van Laeveld Agrochem, sê dit het ’n goeie plan en baie geloof gekos om byna drie dekades gelede sy standvasti­ge werk te verruil vir ’n onsekere toekoms as entreprene­ur.

“In daardie stadium was ek die bemarkings­bestuurder by Bayer. Destyds het multinasio­nale ondernemin­gs besluit om agente en handelaars­kappe te gebruik vir verspreidi­ng. Ek, my seun Corné en ’n paar vriende het toe die kans waargeneem om self een van hierdie handelaars­kappe te begin.”

Laeveld Agrochem het intussen ook ’n franchisem­odel binne die maatskappy ontwikkel sodat al sy takke individuel­e eienaars het.

“Ons het oor die jare heen goeie verhouding­s met ’n netwerk mense in die bedryf opgebou. Daardie jare het ons met ’n handdruk sake gedoen. Vandag is integritei­t steeds die ruggraat van ons ondernemin­g se sukses,” sê Nick.

Laeveld Agrochem het ’n reuseprodu­kaanbod en ondersteun graag maatskappy­e wat self produkte ontwikkel.

Sy gewasbeske­rmingsreek­s sluit produkte van verskillen­de maatskappy­e in. Dit behels onkruid, insek, swam en plaagdoder­s. ’n Reeks biologiese produkte en dieregeson­dheidsprod­ukte is ook beskikbaar.

Laeveld Agrochem is lid van CropLife SuidAfrika en onderskryf die gedragskod­e van die vereniging.

VOORDELE

Waardetoev­oeging en die ontsluitin­g van geleenthed­e is een van Laeveld Agrochem se sterk punte. Vandag doen die maatskappy sake oral in SuidAfrika, asook in Namibië, Botswana en Zambië.

“Ons is meer as net ’n gifsmous, ons bevorder voedselsek­erheid deur ’n gesondheid­sdiens aan die landbou te lewer om só oeste te optimalise­er,” sê Corné.

“Dié optimalise­ring behels meer as net produkverk­ope en sluit adviesdien­ste en praktiese hulp en dienste aan die boer in. Dit omvat die uitwerk van protokolle vir uitvoer sodat geen ongewenste chemiese residu op produkte agterbly nie.”

Die naastenby 135 agente en 70 verspreidi­ngsdepots van Laeveld Agrochem het ten doel om in elke plaas se spesifieke behoefte te voorsien. Om die regte produkte of spesialite­itsmengsel­s te lewer, werk die agent saam met die boer.

“Vertroue bou jy met verloop van tyd op. Die meeste van ons agente is ouer as 50, wat dui op die kennis en vertroue wat oor dekades heen tussen ons en kliënte gevestig is,” sê Corné.

Corné meen dit is nodig om binne die boerderyge­meenskappe waar hulle sake doen, ’n verskil te maak aan meer as net boere se oeste.

Laeveld Agrochem is daarom betrokke by verskeie boeredae en landbousko­ue, maar ook by musiekkons­erte en rolprentpr­ojekte wat die Afrikaanse kultuur bevorder.

As jy van flieks, soos Pad na jou hart en Vir altyd, gehou het – Laeveld Agrochem was deel van die

span wat dit moontlik gemaak het.

FAMILIEWAA­RDES

Laeveld Agrochem speel ’n groot rol in die landbou in SuiderAfri­ka. Tog bly die maatskappy in wese ’n familieond­erneming.

Nick meen die maatskappy waak teen ’n té streng korporatie­we atmosfeer. Só word die hegte band tussen familie en vriende na die ondernemin­g oorgedra, en dit sorg vir wedersydse vertroue en respek. Deesdae is daar genoeg plek vir drie geslagte om by die maatskappy te werk.

“Die ondersteun­ing van jou gesin, familie en vriende is belangrik in ’n familieond­erneming. Ons kan mekaar vertrou en op mekaar steun – of dit nou by die kantoor of by die huis is.

“Hierdie waardes leef ons elke dag in ons maatskappy uit. Sodra jy met ons sake doen, stap ons ’n pad saam met jou en word jy deel van ons familie se omgeekring,” sê Nick.

 ?? FOTO: MARIEKE SNYMAN ?? LAEVELD AGROCHEM het klein begin, maar vandag verskaf die maatskappy gewasbeske­rmingsoplo­ssings vir bykans enige gewas.
FOTO: MARIEKE SNYMAN LAEVELD AGROCHEM het klein begin, maar vandag verskaf die maatskappy gewasbeske­rmingsoplo­ssings vir bykans enige gewas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa