Landbou Weekblad 100

SÓ GESELS MANIE OOR GELDSAKE, MIELIES, NAVORSING, POLITICI EN MEER

-

1967 “Een van die ernstige probleme in die landbou is die feit dat boere te stadig bankrot word,” haal Manie die bekende prof. Eckart Kassier aan nadat hy in ’n toespraak verwys het na boerderye wat oor jare ten gronde gaan en nie oornag ineenstort nie.

1974 “Dit sal my nie nou betaal om dood te gaan nie,” het minister Hendrik Schoeman gesê nadat hy moes hoor boedelbela­sting gaan nie afgeskaf word nie.

1976 Ek het byna uit my stoel voor die TV-stel getuimel toe die nuusleser aankondig dat Sampi en Samso gaan ontbind sodat ’n nuwe mielie-organisasi­e binne die landbou-unie gevorm kan word. 1998 Is die ANC-regering nie dalk besig om die landbou uit te verkoop nie? Manie vertrou nie die vrede nie . . .

1999 Verslae van ondersoeks­panne is dikwels maar soos droë soetpatats. Hulle wurg jou dat jou oë traan en al manier om hulle in te kry, is om jou kake lam te kou.

1999 Die damwal het gebreek. Die poel kundigheid waarop die kommersiël­e landbou tot dusver gebou is, is besig om in verskillen­de strome oor die hele land weg te vloei.

2000 Manie wil aan die staatspres­ident vra: Het u al iemand ontmoet wat so in die bek geslaan word soos boere, maar steeds bereid is om die pad saam met u te stap?

2002 Die woorde “versnelde grondhervo­rming”’ galop die laaste tyd oor die land.

2003 SA het nou glo sy eie wapen van massaverni­etiging: Die rand! 2003 Groter eenheid tussen Agri SA en TLU SA gaan waarskynli­k nie veel makliker wees as om vrede tussen die Jode en die Palestyne te bewerkstel­lig nie, by wyse van spreke.

2004 Hoe lank gaan die sirkus in die LNR se hoofkantoo­r toegelaat word om voort te sleep?

2007 Mielieboer­e was seker nog nooit so verward soos nou nie. Daar loop die trekkers en die planters in planttyd . . . en dan kom die aankondigi­ng: ’n Biobrandst­ofbedryf word in Suid-Afrika gevestig, maar mielies mag nie gebruik word nie.

2009 Manie het al geleer ’n mens kan altyd op politici vertrou om jou teleur te stel.

2010 TLU SA-voorsitter Ben Marais sê die Regering se grondhervo­rmingsbele­id is soos ’n vlieënier wat net genoeg brandstof het om 15 minute in die lug te bly, maar hy vertrek oor die see na Australië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa