Landbou Weekblad 100 In ’n blik 2019-05-01 - Landbouweekblad se beginjare het saamgeval met die koms van die kamera in Suid-Afrika. In die afgelope eeu het sy joernaliste ’n fotobeeld vanlandbou-ontwikkelinge – klein en groot – vasgelê. 1969 BO: Mnr. M.J. Maritz (links) van die plaas Middelkop naby Warmbad en mnr. M.L. Kruger van Vleissentraal kyk na die karkasse van ’n paar tweetand-ossies (Fleckvieh-Afrikaners). 1967 LINKS: Mnr. Theunis van Zyl van Muishoek, by Verlorevlei in die Sandveld. FOTO: JOHAN VAN WYK 1962 Leerlinge aan die Hoër Landbouskool Tweespruit in die Vrystaat laat die bloulamp werk by die sweistafels. Hul skoolhoof is mnr. F.E. Clase, “boer en onderwyser in merg en been”. 1959 Mnr. W. Lemmer (72) van Hartbeesfontein is vyf jaar ouer as dié bloekomboom, wat hy van meet af aan op sy plaas sien groei het. Hy het sowat 60 boomsoorte op sy plaas geplant. 1966 Mnr. Hymie Snipelisky, ’n moerkweker van Strehla, Leslie, op die Transvaalse Hoëveld.