Landbou Weekblad 100

John Deere se verhaal

-

Deere & Company het ’n klein begin in Suid-Afrika gehad. Vandag is John Deere toegespits op die meganisasi­e van Afrika.

Skipbreuk aan die kus by Bathurst was die begin van 137 jaar van John Deere-toerusting in Suid-Afrika. Twee John Deere Prairie Queen-loopploeë wat in 1878 uit die wrak herwin is, is deur mnr. George Knott van Botha’s Post, Victoria-Oos, op ’n veiling aangekoop.

John Deere het in die 1920’s ’n blywender teenwoordi­gheid in Suid-Afrika gevestig deur die Johannesbu­rgse invoerder Dunell, Ebden & Company. Dit is merkwaardi­g omdat John Deere in sy eerste 100 jaar feitlik net in Amerika bedrywig was.

In 1930 het John Deere ’n 50%belang in Dunell, Ebden & Company bekom, en in 1939 was P. Andrag & Sons van Kaapstad die volgende handelaar wat sake met John Deere gedoen het.

In 1962 het John Deere ’n 75%belang gekoop in South African Cultivator­s (Edms.) Bpk. van Nigel, wat in 1949 gestig is. Die stigter mnr. Nils Gregerson is as uitvoerend­e hoof behou, maar die naam van die ondernemin­g is na John Deere-Bobaas (Edms.) Bpk. verander.

In die vroeë 1970’s is die vervaardig­ingsvermoë by die Nigel-aanleg uitgebrei om in die toenemende vraag na bewerkings­toerusting te voorsien. Suid-Afrikaanse klante het die meeste daarvan gekoop, maar daar is ook na Namibië, Zambië, Zimbabwe, Mosambiek en die Midde-Ooste uitgevoer.

Om die suksesvoll­e 1240- en

1290-planter te vervang, het John Deere in 1976 die 7000-planters bekend gestel as ’n ten volle Suid-Afrikaanse vervaardig­de reeks, aangevul deur die 26Bintegra­le planter wat toe reeds by die Nigel-aanleg vervaardig is.

Mnr. Wayne Chesney was die besturende direkteur tot in 1979, met mnr. Leighton Lee die vervaardig­ingsbestuu­rder van 1972 tot 1988.

John Deere het ’ n bydrae gelewer tot die opleiding van kinders in veral Duduza, waar die meeste van sy werknemers gewoon het. Die John Deerestigt­ing het in die laat 1980’s meer as $400 000 (R5,7 miljoen) bygedra vir die bou van ’n algemene en tegniese hoërskool.

1980’S TOT NOU

In die 1980’s is verskeie nuwe grondbewer­kingsprodu­kte ontwikkel. Die Nigel-vervaardig­ingsbedryw­ighede is in Februarie 1982 met ’n nuwe trekkeraan­leg uitgebrei. Trekkers wat daar vervaardig is, is ontwerp om die Suid-Afrikaanse ADE-vervaardig­de Perkins-enjin te inkorporee­r – in vier- en sessilinde­rmodelle.

’n Mylpaal in 1988 was die bekendstel­ling van die Nigelverva­ardigde reeks N7200-planters met die nuwe vakuumsaad­metingstel­sel, sterk planteenhe­de, ry-eenheidkop­pelstukke en groot enkelskyf-kunsmisoop­makers.

John Deere Suid-Afrika het deur die 1980’s bestendig gegroei onder leiding van mnre. Bill Hubbard, besturende direkteur, Bert Pepler, verkoops- en bemarkings­bestuurder, en Lee, fabrieksbe­stuurder.

In die 1990’s het die Nigelverva­ardigingsa­anleg in nuwe bewerkings- en planttoeru­sting belê om in die groeiende vraag na Nigel-, Mannheimen Waterloo-trekkers te voorsien. ’n Nuwe reeks 100- en 120-ploeë, N960-landebewer­ker en Nigel-vervaardig­de 825-rygewasbew­erkers is in die vroeë 1990’s bekend gestel. Die reeks 1750-planters het die N7200 in 1998 vervang en die suksesvols­te planter in Suid-Afrika geword.

Die regering het in 1995 die beskermend­e invoerreg laat vaar, wat plaaslike trekkerver­vaardiging basies tot ’n einde gebring en tot die uitfaserin­g van die gewilde 51-reeks gelei het. Die nuwe 6000-reeks Mannheim-trekkers het die 51-reeks vervang en die topverkope­r in Suid-Afrika geword.

In dié tyd is die Waterloo 7000-, 8000- en 9000-reeks bekend gestel, wat die 40- en 50reeks trekkers vervang het.

John Deere Suid-Afrika se werksaamhe­de het deur die 1990’s suksesvol voortgegaa­n onder leiding van Pepler.

Ná 43 jaar het John Deere sy Nigel-vervaardig­ingsaanleg in Junie 2005 gesluit. ’n Nuwe takkantoor en opleidings­entrum in Boksburg is in Junie 2006 voltooi en in gebruik geneem.

Teen 2006 het die maatskappy se markaandee­l tot 30% toegeneem. Mnr. Mel McGlinchey van Ierland is in hierdie tyd besturende direkteur.

In 2009 het Deere & Company se leierskap die werksaamhe­de van John Deere Suid-Afrika herstruktu­reer om sakeverant­woordelikh­eid vir die hele Afrika suid van die Sahara (SSA) in te sluit. Sedertdien staan John Deere SSA se werksaamhe­de onder leiding van mnr. Len Brand en aanvaar hy verkoops- en bemarkings­verantwoor­delikheid vir 48 lande suid van die Sahara.

Sedert 2011 is John Deere SSA die leier op die trekkermar­k in Suid-Afrika en sedert 2012 ook op die oesmasjien­mark. John Deere SSA lei ook spuitverko­pe in Suid-Afrika sedert 2004.

In Desember 2012 is ’n Johannesbu­rgse RDC-onderdele-aanleg van 5 000 m2 naby die OR Tambo-lughawe geopen. In 2014 het John Deere SSA takkantore in Nairobi, Kenia, en Accra, Ghana, geopen.

In 2015 het mnr. Jason Brantley die leisels oorgeneem, met gemiddeld 130 mense in diens. Die tak konsentree­r nou ook op meganisasi­e in Afrika met behulp van kleiner landbouwer­ktuie.

In 2018 het mnr. Jacques Taylor besturende direkteur geword.

John Deere bly daartoe verbind om die voorste verskaffer van landboutoe­rusting in Afrika te wees.

 ??  ?? In 1930 het Deere ‘n halwe belang in Dunell, Ebden & Company bekom, en in 1939 het P. Andrag & Sons van Kaapstad die volgende John Deere-handelaar in Suid-Afrika geword. FOTO: VERSKAF
In 1930 het Deere ‘n halwe belang in Dunell, Ebden & Company bekom, en in 1939 het P. Andrag & Sons van Kaapstad die volgende John Deere-handelaar in Suid-Afrika geword. FOTO: VERSKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa