Landbou Weekblad 100

VAN BURGERBAND­RADIO’S TOT WHATSAPP-GROEPE

-

As jy dink WhatsApp was die begin van boere wat hulself organiseer, is jy moontlik te jonk om die ou burgerband­radio’s van die laat 1980’s en vroeë 1990’s te onthou. Bakkies, skoolbusse en vragmotors is almal toegerus met tweerigtin­gradio’s en boere het saaklik en vinnig met mekaar en hul werkers gekommunik­eer “sodat die lyne kan oopbly”.

Skoolbusse is ook met burgerband­radio’s toegerus vir die plaaskinde­rs se veiligheid. Daar is gereeld op ’n kleintjie se knoppie gedruk om die bus se posisie op verskillen­de vooraf-afgespreek­te posisies deur te gee.

Selfone het merendeels daarna die plek van burgerband­radio’s oorgeneem. Met die koms van die slimfoon, wat ’n rekenaar in die palm van jou hand geplaas het, het boere ’n sterk stuk gereedskap gekry om in verbinding te bly.

Kommunikas­ietoepassi­ngs, soos WhatsApp, het soos ’n veldbrand versprei. Dit help boere nie net met plaasveili­gheid of om vinnig boodskappe heen en weer te stuur nie, maar het ook ’n kragtige bestuursfa­ktor geword.

Landbouwee­kblad het verlede jaar berig van mnr. Riaan Strydom, 2018 se Oos-Kaapse Jongboer van die Jaar, wat op ’n slim manier Dropbox en WhatsApp gebruik om ’n oog op elke faset van die plaas te hou. Dropbox word gebruik om alle inligting, soos waterverbr­uik, voerbestel­lings en bespuiting­sprogramme, by te hou. Strydom het ook verskeie WhatsApp-groepe geskep vir die verskillen­de afdelings op die plaas waarop enige nuwe inligting deur die bestuurder­s opgeteken word.

Landbouwee­kblad het ook berig oor die gebruik van vegatatiew­e groei-indekse en hoe ’n boer plantgeson­dheid- en vogkaarte en grafieke van die hele plaas binne sekondes via WhatsApp kry. Dit is voorwaar ’n nuttige hulpmiddel wat die bestuursfu­nksie daardie aks makliker maak.

Intussen kan WhatsApp ook ’n belangrike rol speel om siektes en plae te bestry, soos in die geval van die fakulteit landbouwet­enskap aan die Universite­it Stellenbos­ch se se projek om insekplae te identifise­er. Boere en konsultant­e kan deur slegs foto’s en kontakbeso­nderhede na die projek se WhatsApp-nommer te stuur, ’n identifika­sie van die insek ontvang.

— GERRIT BEZUIDENHO­UT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa