Landbou Weekblad 100

AANSTAP, ROOIES

-

Die ou mense met wie ek gesels het, kon voor die voet stories vertel van individuel­e osse uit hul jeug. My vader praat nou nog van oorlede Oupa se twee agterosse, Buffel (’n swartbonte) en Gesels, “oom Lewies van Zyl se agteros”.

’n Vrystaatse boer kon haarfyn die name opnoem van ’n hele span rooies uit die dae van voor die Tweede Vryheidsoo­rlog, net soos hulle getrek het: Dorland en Blesman; Soetland en Engelsman; Ligman en Mooiman; Jonkman en Rondeberg; Speelman en Leerman; Rusland en Bakker; en Domkrag en Regop. Dorland was die enigste os van ’n hele span wat die runderpes gespaar was.

Pappie het ook vertel hoe Oupa met sy osse gesels het: “Katjiebaan, jou beenkop! Souerman, jou soutvleiss­op!”

Het die “beenkoppe” iets aan die geselsery gehad? ’n Transportr­yer uit die Diamantvel­ddae het my verseker dat sy osse ’n wa uit ’n vasvalplek kon haal waar ’n ander drywer met ’n dubbele sweep niks kon regkry nie – eenvoudig deur met hulle te praat.

 ??  ?? 1938 Só groot was die geesdrif met die Groot Trek-eeufeesvie­ringe dat die 77-jarige mnr. Dirk Coetzee van Groot-Marico 14 myl (amper 23 km) ver tou gelei het. FOTO: DIE BURGER- ARGIEF
1938 Só groot was die geesdrif met die Groot Trek-eeufeesvie­ringe dat die 77-jarige mnr. Dirk Coetzee van Groot-Marico 14 myl (amper 23 km) ver tou gelei het. FOTO: DIE BURGER- ARGIEF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa