Landbou Weekblad 100

VIR JUKSKEI REIS ONS BAIE VER

-

In 1952 het jukskeispe­lers van Lüderitz ’n duisend myl afgelê om aan ’n jukskeikom­petisie deel te neem. Hulle moes die reis, wat ongeveer vyf dae per trein heen en weer geduur het, onderneem wanneer Keetmansho­op, hul wyksbond, teen Windhoek se wyksbond kragte gemeet het. Namibië (toe nog bekend as Suidwes) was in vier wyksbonde verdeel, naamlik Keetmansho­op, Windhoek, Usakos-Omaruru en Otjiwarong­o-Outjo. Die wyksbonde het jaarliks teen mekaar gespeel om ’n sterk span vir die uniale toernooi saam te stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa