Landbou Weekblad 100

REËN MOET NIE TIP-TIP NIE, MAAR SJOR!

-

Biddae vir reën was deur die dekades deel van die SuidAfrika­anse landbouton­eel. As die reënwolke wegbly, die weiding skraps raak en die damme se watervlak daal, bid die boere vir reën.

Piet Ebersohn, wat voor sy onlangse aftrede op ’n Griekse eiland as joernalis en skakelman in Pretoria gewoon het, vertel ds. Jan du Plessis, ’n NG leraar van Hartswater, het op ’n dag tydens ’n Geloftefee­s in ’n kerkbuitep­os van die NG gemeente Piet Plessis die woord gevoer.

“Dit was midde-in ’n bitter droogte, sonder ’n aanduiding van spoedige verligting, en hy het noodwendig ook vir reën gebid. Terwyl hy gepreek het, is die sluise van die hemel geopen. Die oorverdowe­nde gekletter van die reën op die sinkdak het die dominee se stemklank uitgedoof en hy het voorgestel dat die byeenkoms “Prys die Heer” sing. Die blye galme waarmee die klein groepie mense daardie dag die Here geloof het, bring ná 60 jaar nog ’n bewoëndhei­d by my op as ek daaraan terugdink.”

Mnr. Giel van Zyl, voormalige hoofbestuu­rder van Graan SA, vertel van ’n biddag vir reën wat gedurende die 1980’s op Bothaville gehou is. Tydens die diens in dié snikhete middag, terwyl die mielieboer­e vir reën bid, is daar skielik ’n verblinden­de weerligstr­aal en ’n oorverdowe­nde donderslag. Toe begin dit reën.

Mnr. Eddie Prinsloo, Merinotele­r van Smithfield, het omstreeks 1966 as graad 5-leerder ’n soortgelyk­e ervaring gehad. Ná die biddag begin die reën uitsak, terwyl die mense na hul bakkies en motors loop.

“Toe moes ons hardloop! Dit sal ek altyd onthou.”

By ’n ander geleenthei­d het ’n omie opreg gebid dat die Here tog asseblief reën moet stuur, maar dit moenie net tip-tip nie; dit moet sjor!

Jan Bezuidenho­ut, voormalige joernalis van Landbouwee­kblad, vertel weer van die verstrooid­e proffie van die Universite­it van die Vrystaatse wat ’n lang gebed opgestuur het.

Toe raak hy deurmekaar en dog hy dikteer ’n brief aan sy sekretares­se. Pleks van om met “amen” af te sluit, eindig hy met: Die uwe, gevolg deur sy voorletter­s en van.

— CHARL VAN ROOYEN

 ??  ?? 1983 Die NG kerk in Durbanvill­e ondersteun die nasionale biddag vir reën op versoek van eerste minister PW Botha.
1983 Die NG kerk in Durbanvill­e ondersteun die nasionale biddag vir reën op versoek van eerste minister PW Botha.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa