Landbou Weekblad 100

Man van min woorde

-

Fred Mouton, “die stille reus van spotprente”, het 45 jaar gelede by die legendarie­se T.O. Honiball as kunstenaar oorgeneem. Só onthou oudredakte­ur Jean du Preez hom.

Voor ’ n mens praat oor Fred, oftewel “die enigmaties­e Meneer Mouton”, soos hy al in ’n koerant genoem is, moet jy verduideli­k hoe die weeklikse spotprent in Landbouwee­kblad ontstaan.

Maandae kom die redaksie bymekaar, neem die jongste uitgawe in oënskou, beraam planne vir die nuwe een se inhoud en bespreek dan watter warm nuusitem ’n spotprent werd is – en hoe só ’n prent rofweg kan lyk.

Ná die vergaderin­g gaan een dan na Fred om die boodskap oor te dra. In my tyd het ek persoonlik afgestap na Fred se kantoor by Die Burger, in wie se diens hy eintlik is.

Ek en hy was goeie vriende, want ons het lank saam by die koerant gewerk. ’n Geselsie met hom was altyd verfrissen­d.

Sy kantoor was daardie tyd in die suidwestel­ike hoek van die sesde verdieping in die Naspersgeb­ou, met sy lessenaar wat op Adderleyst­raat uitkyk.

Die proses het min of meer só verloop: Ek sou liggies klop, die deur stadig oopmaak, maar hy sou nie opkyk nie. “Grote, wat sê jy?” sou ek groet.

“Hei, Boeta,” sou hy antwoord en sy verfkwassi­e neersit, sy stoel terugskuif, sy linkerkant­se onderste laai uittrek en sy voet daarop laat rus.

Ná ’n geselsie oor ditjies en datjies sou ek sê: “Luister, Grote. Kom ons praat gou oor die prent. Dít is hoe die redaksie oor vandeeswee­k s’n gedink het.”

Ek kon hom soos ’ n boek lees. As hy dadelik begin rowwe potloodske­tse maak, het jy met verligting geweet hy hou van jou idee. Maar as hy in Adderleyst­raat op tuur, terwyl jy verduideli­k, moes jy aanvaar jy sal iets anders moet probeer, hy gaan nie

vir die betrokke voorstel val nie. Om die stilte te verbreek, sou jy hom vra: “Nou vertel ’n bietjie, wat het jy die naweek weer als gebraai?”

“What a question!” sou hy onmiddelli­k reageer, want as jy Fred vinnig aan die praat wil kry, moet jy met hom oor kos en karre praat. Hy’s ’n kok van formaat en braai omtrent elke aand – en kan vir jou met rollende hande haarfyn verduideli­k hoe hy dit voorberei het. Dermate dat jy kwyl sluk, só lekker klink dit.

En goeie tweedehand­se karre met ’n interessan­te stukkie geskiedeni­s kan hy nou maar eenmaal nie weerstaan nie.

Hy sal maklik selfs Johannesbu­rg toe vlieg om een te gaan haal wat hy iewers opgespoor het. Dan sal hy in detail vertel wat dié kar anders maak as die gewone.

So in die gesels oor karre of kos, sal hy dan skielik terugkom na die spotprent en sê: “Nee, man. Daai een gaan nie werk nie. Dit vertel dan net mooi niks nie – dit gaan soos ’n foto lyk. Wat’s jul tweede keuse?”

En dan het jy hom met daardie gedagte gelos. Hy sou later die dag laat weet: “Hei, Boeta. Die prent is reg, hoor.” Dikwels sou dit iets heeltemal anders wees as wat jy jouself voorgestel het, maar dit was altyd in die kol.

GEEN HAAS

Vir ’n vreemdelin­g kan Fred nors voorkom, maar vir vertroueli­nge en vriende is hy presies die teenoorges­telde. Hy kan grappe opdis wat jou dubbel laat vou van die lag, maar moet hom nie na groot sosiale geleenthed­e nooi nie. Hy is op sy gemaklikst­e voor ’n vuurtjie, sy braaigoete­rs reg vir netnou se kole.

En dié jaag hy nou ook nie met ’n oormaat haas aan nie. Nee, hy sal eerder nóg ’n stompie of twee opgooi. “Hei, Boeta,” sou hy gemoedelik sê, “hy brand nog, ek gee hom kans.”

Oor sy renons in sosiale samekomste vertel hy hoe hy vir die bekendstel­ling van een van sy spotprentb­oeke skemeraand by ’n Kaapstadse restaurant was. Dié had ’n groot stoep wat op die straat uitkyk.

Fred sê hy was nie lus om met vreemdelin­ge geselsies aan te knoop nie. Dus ry hy eers stadig voor die restaurant verby om te kyk of daar darem iemand tussen die klomp op die stoep is wat hy ken. Eers met die derde verbyry sien hy: Aha, daar’s darem een man met wie hy kan gesels. En eers tóé het hy geparkeer en ingestap.

Fred teken al 45 jaar lank spotprente vir Landbouwee­kblad – en verkies om eerder deur sy prente te praat.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa