Landbou Weekblad 100

Strokies oor skop, skiet en stoele breek

-

Sedert die 1950’s het talle strokiespr­ente in Landbouwee­kblad verskyn, soos “Geheime Agent Corrigan”, “Kallie die Klipvis”, “Staatsgehe­im BHC7” en “Die Avonture van Buz

Sauer”, skryf Heléne Booyens.

Van Landbouwee­kblad se strokiespr­entreekse is plaaslik geskep, soos “Die oë van Okatura” en “Slang van die Soutpanne”, maar die gewildstes was waarskynli­k twee cowboyreek­se van Amerika, “Roy Rogers” en “The Lone Ranger”, wat in Landbouwee­kblad as “Roelf Roux” en “Die Lenige Ruiter” perdediewe, skelm delwers, bankrowers, geweersmok­kelaars en buitjagter­s ( bounty hunters) slae gegee het.

Roelf was veral behendig om wegholtrei­ne tot stilstand te bring, soms bygestaan deur sy kollega Spoed Hamman. Hy het ook dikwels appels geswaai om sy vriendin Sannie se eer te beskerm van ongure karakters,

soos Giftige Anna.

Die Lenige Ruiter was veral bekend vir sy wekroep “Hiho, Silver!” aan sy perd. In Landbouwee­kblad was dit: “Ry dat dit klap, Dapper!”

Dit was destyds geen maklike taak om die strokies op Landbouwee­kblad se bladsye te kry nie, want die teks moes eers vertaal word, dan getik, uitgeknip en presies binne die spraakborr­el geplak word.

Maar met Roelf Roux en die Lenige Ruiter op die toneel was daar geen kommer oor landelike veiligheid nie.

The Lone Ranger is deur Fran Striker geskryf, en Roy Rogers deur Al McKimson.

 ??  ?? 1966
1966
 ??  ?? 1966 BO: Die gemaskerde Lenige Ruiter op sy getroue perd, Dapper, en die spoorsnyer, Tonto.
ONDER: Roelf Roux, “koning van die ruiters” raak handgemeen met die skurk Danie Meintjies.
1966 BO: Die gemaskerde Lenige Ruiter op sy getroue perd, Dapper, en die spoorsnyer, Tonto. ONDER: Roelf Roux, “koning van die ruiters” raak handgemeen met die skurk Danie Meintjies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa