Landbouweekblad

MANDARYNS OP DIE PLATTELAND

- – CHRIS BURGESS

Soos orals, verander dinge ook maar vinnig op die platteland. In my geweste verkoop ’n boer by Dordrecht sy grond aan die staat en verdubbel daarmee die plaaslike grondwaard­es oornag.

Ander byt vas en brei uit en deesdae sien ’n mens baie meer spilpunte onder die berg. ’n Pêl los sy probleem met ooginfeksi­es onder sy beeste in die somer op deur ál sy blesbokke te skiet. Hulle bring die muggies wat die infeksies veroorsaak, verduideli­k hy.

En rondom ál die dorpies raak die townships al hoe groter, terwyl dit opvallend is om te sien hoe tot die laaste uithoeke van die ou Transkei met kragdrade gespan word.

In Barkly-Oos behoort die Bridge Café (daar aan die onderkant van die dorp, voor ‘n mens uitry Lady Grey toe) nie meer aan die Van Zyl-familie nie. ‘n Gawe, vriendelik­e Chinese gesin is nou aan die stuur.

Altans, ek dink hulle is vriendelik. Die man kan net ‘n bietjie gebroke Engels praat, maar hy glimlag darem breed. Die winkel is tot die dak gepak met goedkoop kruidenier­sware en ek wonder waar hulle die geld kry om ‘n winkel só vinnig in ‘n vreemde land te kan begin.

Sommige sê die Chinese staat finansier die immigrante om ’n afsetgebie­d vir Chinese produkte te kry. Dit klink darem ’n bietjie vergesog, maar niemand weet vir seker nie. Trouens, vir ‘n gemeenskap wat met mening in die platteland inbeweeg, is dit verbasend hoe min ons eintlik van die nuwe inkommers weet.

Tot die staat het geen benul hoeveel Chinese tans in Suid-Afrika is nie. En waar daar nie klinkklare feite is nie, doen allerhande gerugte natuurlik die ronde. ’n Plaaslike winkeleien­aar vertel my die Chinese op sy dorp aanvaar net kontant. “Seker maar vir die belasting,” sê hy. ’n Boer vertel van Chinese wat blykbaar aansienlik­e stukke grond by Senekal in die Vrystaat koop, terwyl ’n ander beweer dat Chinese, anders as ons plaaslike boere, dit eintlik reggekry het om besproeiin­gsregte langs die Caledonriv­ier te bekom.

In die meeste van die gesprekke duik die naam van die Vrystaatse premier, Ace Magashule, op, maar niemand is bereid om amptelik te praat nie. Wat ook al die ware storie, dit is duidelik dat die Chinese kranige sakemense is en nie skrik vir harde werk nie. Van die kleinste platteland­se gehuggie tot die meer as duisend miljard dollar van Amerikaans­e staatskuld wat die Chinese staat besit – dié manne laat hulself geld.

En vir ’n land soos Suid-Afrika met sy chroniese vaardighei­dstekorte is geskoolde immigrante in talle gevalle ’n waardevoll­e meevaller. Van ambagslui, soos Zimbabwies­e skrynwerke­rs, Mosambieks­e sweisers en Malawiese bouers, tot profession­ele werkers, soos die Nigeriese landbouwet­enskaplike wat ‘n laboratori­um op een van die land se grootste plase bestuur, tot die Zimbabwiër dr. Langelihle Simela, senior bestuurder van Nerpo, lewer baie van hulle ‘n noemenswaa­rdige bydrae tot die land.

Ja, daar is ook uitvaagsel­s wat hulself met misdaad ophou, maar seker omdat hulle Afrikane is, kry ’n mens darem ‘n vastrapple­k op hul werklikhei­d. Die Chinese, inteendeel, bly maar ‘n raaisel.

Vir plaasvroue met groot huise en werwe en sonder die geriewe van ’n stadswonin­g of woonstel is ’n bediende ’n noodsaakli­kheid.

Maar nie vir mev. Rita du Preez van die plaas Doornkop by Lichtenbur­g in Transvaal (nou Noordwes) nie. Sy werk al sewe jaar lank sonder ’n bediende.

Sy doen al haar huiswerk, versorg die blomtuin, doen masjienwer­k, breiwerk en kunsnaaldw­erk, hou 400 hoenders aan, en daarby is sy gesteld op haar voorkoms.

Op weeksdae staan sy soggens om vyfuur op en saans kom sy nie voor elfuur in die bed nie. Sy deel haar werk in en versprei die groot take eweredig deur die week.

Op ’n gewone weeksdag is haar huis soggens teen agtuur aan die kant. Saans doen sy lap-, stop-, naald- en breiwerk. Sy brei al die truie vir haar gesin met die hand.

Sy het nie tyd om by organisasi­es aan te sluit nie. Sy stel haar kinders eerste en hou smiddae toesig oor hul skoolwerk.

Wat sake vergemakli­k, is dat hulle ’n kragopwekk­er van 32 volt op die plaas het. Sy kan dus ’n elektriese wasmasjien, stofsuier en naaimasjie­n gebruik. Naas haar koolstoof het sy ook ’n gasstoof.

Voorts help haar man en kinders met kleiner takies in die huis, soos tafel dek en die opwas van die skottelgoe­d. Almal help om die huis netjies te hou en te sorg dat elke ding op sy plek is.

Maar as hy vyf jaar oud is en sy pa en oom se beeste oppas sonder vergoeding, dan is dit reg so, want dit is “tradisie”.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa