Landbouweekblad

RESPEKTEER EERBETOON AAN DOOIES

- ANNETTE VAN TONDER Piketberg

Ons lewe in ’ n tyd waar hoë veiligheid­smure en elektriese heinings en hekke aan die orde van die dag is om mense teen die aanslag van buite te beveilig. Maar hoe beveilig ’ n mens jou geliefdes wat in ’n munisipale kerkhof begrawe is? Hoe bied jy weerstand teen kwaaddoene­rs wat moedswilli­g jou naasbestaa­ndes se grafstene, die marmerpott­e en die kranse beskadig?

Dit is vir my ’n riem onder die hart dat mense oral op die platteland ’n gedenkkrui­s op die plek gaan inplant waar ’n geliefde in ’n motorongel­uk gesterf het.

In Julie verlede jaar het my kleinseun ook in ’ n motorongel­uk anderkant Moorreesbu­rg gesterf.

Ons was diep geraak toe feitlik die hele gemeenskap op daardie plek vrugte, vars blomme en kranse gaan neersit het omdat almal hom geken het.

Maar nou kom daar vandale verby en verwyder daardie houtkruis met blomme wat in niemand se pad is nie. Ek lees toevallig in ons Swartlands­e koerantjie ( Die Gazette) van ’n familielid van twee oorledenes wie se kruis met blomme ook so verwyder is.

Hoekom doen mense so iets? Het hulle dan geen respek vir die dooies nie?

Besef hulle hoe platgeslaa­n die familie is wanneer ’ n familielid skielik in ’ n motorongel­uk sterf? Ek sien absoluut niks daarmee verkeerd wanneer ’ n naasbestaa­nde op daardie plek ’n houtkruis met blomme gaan inplant nie.

Ons het soortgelyk­e probleme met afgestorwe familieled­e se grafte in die munisipale kerkhof op ons buurdorp.

In Mei, toe ons een dag bosse blomme op my ouers se graf wou gaan sit, is die groot marmerpot wat al sedert 1980 op daardie graf staan, morsaf gebreek en die stukke lê gesaai oor die graf.

Agterna het ’ n betroubare inwoner daar vir my kom vertel dat ’ n werklose man met sy windbuks die potte op die grafte (vir die grap!) stukkend skiet. Is dit nie die munisipali­teit se plig om so iets te verhoed en ook kinders die kerkhof as speelplek te belet nie?

Ek weet as ek nou weer met my stok in daardie “byenes” gaan krap, gaan daar ’n oorlog bo my kop losbars.

Maar moet ’n mens die vrede bewaar as booswigte jou geliefdes se nagedagten­is misbruik, besteel en stukkend skiet? Dis grafskendi­ng!

Moet ons dan nou al die plekke waar ons geliefdes gesterf het en die grafte in kerkhowe ook met elektriese heinings en veiligheid­swagte beveilig?

G’n wonder mense kyk my skepties aan wanneer ek voorstel dat ’n oorledene se naasbestaa­ndes liewer ’n Bybel of twee aan iemand moet skenk wat dit nie kan bekostig nie, pleks van duur bosse blomme wat oor ’ n paar dae verwelk.

En om my kop verder uit te steek: Vandale sal eerder houtkruise met blomme steel as ’ n Bybel.

Ek dink nie dis verkeerd as kinders vir vakansiege­ld werk nie. Hulle moet net nie minderjari­g wees en as ’n permanente werker by jou werk nie. So leer hulle wat hul belangstel­lings is. In Australië is dit verpligten­d om te werk voor jy die skool verlaat. So weet kinders dan of hulle die regte beroep gekies het.

Ja-nee. So as hulle nie mag werk vir sakgeld nie, dan sal hulle ook nie leer nie, dan bly hulle ook maar ongeleerd.

gee tegniese en praktiese wenke vir die vestiging van kuskusgras. Dit is ’n meerjarige polgras wat inheems is in Indië en China, waar dit in vleie voorkom, maar dit is ook betreklik droogtebes­tand. Rye kuskusgras kan as ’n alternatie­f vir kontoerwal­le gebruik word om gronderosi­e teen te werk. Lees meer op bl. 52.

VERTEL ONS VAN JOU JOUSELF.

Ek woon sedert 1997 op die oewer van die Vaalrivier waar ek ’n paar polle van die vetivergra­s geplant en vermeerder het totdat ek ’n ry daarvan onderkant ’n blombeddin­g kon plant. MNR. FRIK DU PLOOY het in 2009 begin om nuwe lewe in die Musgrave-nalatenska­p te blaas deur sy ondernemin­g, JJ Wapens op Ermelo. Dit was nadat die vervaardig­ing van Musgrave-gewere in Suid-Afrika in die middel 1990’s tot ’n einde gekom, hoofsaakli­k weens mededingin­g van internasio­nale handelsnam­e. Lees meer op bl. 36.

VERTEL ONS VAN JOU GESIN.

Ek is getroud met Lorain en het wonderlike kinders. Ons het twee seuns, Bennie en Frik jr., en ’n dogter, Lidia. Bennie en Lidia studeer in Potchefstr­oom en Frik jr. bestuur die groothande­lsafdeling by Wildman Hunting and Outdoor.

WAT IS JOU STOKPERDJI­ES?

Visvang, jag en sportskiet.

WAAR HOU JULLE VAKANSIE?

By die see by Umhlanga of in die Bosveld.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa