Landbouweekblad

Top-10 voorspelli­ngs TREKKER BY DIE SUIDPOOL

-

FRANS CRONJÉ, baas van die SA Instituut vir Rasseverho­udinge, se toptien- voorspelli­ngs vir 2015 het in ’n rubriek in die dagblad Beeld verskyn. Vir Manie lyk dit of ons maar die veiligheid­sgordels moet vasmaak en regmaak vir ’n rowwe rit. Hier is hulle:  Ekonomiese groei sal onderprest­eer en by sowat 2% bly. Werklooshe­id sal dus by 25% bly en lopende rekeningst­ekorte sal op dieselfde vlakke voortgaan.  Jacob Zuma sal die ANC- leier bly en dus sal

regeringsb­eleid wanordelik voortduur.  Al hoe meer mense sal begin vermoed dat die

Nasionale Ontwikkeli­ngsplan bedrog was.  Eiendomsre­gte s al onder groter druk wees omdat ’ n desperate regering maniere sal soek om private eiendom vir herverspre­iding te onteien.  Infrastruk­tuur – water, elektrisit­eit, spoorweë,

paaie en hawens – sal al hoe meer ineenstort.  Rassenasio­nalisme sal al hoe meer op die voorgrond wees en die Regering sal volhard om rasseteike­ns op te dwing.  Protesaksi­es teen die Regering sal toeneem en

die polisie sal gebruik word om dit te onderdruk.  Die drieledige alliansie sal in stryd met mekaar bly en die SAKP sal sy wurggreep op die ANC verstewig.  Internasio­nale persepsies van Suid- Afrika sal

verder agteruitga­an.  Stadiger ekonomiese groei in China en stagnasie in die EU sal verdere druk op ons ekonomie plaas. Manie het die grootste respek vir vroue se deursettin­gsvermoë en daar is talle voorbeelde. Geboorte skenk, kaalvoet oor die Drakensber­g en nou selfs een wat met ’n trekker tot aan die “einde van die wêreld” gery het.

Die Nederlands­e aktrise Manon Ossevoort (38) het kort voor Kersfees ’n epiese rit van 5 000 km met ’n Massey Ferguson 5610-trekker van die ooskus van Antarktika tot by die Suidpool en terug afgelê. Sy en haar ondersteun­ingspan het die sowat 2 500 km van die Novo-lughawe oor ’n tydperk van 17 dae afgelê om die Massey Ferguson op 9 Desember by die Suidpool te parkeer en ’n sneeuman te bou voor hulle die tog terug aangepak het.

Daarmee het sy haar droom vervul om met ’n trekker van haar eie land tot aan die “einde van die wêreld” te ry. Ossevoort het die oog gevang toe sy op ’n vorige geleenthei­d met ’n trekker van Nederland af deur Egipte na Kaapstad gereis het – ’n afstand van 38 000 km. Omdat sir Edmund Hillary in 1958 in ’n spesiaal aangepaste Ferguson TE20-trekker met ruspeband na die Suidpool gery het, het AGCO, die ondernemin­g wat die trekkers vervaardig, aangebied om haar te help om haar droom te vervul.

Die MF 5610 is eers na Kaapstad gebring waar die finale voorbereid­ings vir die geskiedkun­dige tog afgehandel is en vandaar het die span na die Novo-lughawe vertrek.

Die rit na die Suidpool was vol probleme: Van temperatur­e wat tot minus 56 grade C gedaal het, diep sagte sneeu, soliede ysgolwe van tot ’ n 

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa