Landbouweekblad

VYF MOORDE OP PLASE REEDS IN 2015 AANGEMELD

- – JOHAN VAN DER MERWE

DIE

nuwe jaar het met tragedie aangebreek vir vyf boeregesin­ne wat hul geliefdes weens moord aan die dood moes afstaan. Die mees onlangse slagoffer was me. Susan Kotze (76) van Lephalale in Limpopo wat in haar plaashuis verwurg aangetref is.

Drie van die vyf moorde het in Noordwes voorgekom, terwyl daar een in Limpopo en een in KwaZulu-Natal was. Mnr. Skippie de Klerk (30) is op 3 Januarie op sy plaas by Rustenburg vermoor. ’n Dag later is mnre. André du Preez (76) en Leon Snyman (67), albei van Rustenburg, in twee afsonderli­ke voorvalle vermoor. Mnr. Malcolm Green (69) van Estcourt is op dieselfde dag vermoor.

Dié statistiek sluit aan by die elf moorde op plase landwyd in Desember.

Genl. Chris van Zyl, assistenth­oofbestuur­der van die TLU SA, sê die landelike veiligheid­strategie van die polisie wat deur genl. Bheki Cele in 2010 met groot ophef begin is, werp nie die verwagte vrugte af nie. “Dit is ’n omvattende, werkbare strategie en as alle amptenare dit aanvaar het, dan moes ons mos nou al resultate gesien het. Maar die aantal plaasmoord­e per jaar bly ongeveer dieselfde, terwyl die aantal boere aanhou afneem – dit maak net nie sin nie.

“Dit is opvallend dat al hoe meer plaasaanva­lle in voorheen “stil” gebiede voorkom. Dit sluit in die noorde en die Suidkus van KwaZulu-Natal in. Ek meen daar word doelbewus geprobeer om geweldsmis­daad op plase geografies só te versprei dat dit optimale impak oor ’n veel groter gebied kan maak. Dié neiging is nie net sigbaar in KwaZulu-Natal nie, maar ook in Mpumalanga, die Oos- en die Wes-Kaap,” sê Van Zyl.

Mnr. Koos Marais, bestuurder van Kwanalu se sekuriteit­skantoor, is diep ongelukkig oor die moorde. “Onafhankli­ke instansies wat inligting oor plaasmoord­e insamel, kan van onskatbare waarde wees vir die Polisie. Die inligting speel ’n groot rol daarin om die platteland te help beveilig. Ons moet egter alles in ons vermoë doen om ons statistiek en inligting geloofwaar­dig te hou. Ons kan nie bekostig om van die polisie ook ’n vyand te maak nie.”

Teen druktyd was daar steeds geen inhegtenis­nemings in die moordsaak van Green en dié van Kotze nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa