Landbouweekblad

DAAR ÍS GOEIE NUUS, SÊ AGRI SA

- – THEUNS BOTHA

DIE

dalende brandstofp­rys is goeie nuus vir verbruiker­s vanjaar. “Hulle kan uitsien na ’n verlangsam­ing en selfs ’n afname in voedselpry­sinflasie wat 6,5% in November verlede jaar was,” het Agri SA net voor Kersfees verlede jaar in ’n persverkla­ring gesê.

Volgens Agri SA is die landbou se intermediê­re uitgawes aan brandstof 14%. “Aanduiding­s is dat onlangse en verdere prysverlag­ings dié kostekompo­nent kan verklein,” luidens die verklaring.

Dié organisasi­e meen egter die res van die voedselwaa­rdeketting het ’ n bydrae te lewer om die voordeel aan verbruiker­s deur te gee.

VOEDSELSEK­ERHEID

Mnr. Johannes Möller, voorsitter, het in die verklaring verwys na die indeks oor internasio­nale voedselsek­erheid (GFSI) wat aandui dat Suid-Afrika die Afrikaland met die hoogste vlak van voedselsek­erheid is. In dié indeks vergelyk Suid-Afrika se 61,1 punte goed met dié van sy Brics-vennote. Indië staan op 48,3, China op 62,2, Rusland op 62,7 en die voedselreu­s Brasilië op 68,1. Die meeste Afrikaland­e behaal tussen 30 en 40 punte op die indeks. Ontwikkeld­e nywerheids­lande gee die toon aan met meer as 80 punte.

“Die plaaslike l andbou is ook ’n suksesvoll­e mededinger in uitvoermar­kte,” het Möller gesê. In 2013 is landboupro­dukte van R72,5 miljard uitgevoer – R15,2 miljard meer as landbou-invoer.” Hy meen met gunstige produksiet­oestande en die swakker rand kan dié prestasie in 2014/’15 verder verbeter.

SEDERT Eskom in November landwyd beurtkrag ingestel het, was daar ’ n groot toeloop vir kragopwekk­ers, gasstowe en -geisers en sonkragste­lsels. Die vraag is só groot dat die meeste verskaffer­s in die land se voorraad uitverkoop is.

Twee van die land se grootste verskaffer­s van kragopwekk­ers, Ellies en Adendorff Machinery Mart, het aan Landbouwee­kblad gesê hul voorraad is reeds binne die eerste week in Desember uitverkoop. Die opwekkers wat meestal van China kom, sal eers teen middel Januarie weer beskikbaar wees. Dit is veral die petrolkrag­opwekkers van 7,5 kW wat sowat R8 000 kos wat die gewildste is. Dit kan ’n vrieskas, rekenaar, televisies­tel en ’n paar ligte tydens beurtkrag aangeskake­l hou.

Me. Teresa Hoffman, mede-eienaar van Elnino Solar in Port Elizabeth en grootste verskaffer van songeisers en hittepompe vir huishoudel­ike en industriël­e gebruik, sê die jongste gonswoord is die fotovoltaï­ese stelsels. Die Nelson Mandelabaa­i-metromunis­ipaliteit het onlangs goedkeurin­g verleen dat sonkrag wat op die wyse opgewek word, bedags in die kragnetwer­k ingevoer kan word en Eskomkrag weer saans aan die stelsel onttrek kan word. Dit staan as grid tied bekend.

Hoffman sê hoewel die kapitaalui­tleg van só ’n stelsel nagenoeg R20 000 per kW beloop en huishoudin­gs 3 kW tot 5 kW benodig, die besparing wat daardeur bewerkstel­lig word teen die huidige kragtariew­e binne 6 tot 7 jaar die koste sal delg. “Wanneer die sonenergie in batterye opgeberg word ( off grid), hoef beurtkrag nie gevrees te word nie, aangesien dit genoeg krag sal lewer om vir ’n paar uur ’n rekenaar, TV, yskas en ’n paar ligte in die huis aan die gang te hou. Volgens Hoffman kan ’ n fotovoltaï­ese stelsel die waarde van eiendom met tot R100 000 verhoog. Die meeste van die eienaars wat die stelsel geïnstalle­er het, bestee nie meer geld aan energiekos­te nie. Die berekening van die hoeveelhei­d krag wat ingevoer en weer onttrek word, word deur middel van ’n “slim meter” bepaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa