Landbouweekblad

Monsanto se saadverkop­e en wins daal

-

DIE internasio­nale saadmaatsk­appy Monsanto het verlede week bekend gemaak dat sy netto inkomste vir die eerste kwartaal van die boekjaar van R4,3 miljard tot R2,8 miljard gedaal het vergeleke met die eerste kwartaal verlede jaar.

Die maatskappy sê in sy kwartaalve­rslag dat netto verkope in die eerste kwartaal R33,7 miljard teenoor die ooreenstem­mende tydperk verlede jaar se R36 miljard was.

In ’n verklaring word die daling in wins toegeskryf aan onder meer minder mielies wat in Suid-Amerika aangeplant is, minder katoen in Australië en ’n verskuiwin­g in die tydperk waarbinne saad gewoonlik verkoop word.

Besteding aan verkope en administra­sie vir die kwartaal was R6,75 miljard, terwyl in dié tydperk R4,8 miljard aan navorsing en ontwikkeli­ng bestee is.

Mnr. Hugh Grant, voorsitter en uitvoerend­e hoof, sê daar was aansienlik­e vooruitgan­g in die maatskappy se mikpunte vir die eerste kwartaal wat hul vertroue versterk vir die res van die boekjaar en verder vorentoe. “Ondanks moeilike toestande in die landbou op die kort termyn, bly ons in staat om met nuwe oplossings te kom om opbrengste te verbeter en geleenthed­e vir groei in die huidige toestande en oor die langer termyn te skep.”

Die maatskappy sê die eerste kwartaal se resultate is steeds beter as verwag. Met laer miel i e- aanplantin­gs i n Amerika word ’ n verdere daling in die tweede kwartaal verwag, met groeiverwa­gtinge in die derde en vierde kwartaal om die jaar op ’n gelykspeel­punt te eindig.

Nuwe s oj aboontegno­logie word gesien as die kernproduk vir winsgroei in dié boekjaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa