Landbouweekblad

NCHOCHO IS NUWE HOOF

-

Mnr. Tshokolo Nchocho ( voormalige groephoof van die Suid-Afrikaanse afdeling van die Ontwikkeli­ngsbank van Suider-Afrika, is die nuwe uitvoerend­e hoof van die Land Bank.

Die Kabinet het sy aanstellin­g en dié van die direksie van die Land Bank goedgekeur onderworpe aan die “verifikasi­e van hul kwalifikas­ies”, sê mnr. Jeff Radebe, Minister in die Presidensi­e.

Nchocho, ook bekend as TP, neem die leisels oor by mnr. Phakamani Hadebe wat die bank (voorheen besaai met korrupsie en groot finansiële probleme) bestuur het tot een wat finansieel stabiel is om die landbougem­eenskap te kan dien.

Hadebe het as tussentyds­e uitvoerend­e hoof by die bank aangesluit nadat dit in Julie 2008 onder administra­sie geplaas is en deel van die Tesourie se verantwoor­delikhede geword het. Nchocho het in 2002 by die Ontwikkeli­ngsbank aangesluit en was sedert April 2010 die bank se groephoof.

Die Kabinet het ook aangekondi­g dat prof. Mohammad Karaan, lid van die Nasionale Beplanning­skommissie en dekaan van die departemen­t landbouwet­enskappe aan die Universite­it Stellenbos­ch, en me. Susan Lund, ’n bestuurder by Transnet, heraangest­el is as direksiele­de van die bank. Mnr. Mabotha Arthur Moloto, voorsitter van die Regering se pensioenfo­nds, is as die voorsitter aangestel. Die ander lede is me. Njabulo Zwane, groephoof vir landbou-ontwikkeli­ng by Illovo Sugar, en me. Dudu Hlatshwayo wat in die direksie van die Openbare Beleggings­korporasie (OBK) dien.

Die volgende wysigingsw­ette is ook deur die Kabinet goedgekeur om by die Parlement ingedien te word: Dié op plantteler­sregte, dié op die beskerming van gedresseer­de diere en dié op plantverbe­tering. – JOYLENE VAN WYK

foto),

Een van die eerste huise in Port Elizabeth wat met ’n fotovoltaï­ese stelsel toegerus is. Die elektrisit­eit wat deur die sonpanele opgewek word, word bedags in die kragnetwer­k van die munisipali­teit ingevoer. Saans as die inwoners tuis is, word krag weer aan die stelsel onttrek. ’n “Slim meter” word gebruik om te bepaal hoeveel krag in die stelsel ingevoer is en hoeveel weer onttrek is. Die Nelson Mandelabaa­i-metropool is een van die eerste munisipali­teite wat só ’n stelsel goedgekeur het.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa