KUBA | Amerikaanse state wil meer uitvoer
POGINGS om diplomatieke bande tussen Amerika en Kuba ná 54 jaar te normaliseer, het veroorsaak dat Amerikaanse state ook hul lippe aflek vir die geleentheid om meer landbouprodukte na Kuba uit te voer. Ondanks ’n handelsverbod wat oor jare gegeld het, het verskeie state in elk geval in die verlede reeds miljoen rande se produkte na Kuba uitgevoer. Een studie toon dat Amerika in 2010 al meer as R4 miljard se landbou- en verwante produkte daarheen uitgevoer het. Net Noord-Carolina het verlede jaar vir die tien maande tot in Oktober bykans R100 miljoen se landbouprodukte na Kuba uitgevoer. Dit was hoofsaaklik sojabone, sojaboonmeel en mielies.
Die gemeenskap van Ebenhaeser het in 1926 altesame 3 485 ha “besonder vrugbare” grond op die oewer van die Olifantsrivier verloor ingevolge die Ebenhaeser- (Vanrhynsdorp) Wet op die Ruil van Grond, Wet 14 van 1925. Van dié grond is 1 566 ha uitsluitlik aan wit mense oorhandig. In ruil daarvoor het die Ebenhaeser-gemeenskap 11 045 ha marginale grond sonder waterregte ontvang. Hoewel daar waterregte was op die 257 ha oewergrond wat hulle behou het, toon die Regshulpsentrum se navorsing dat die water deur boere hoër op opgebruik is voordat dit daar uitgekom het.
Omdat die gemeenskap van Ebenhaeser eeue in die gebied woon, is twee stukke grond op 6 Julie 1837 as ’n toekenningsakte geregistreer ter gedeeltelike erkenning van hul regte. Die plaas Ebenezer (4 514 ha) is in die naam van die Rynse Sendinggenootskap geregistreer om as ’n sendingstasie vir die Ebenhaeser-mense te gebruik, terwyl ’n ander deel, Doornkraal (5 615 ha), vir dieselfde mense gereserveer is.
Die destydse regering het in 1860 die potensiaal van die gebied vir ’n grootskaalse besproeiingskema raakgesien en in 1912 begin om ’n besproeiingskema te bou.
Argiefrekords toon dat die NG Kerk, wat in 1890 trusteeskap van Ebenezer, die plaas van die Ebenhaeser-gemeenskap, by die Rynse Sendinggenootskap oorgeneem het, vanaf 1909 planne beraam het om die gemeenskap te verwyder.
Die kerk se plan om ’n werkerskolonie vir arm, wit mense te stig, het daartoe gelei dat die grond onteien is.
Die grond bestaan uit 1 566 ha besproeibare grond wat in 264 erwe onderverdeel is. Die beraamde, maar nie vasgestelde, waarde van die besproeibare grond is R100 miljoen, terwyl die oorblywende 1 919 ha grond net meer as R280 000 werd is, en deur die staat gehou word.
Die gemeenskap se eis is op 22 Mei 1996 ingedien en ’n kennisgewing het op 2 Junie 1997 in die Staatskoerantverskyn. Onderhandelinge tussen die eisergemeenskap en verskillende partye het in 2005 uitgeloop op die ondertekening van ’n ooreenkoms wat voorsiening maak vir ’n geïntegreerde en gekoördineerde plan vir die verkryging en ontwikkeling van die grond.