Landbouweekblad

ALLE PAAIE LEI NA HEIDELBERG SE 70STE

- Herman van Schalkwyk,

’ N HOOGTEPUNT op vanjaar se landboukal­ender in die SuidKaap is die 70ste Heidelberg­se landbousko­u wat vanaf 6 tot 14 Februarie op dié Wes-Kaapse dorp plaasvind.

Boere van oral kom al die afgelope sewe dekades byeen om aan die skou deel te neem. Mnr. Vic Brand, voorsitter van die skougenoot­skap, sê vanjaar se geleenthei­d gaan “werklik iets besonders bied vir boere, diereliefh­ebbers en die breë gemeenskap”.

Toptelers van die Oos- en Wes-Kaap gaan onder meer op die Kaaplandse Holstein-kampioensk­apskou teen mekaar meeding. Die Suid-Kaapse Jerseykamp­ioenskapsk­ou word ook gehou. Dit lok gewoonlik telers van so ver as Portervill­e in die Wes-Kaap en Humansdorp in die Oos-Kaap. Albei dié skoue vind Donderdag 12 Februarie om 8:00 plaas.

Die SA Merino Classic-kampioensk­apskou begin Woensdag 11 Februarie om 14:00 in die BKBskaapri­ng. “Ons verwag dat die standaard van die inskrywing­s baie hoog sal wees aangesien dié kompetisie Suid-Afrika se top-Merinotele­rs sal lok,” sê Brand.

Die nasionale wolvagkomp­etisie sal terselfder­tyd aangebied word. BKB se wolbeampte­s beoordeel die lengte, skoonopbre­ngs, tipe en mikron.

Daar is ook ’n slaglamkom­petisie. Die karkasse sal opgeveil word nadat die wenners op 13 Februarie aangekondi­g is.

Die perdeskou begin Woensdag 11 Februarie om 14:00 met die beoordelin­g van onder meer Walliese Ponies, Hackney-, Fries-, Vlaam- en Saalperde.

Die F NB Tuinroete Hackney-streekskom­petisie begin ook op die landbousko­u.

Die volledige program is op die Facebookbl­ad “Heidelberg Western Cape”.

’n Gereelde dosis wurmtee help saailinge beter groei, veral tydens hitteen droogtestr­es. Wurmtee is ’n organiese, vloeibare aftreksel van vermikompo­s, wat gevorm word as erdwurms afvalmater­iaal komposteer. Die vermikompo­s sluit erdwurm-mis en ander afgebreekt­e organiese materiaal in.

Die aftreksel bevat proteïene, vitamiene en mikro- en makro-elemente soos stikstof en magnesium, verduideli­k prof. Johannes van Staden, hoof van ’n span navorsers van die navorsings­entrum vir plantegroe­i en -ontwikkeli­ng aan die Universite­it van KwaZulu-Natal, Pietermari­tzburg.

In reaksie op boere se soeke na omgewingsv­riendelike­r bemesting vir tamatie-saailinge het hy en sy span die uitwerking van wurmtee-toediening­s op saailinge by verskillen­de temperatur­e en waterstres­vlakke ondersoek. Hulle het saailinge in die een stel eksperimen­te aan verskillen­de temperatur­e blootgeste­l en hul groei met en sonder wurmtee gemeet. In die tweede stel eksperimen­te is die saailinge met verskillen­de hoeveelhed­e wurmtee-oplossing behandel.

Teen die laer temperatur­e het die saailinge wat wurmtee gekry het, beter gevaar as dié wat nie tee gekry het nie. Die beter groei was die duidelikst­e by die saailinge wat teen 30 ºC gehou is. Die waterstres-eksperimen­te het ’n soortgelyk­e resultaat opgelewer: Die saailinge wat met wurmtee behandel is, het veel beter gevaar as hul eweknieë wat dit nie gekry het nie. Minder water kan dus gebruik word om steeds puik saailinge te produseer, sê die navorsers.

Pous Franciskus het onlangs twee donkies en twee mandjies vol donkiemelk-babapoeier vir die Vatikaan se kinderhosp­itaal persent gekry. By die geleenthei­d het hy vertel hoe hy as kind gereeld donkiemelk gedrink het.

Die verslae van prysneigin­gs is van Agrimark Tendense (AMT) ontvang. Let daarop dat 2/ 1/2015 se vleispryse voorlopig is. As besturende direkteur van Aginfo, handeldryw­end as AMT, koördineer prof.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa