Landbouweekblad

KALSIUM, BOOR IS SONSKERM VIR APPELS

- LUCILLE BOTHA

Tot 20% van Golden Delicious-appels, die gewildste appelkulti­var in die aantreklik­e Nigeriese mark, en 40% van Granny Smithappel­s kan weens sonbrandsk­ade nie uitgevoer word nie. Dié skade kan nou verhoed word deur die bome met ’ n mengsel van kalsium en boor te bespuit.

Voorheen het boere probeer om sonbrand met skadunette, opleistels­els en die toediening van kaolienkle­i te probeer beperk, maar wisselende sukses daarmee behaal.

Drs. Elmi Lötze en Lynn Hoffman van die departemen­t hortologie aan die Universite­it Stellenbos­ch het byna toevallig uitgevind ’n mengsel van kalsium en boor is ’n goeie sonbrandmi­ddel vir appels. Elmi wou aanvanklik kyk of ’n kommersiël­e produk wat kalsium bevat, en wat saam met en sonder boor toegedien word, bitterpit by Golden Delicious-appels kon beperk.

Ná die eerste seisoen was sonbrand die helfte minder by die bome wat met die kalsium- en boorkombin­asie bespuit is teenoor bome wat net met kalsium of net boor behandel is. Die proef, op die plaas Queen Anne in die Vyeboom-omgewing, is die volgende jaar herhaal en die gunstige resultate is weer gevind.

Die mengsel ( kommersiee­l is dit as ’ n Manni- Plex- formulerin­g beskikbaar) is as blaarbespu­iting toegedien. Die bome is van week drie tot tien weke ná volle blom bespuit.

Boor help om plante se selwande en -membrane te versterk, verbeter kalsiumopn­ame en stimuleer blomplante se stuifmeelb­uise om te groei. Elmi vermoed boor werk as sonbrandmi­ddel omdat die mineraal ook anti- oksidante vrystel. Só beskerm dit die plasmamemb­rane teen skade wat oksidatiew­e vrye radikale aan vrugte kan veroorsaak.

“Die voorkomend­e gebruik van ’n blaarbespu­iting van boor en kalsium kan vooroesver­liese betekenisv­ol verminder,” sê Elmi. “Dit is ’n volhoubare, omgewingsv­riendelike en bekostigba­re alternatie­f om die alomteen- woordige, ernstige probleem van sonbrandsk­ade in die boord aan te pak.”

Lynn sê nog navorsing is nodig. “Ons weet nog nie hoe die kalsium- en boorkombin­asie werk nie, teen watter konsentras­ie die beste resultate gelewer gaan word of wanneer die ideale tyd vir aanwending is nie.”

Dié bevindinge is onlangs in die Journal of Horticultu­ral Science & Biotechnol­ogy gepublisee­r. –

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa