Landbouweekblad

TYD VIR ’N NUWE HORLOSIE?

-

Eers was daar die sakboekie en sigaretbok­sie. Toe kom die rekenaar; eers net lessenaarg­ebonde en toe in die vorm van die skootreken­aar. Tablette en slimfone was ’n groot verbeterin­g vir moderne boere wat heeldag rondry en rekenaarkr­ag en ’n internet-verbinding in die bakkie byderhand wil hê. Nou maak Apple dit nóg makliker om aan die beweeg, op die land én in die veld, maar steeds aanlyn te wees. Die Apple Watch is ’ n slimhorlos­ie wat die winkelrakk­e vroeg vanjaar gaan tref.

Dit is onder meer as een van die nuustydskr­if Time se 25 beste uitvinding­s van verlede jaar aangewys.

Na wat berig word, sal dit so goed soos ’n rekenaar vir die pols wees en ’n raakskerm Nie net slim nie, maar ook mooi. ’n Wye reeks ontwerpe van die Apple Watch, wat glo vroeg vanjaar in Suid-Afrika beskikbaar gaan wees, word reeds op die maatskappy se webtuiste geadvertee­r. FOTO: WWW.APPLE.COM

Internasio­naal: Die gemiddelde prys van mielies het met 0,7%, oftewel $1,10/t (R12,77/t), gedaal tot $161,09/t (R1 869/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 3,3%, oftewel $5,55/t (R64,41/t), laer. Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 2,3%, oftewel R49/t, gedaal tot R2 075/t. Geel mielies het met 1,6%, oftewel R33/t, gedaal tot R2 090/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 30,3%, oftewel R904/t, laer vir wit mielies, terwyl geel mielies 30,1%, oftewel R900/t, laer is as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Internasio­naal: Die gemiddelde prys van koring het met 3,7%, oftewel $8,57/t (R99,45/t), gedaal tot $223,31/t (R2 592/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 0,9%, oftewel $1,89/t (R21,93/t), hoër. Plaaslik: Die Safex-prys vir koring het met 0,1%, oftewel R3/t, gestyg tot R3 919/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 8,7%, oftewel R315/t, hoër. Die Safex-prys vir sonnebloms­aad het met 1,5%, oftewel R75/t, gestyg tot R5 155/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 12,2%, oftewel R715/t, laer. Die internasio­nale prys van sonnebloms­aad het teen $450/t (R5 027/t) onverander­d verhandel. Op ’n jaargronds­lag is dit 9,1%, oftewel $45/t (R502,65/t), laer. Meer inligting is nog nie beskikbaar nie. Die internasio­nale prys van vismeel het met 1,1%, oftewel $20/t (R223,40/t), gedaal tot $1 830/t (R20 441/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 17,8%, oftewel $2 77/t (R3 094/t) hoër. Meer inligting is nog nie beskikbaar nie. Die internasio­nale prys van grondbone het met 2,9%, oftewel $40/t (R446, 80/t), gestyg tot $1 400/t (R15 638/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 2,2%, oftewel $30/t (R335,10/t), hoër. Meer inligting is nog nie beskikbaar nie. Internasio­naal: Die gemiddelde prys van sojabone het met 0,2%, oftewel $0,66/t (R7,66/t), gestyg tot $381,20/t (R4 424/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 21,1%, oftewel $101,89/t (R1 182,43/t), laer. Plaaslik: Die Safex-prys vir sojabone het met 0,9%, oftewel R50/t, gestyg tot R5 750/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 10,9%, oftewel R700/t, laer.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa