Landbouweekblad

HOU BY MET WÊRELDNEIG­INGS

-

Ermelo Musgrave-gewere is al na Denemarke, Australië en Rusland uitgevoer en planne is gereed om ook na die enorme Amerikaans­e mark uit te voer.

Mnr. Frik du Plooy het onlangs gehoor die patentreg op die unieke ontwerp van Musgraveko­lwe is in Amerika, Europa en Suid-Afrika aan sy ondernemin­g toegestaan.

“Dis ’n prestasie en ’n eerste vir die land se wapenbedry­f.”

Volgens Frik is die geheim van Ermelo Musgrave se sukses sy 46 personeell­ede wat vasberade is om by te hou met internasio­nale neigings in wapenprodu­ksie. “Ons het meer as 300 jaar se ondervindi­ng onder een dak. Ons bly op die hoogte van nuwe ontwikkeli­ngs in die mark deur reg oor die wêreld te toer, en ons pas vinnig aan,” sê hy.

“Almal wat hier werk, is soos familie. Ons is baie geheg aan mekaar.”

Frik sê verder hulle maak nie net topklas gewere nie, maar elke Musgrave-wapen – waarvan verreweg die meeste deur die Du Plooys se Wildman Hunting & Outdoor-winkels bemark word – kry ’n sertifikaa­t wat die besonderhe­de van die wapen aandui, waaronder die wapensmid én die koper se besonderhe­de. Dit is om seker te maak dat elke Musgrave-geweer individuee­l gewaardeer sal word deur toekomstig­e geslagte. “Jy koop ’n geweer vir ’n leeftyd; nie sodat jy dit volgende jaar weer kan verkoop nie.”

Een van die hoofoorweg­ings vir die ontwikkeli­ng van die Musgrave Varminterr­eeks is dat daar deesdae mense is wat wapens koop wat glad nie jag nie, maar aan skietkompe­tisies deelneem.

“Vir hulle is dit nie meer ’n bloedsport nie. Dit gaan oor akkuraathe­id,” sê mnr. Dirk du Plooy.

Tog wys hy vinnig daarop dat die Varminter nie net vir sportskuts bedoel is nie, maar ook vir jagters ’n hoogs akkurate en robuuste wapen is – ’n vergestalt­ing van die benadering van die Ermelo-Musgravein­isiatief om die behoeftes van die sport- en jagwêreld in sy gewere byeen te bring.

Daarom is dit afgesien van die volledig verstelbar­e Timney-snellers en ’n gerieflike 45-grade-veiligheid­sknip (terloops, albei dié kenmerke is standaard op alle Musgravege­were) die Varminter se gelamineer­de kolf wat ’n groot bydrae lewer om die geweer stabiel – en dus meer akkuraat – te maak, sê mnr. Gary Barnes.

“Die Varminter-kolf met laminering is stabieler, want wanneer die houtvelle gelamineer word, word dit só geplaas dat die grein in teenoorges­telde rigtings loop sodat die een téén die ander werk en die kolf stabiel en reguit gehou word,” verduideli­k hy.

Verder word die kolwe, wat in die kleure Nutmeg, Camo en Black Pepper beskikbaar is, gekenmerk deur ’n plat onderkant naby die punt van die kolf. Dit verskaf ’n stabiele platform van waar jy kan vuur.

Die Varminter word ook gekenmerk deur Musgrave se langer 26 duim-lope wat ook swaarder is as lope van bekende Europese gewere.

“Suid-Afrikaanse jagters verkies ’n vuurwapen met ‘n effens swaarder loop,” sê Gary. “Dit help baie om akkuraat te skiet.” Laastens is daar drie gleufies aan elke kant van die kolf wat help met eweredige afkoeling wanneer oormatige skiet nodig is, byvoorbeel­d met sportskiet of gedurende operasies om wild uit te dun.

1. ’n Reeks voltooide gewere in die Musgrave-fabriek op Ermelo. Verskeie Musgrave-modelle en kalibers is beskikbaar, waaronder Field, De Lux, Sporter, Exhibition en Varminter. 2. Alle Musgrave-gewere het die bekende en betroubare K98 VZ 24 Mauser-aksie as basis. 3. Mnr. Dirk du Plooy. “Dit gaan alles daaroor om kanse te waag,” sê hy oor die sukses van die Musgrave-inisiatief. “As jy nie kanse waag nie, gaan jy nie resultate sien nie.” 4. Geweerlope in die Musgrave-fabriek in Ermelo, Mpumalanga.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa