Landbouweekblad

WILDMAN HUNTING AND OUTDOOR-WINKELS

- FOTO A

Die franchise Wildman Hunting & Outdoor het vier jaar gelede tot stand gekom toe die sakeman mnr. Frik du Plooy sy bestaande vuurwapenh­andelaarsk­ap, JJ Wapens en Geweersmed­e, wou uitbrei. Dit verkoop jag-, avontuur/buitelug- en sekuriteit­sprodukte.

Dit het gelei tot takke landwyd, onder meer Nelspruit, Lephalale (Ellisras), Kaapstad, Upington, Kimberley, GraaffRein­et, Pretoria (Montana), Bethlehem en Vanderbijl­park. Nog winkels word beoog vir Kathu, Centurion en Oos-Londen.

Die franchisen­etwerk word gesteun deur ’n toegewyde span by die Wildman Hunting & Outdoor-winkel en hoofkantoo­rr op Ermelo, wat volgens Frik ’n belangrike rol speel in die sukses van ál die nuwe takke. “’n Franchise bied jou baie meer gemoedsrus, aangesien jy op jare se ondervindi­ng met bestuur, aankope en verkope kan staatmaak en as ’n groep kan funksionee­r, met die voordele wat dit bied.”

Frik besit ook die Indawo-wildplaas van 1 800 ha naby Ermelo.

Hoewel Wildman Hunting & Outdoorwin­kels ’n indrukwekk­ende reeks produkte, soos bybehore, messe, klere en skoene, het, bly die klem op wapens. In ál die winkels is ’n wye reeks jaggewere, haelgewere, handwapens, windbukse en boë, sowel as ammunisie, herlaaitoe­rusting, teleskope en kamoefleer­klere.

Die winkel help ook met vuurwapeno­pleiding ingevolge die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000) en help kliënte met die verkryging van vuurwapenl­isensies en -hernuwings.

LINKS: Dr. Peter Ardington het in 2007 die Serengeti besoek en die troppe wildebeest­e en sebras se migrasie waargeneem. Kyk hoe gesond is die diere en die gras op die foto – en dit met slegs 500 mm reën per jaar.

vind nie, maak nie saak hoeveel sonskyn, reën en tyd beskikbaar is nie.”

Die enigste manier om die grasplant weer aan die groei te kry, is deur dit te “red” deur ontblaring (’n katastrofi­ese gebeurteni­s vir die plant) sodat die siklus weer van vooraf kan begin (sien die DIAGRAM ).

TYD IS BELANGRIK

“Tyd is die belangriks­te aspek in weidings- BO: Dit is ’n algemene verskynsel dat gras in die padserwitu­ut beter is as die weiding op die plaas. Dit is nie danksy reënwater wat van die pad af kom nie, maar omdat die gras minstens een keer per jaar gesny word en dan oorgenoeg hersteltyd het. Daar is nie genoeg bekke en pote op weiding waar min diere vir ’n lang tydperk wei nie. Die meeste grasplante in die weiding het dus afgesterf en bosindring­ing vind plaas. BO LINKS: Die troppe wildebeest­e en sebras se migrasie is waargeneem. Op die foto kan jy die man op die foto se voete sien. Dit wys hoe kort die miljoene diere die gras afgevreet en platgetrap het.

ONDER: Evergraze, ’n vennootska­p tussen die staat en die private sektor in Australië wat hom toespits op doeltreffe­nde veeboerder­y, het dié eksperimen­t uitvoer. Die gras heel links is vir ’n seisoen konstant in die eenblaarst­adium bewei, die plant in die middel in die tweeblaars­tadium en die een regs in die drieblaars­tadium. Die verskil in wortelontw­ikkeling bevestig dat genoeg hersteltyd noodsaakli­k is.

BO: Dr. Peter Ardington se smaaklikhe­idstoets: ’n Stukkie gras wat maklik breek, is vir ’n bees so lekker soos ’n filet vir ’n boer. Gras wat moeilik breek, is soos ’n stuk sening. Die twee tipes gras se voedingswa­arde verskil ook hemelsbree­d. BO LINKS en BO MIDDEL: Peter het 100 Nguni-koeie vir ’n paar uur op ’n stuk grond (0,25 ha) ingejaag waar grondversk­uiwingswer­k baie skade aangerig het. Die veelading was sowat 400 beeste per hektaar. Hy doen dit al bykans tien jaar lank en grassoorte, soos rooigras en buffelsgra­s, keer terug. Op die foto kan jy die verskil sien tussen die weiding wat bewei word (foto links) en die weiding wat onbewei gelaat word (middelste foto). FOTO A EN B: Die foto’s toon die verskil tussen ultrahoëdr­ukbeweidin­g en ekstensiew­e beweiding. FOTO B is in die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes geneem, waar kommer bestaan oor die park se biodiversi­teit. is op dieselfde dag nie ver van daar af nie op mnr. André Lund se plaas Elandsfont­ein, noordoos van Beaufort-Wes, geneem. André volg al meer as ’n dekade lank ’n hoëdrukbew­eidingstel­sel en kon sodoende smaaklike, voedsame gras hervestig. Peter meen dieselfde strategie kan ’n groot verskil in die volhoubaar­heid van biodiversi­teit in die park maak. FOTO’S: VERSKAF

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa