Landbouweekblad

OESSKATTIN­GS VIR 2014/’15

-

 Turkye het verlede jaar ’n groot misoes (sowat 80%) met gedroogde appelkose gehad. Dit het tans ’n invloed op die vraag na Suid-Afrikaanse appelkose in die algemeen. Selfs Thailand het ’n groot pynappelmi­soes gehad, wat ’n wêreldwye tekort aan pynappels vir inmaak veroorsaak.

Die “sielkundig­e oorlog” tussen Rusland aan die een kant en Amerika en Europa aan die ander kant skep onsekerhed­e. €150 miljoen is deur die EU beskikbaar gestel om oorskotte van vars vrugte van die markte af te kry.

“Die EU se boere is vergoed vir die vrugte en ander landboupro­dukte wat hulle weens die sanksies nie na Rusland kon uitvoer nie, en die Suid-Afrikaanse boere kan daardeur bevoordeel word.”

Wiehahn sê daar is geen veranderin­ge met betrekking tot die gradering van vrugte vir die nuwe produksiej­aar nie. Die maksimum insekskade (deur vrugtevlie­ë) per lewering is 2%, en die minimumdeu­rsnee vir perskes en pere is 60 mm. Geen vrugte mag oorblyfsel­s van ongeregist­reerde chemiese middels bevat nie. Ontledings word gereeld gedoen om te toets vir chemiese spuitstoww­e en swaarmetal­e, onder meer kadmium.

Bulida-appelkose:

Die skatting vir die huidige produksiej­aar is 31 700 ton, 25% swakker as die 42 600 ton in 2013/’14. Dit is weens bome wat swakker geblom het in die meeste produksieg­ebiede. Die hoogste oes in die laaste vyf jaar was 49 500 ton in 2009/’10. Vanjaar is die eerste swakker jaar ná drie agtereenvo­lgende goeie jare. Suid-Afrika lewer die meeste appelkose van alle lande.

Taaipitper­skes:

Die jongste oesskattin­g vir 2014/’15 is 162 700 ton, wat heelwat hoër is as die 146 400 ton in die vorige oesjaar. Dit was weens hael- en reënskade in daardie jaar. Die hoogste opbrengs die laaste vyf jaar was 166 500 ton in 2011/’12.

Bon Chrétien-pere:

Die oesskattin­g vir 2014/’15 is 105 300 ton, wat net effens minder is as die 106 000 ton in die vorige jaar. Die 106 000 ton in 2013/’14 was die hoogste in die afgelope vyf jaar.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa