Landbouweekblad

ARBEID WAT VAN WERKERS AS PLAAS VERKOOP WORD?

- BUTCH VAN BLERK

Wat moet gebeur met die arbeiders op ’n plaas wat as lopende saak verkoop word? Moet die verkoper hulle ontslaan en al die nodige afleggings­gelde betaal? Verskil dit van ’n eenmansaak waar dit dalk ’n trust is wat met al die bates oorgekoop word?

Die Wet op Arbeidsver­houdinge (Wet 66 van 1995) bepaal dat ’n nuwe werkgewer of eienaar outomaties in die plek van die ou werkgewer gestel word ten opsigte van alle dienskontr­akte van werknemers wat voor die datum van die oorname van ’n ondernemin­g bestaan het. Dit beteken dat die nuwe eienaar wat die ondernemin­g of lopende saak oorneem, ook al die werknemers van die ondernemin­g oorneem, saam met hul bestaande diensvoorw­aardes en aantal jare in diens.

Dikwels is werkgewers wat ondernemin­gs oorneem, begerig om oortollige werkers te ontslaan. Art 187(1)(g) van die Wet op Arbeidsver­houdinge ontmoedig onregstree­ks die ontslag BO: As ’n plaas as lopende saak verkoop word, neem die nuwe eienaar ook die werknemers met hul bestaande diensvoorw­aardes oor. Onbillike arbeidspra­ktyke van die vorige eienaar word boonop beskou as die dade van die nuwe eienaar. FOTO: ADELE ENGELBRECH­T

Soos daglig. Die Fenix TK75 XM-L LED-flitslig se ligstraal is 2 600 lumen sterk en verlig ’n gebied só goed dat dit byna soos dag lyk. Die lig skyn 690 m ver en 80 grade wyd en bied ’n panoramies­e sig. Die flits het vier helderheid­sverstelli­ngs, asook ’n flikkerfun­ksie. Dit word met 4 Fenix 18650- herlaaibar­e batterye en ’n laaier verkoop en sal, wanneer hy op volle sterkte skyn, 200 uur lank hou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa