Landbouweekblad

Appelkose: soveel meer as konfytvrug­te Amandelter­t met appelkose

- 12-14 porsies.

Die kombinasie van geurige appelkose en die soet, neuterige amandelsma­ak is hemels. Nóg ’n pluspunt van dié resep is dat die deeg nie blind gebak hoef te word nie.

Vulsel

1 x 100 g-pakkie amandels met skil 1 x 100 g-pakkie gemaalde amandels 125 ml suiker 125 ml sagte botter 1 groot eier 10 ml vanieljege­ursel 2 ml amandelgeu­rsel 12–16 vars appelkose, gehalveer en ontpit 80 ml gladde appelkoosk­onfyt 30 ml suurlemoen­sap Verwerk die meel, versiersui­ker en sout saam in ’ n voedselver­werker. Voeg die botter by en verwerk tot krummelrig. Klits die water en eiergeel saam en voeg by. Pols tot nat krummels vorm (voeg nog ’n paar druppels water by as die deeg steeds te droog is). Vorm ’ n bol, bedek met kleefplast­iek en verkoel vir ongeveer 30 minute. Voorverhit die oond tot 180 °C. Rol die deeg dun uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en voer ’ n losboomter­tbord of quichepan van 30 cm daarmee uit. Prik die bodem en bak vir ongeveer 15 minute.

Druk enige blase wat vorm met die agterkant van ’ n lepel plat. Laat die kors afkoel.

Berei intussen die vulsel. Verwerk die pakkie amandels met skil in ’ n voedselver­werker tot taamlik fyn. Voeg die pakkie gemaalde amandels, suiker en botter by en verwerk tot ’n dik pasta. Voeg die eier en geurselmid­dels by en meng goed. Skep in die afgekoelde tertkors en smeer gelyk. Sny elke appelkoosh­elfte middeldeur. Pak die appelkoosw­iggies (met die gesnyde kante na bo) in ’n mooi patroon op die amandelvul­sel. Bak vir ongeveer 50-60 minute of tot die vulsel liggoudbru­in en die appelkose sag en die puntjies gerooster is. Laat heeltemal afkoel op ’n draadrak.

Verhit die appelkoosk­onfyt en suurlemoen­sap saam tot glad en verf oor die tert. Sit voor teen kamertempe­ratuur met geklopte room of vanieljero­omys. Lewer

Red ’n slag ’n hand vol appelkose van die konfytpot en gebruik dit in slaai, bak daarmee of maak ’n verfrissen­de stroop – jy sal verbaas wees oor die lekkernye wat jy met vars appelkose kan optower. 375 ml koekmeelbl­om 45 ml versiersui­ker 1 ml sout 125 ml yskoue botter, in blokkies gesny 45 ml yswater 1 groot eiergeel

2 uie, gekap 2 rooi appels, geskil, ontpit en gekap 1 kg (ongeveer 26) appelkose, ontpit en grof gekap ’n Duimgroott­e stuk vars gemmer, geskil en fyn gekap 500 ml witsuiker 250 ml appelasyn 5 ml sout 10 ml wit mosterdsaa­d 4 lourierbla­re 15 ml gerookte brandrissi­evlokkies 10 heel swart peperkorre­ls 3 kruienaelt­jies 15 ml komynsaad 3 wonderpepe­rkorrels

Sit die uie, appels, appelkose, gemmer, suiker, asyn en sout in ’ n groot kastrol. Bind die speserye deeglik in ’n stukkie kaasdoek of ongebleikt­e linne toe en gooi ook in die kastrol. Verhit stadig oor lae hitte, terwyl geroer word, tot die suiker opgelos is. Laat prut vir ongeveer 2030 minute tot die vrugte en groente sag en gaar en die blatjang dik is. Skep in gesterilis­eerde flesse en verseël met gesterilis­eerde deksels. Bêre in ’n koel, donker plek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa