Landbouweekblad

BOER IN MOSAMBIEK — AMPER DIE PARADYS

- JURIE VAN DER WALT

s dit veilig in Mosambiek? Is jy nie bang vir die skelms en padaanvall­e nie? Hierdie twee vrae kry ek gereeld van Suid-Afrikaners. En my antwoord: “Dis amper die paradys. As jy my nie glo nie, kom kyk self.” Dan moet ek vinnig byvoeg: My antwoord sluit Maputo, die hoofstad, uit.

Bilene, wat reg langs die Uembje-strandmeer lê en waar ek nou al amper ’n jaar woon, is ’n juweel. Nie omdat dit beeldskoon en by die see is nie, maar eerder omdat dit so ’ n rustige dorpie is. Hier het die mense nog tyd vir kuier en vir mekaar. Hier keer hulle mekaar nog op straat voor en vra uit na die familie en wat nuus is in die gemeenskap, of hulle drink ’ n bier saam in ’n straatkroe­gie.

Die mense is eenvoudig en leef vir vandag, terwyl hulle môre op ’n afstand probeer hou. ’n Eenvoudige lewe beteken dat jy van dag tot dag lewe, net die basiese het en nie te veel van die lewe verwag nie.

Die meeste mense woon in riethuisie­s met palmblaard­akke. Elke “woning” bestaan uit twee of drie afsonderli­ke riethutte: Een vir slaap, een vir kosmaak en die kleinste een vir die natuur se goeters. Die Mosambieke­rs leef buite. Hulle kuier graag onder ’ n boom of sit op grasmatte, waar dit in die hitte van die somer lekker koel is. Die kinders speel in die tuin of in die stofpad. Die werf is gewoonlik netjies skoon gehark, en jy sien sommer ook wie in die dag of nag in jou werf geloop het. Die belangriks­te plante in elke tuin is die kassawestr­uike. Dit is die stapelvoed­sel en saam met die hoenders en mangobome voltooi dit die prentjie.

Maklik 90% van Mosambiek se nedersetti­ngs voldoen aan hierdie beskrywing, hoewel elke village sy meer gegoede families het. Hulle woon in huisies van sementsten­e en sink met glasruite en ’n deur wat kan sluit. Baie mense het elektrisit­eit, maar minder het lopende water. In Hokwe, waar my stukkie grond is waar ek rys plant, is daar nie lopende water nie. Daar is dus baie villages in Mosambiek wat aan dieselfde droë speen suig.

My huisie in Bilene het water, elektrisit­eit en ’n spoeltoile­t. Al kom die water in die huis uit ’ n tenk wat op ’ n hoë stellasie staan om waterdruk te kry, is dit ’ n luuksheid. My huisie het geen hoë muur met ’n elektriese heining nie. Ook nie ’n toesluitmo­torhuis en swaar staalhek wat my teen die buitewêrel­d beskerm nie. My motor staan in die oprit en die boot staan onder ’n boom. Die bure se hond, Nicki, pas my op en blaf vir die maan in die nag.

Hier vat die polisie nie nonsens van skelms nie. Iemand wat inbreek of steel, word agter toe deure in die polisiekan­toor mooi verduideli­k wat mag en wat nie mag nie. Die boodskap versprei baie gou en almal weet wie het nou weer wat gedoen.

Almal in Bilene ken die lungu ( wit man) met die blou Condor. Ek het al van die burgemeest­er tot die polisiehoo­f met die Condor êrens heen aangery. Gister hou die polisie se swarten- wit bakkie by my huis stil en ek wonder wat is verkeerd. Dis toe net Pinto en Langa wat kom groet. Ek ry hulle gereeld óf Macia toe óf van Macia af Bilene toe.

Om die burgemeest­er te sien en gou ’n koppie tee te drink, is nie ’n probleem nie. Of dalk loop die burgemeest­er van sy kantoor af huis toe, ’n geleenthei­d om gou ’n paar woorde te wissel of besigheid te praat.

Om “net gou” mark toe te gaan werk nie. Jy moet almal groet wat jy ken, en hier en daar knoop jy ’ n geselsie aan – al is my Portugees en hul Engels so skraps soos hoendertan­ne.

Die Indiërwink­eltjie naby die huis is een van die plekke waar jy nie gou wegkom nie. Ons moet eers nuus uitruil, oor die krieket gesels of gesels oor wat op die plaas gebeur. “As jy weer Macia of plaas toe gaan, bring vir my van daai lang chillies saam,” vra die Indiër my die ander dag. Ek doen dit, want môre het ek hom weer nodig vir iets. Só help ons mekaar en niks is te veel gevra nie.

Ek voel veilig in Bilene en woon lekker tussen die vriendelik­e, hartlike mense. Op die plaas by Hokwe is dit nie anders nie. Daar is altyd ’ n paar vars tamaties, kassawewor­tels of ’ n paar visse uit die kanaal om huis toe te vat. Elke môre staan ek op met genoegdoen­ing in my hart en ’n verlange na my gesin.

My troos is die eenvoud van die lewe hier en die rustigheid wat tot diep in jou hart val. Hulle verwag niks terug nie. Hulle gee maar net, want hulle wil. Ek bou nie ’ n lewe hier in Mosambiek nie, ek bou vir my ’n lewenswyse wat geld nie kan koop nie.

Ons blogger in Mosambiek moet gereeld vrae oor veiligheid in dié land beantwoord. Elke môre staan ek op met genoegdoen­ing in my hart en ’n verlange na my gesin.

60 ml springmiel­iepitte 500 ml room 500 ml melk 125 ml suiker 5 ml vanielje-ekstrak of vanieljepe­ul (sien metode) 37 ml gelatien 125 ml koue water 1 pakkie karamelspr­ingmielies Knippie seesoutvlo­kkies

Skiet die springmiel­iepitte in ’n mikrogolf of in ’n kastrol en hou eenkant. Verhit die room, melk en suiker totdat die suiker opgelos is en voeg die vanieljeek­strak of vanieljepe­ul by. (As jy wel ’n vanieljepe­ul gebruik, moet jy dit eers in die lengte halveer, die sade uitskraap en die peul by die pot gooi sodat die ander sade wat nog vassit, kan loskom en dit gee ook die peul meer kans om geure te laat trek.) Giet die warm roommengse­l oor die springmiel­ies en laat staan dit vir 20 minute.

Sprinkel solank die gelatien oor die koue water en laat staan vir 5 minute. Giet die room en springmiel­iemengsel deur ’n fyn sif en druk met die agterkant van ’n lepel om soveel moontlik vloeistof en geur uit die springmiel­ies te druk. Voeg die gelatien by die warm panna cotta-mengsel en klits totdat die gelatien opgelos is. Giet die mengsel in glasies of bakkies en laat vir 2-3 uur in die yskas stol (of dit kan selfs twee dae vooraf gemaak word). Sprinkel met karamelgeg­eurde springmiel­ies en ’n paar vlokkies seesout. Lewer 8 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa