Landbouweekblad

Die resies in Merweville

-

Hulle ken nie die woord misdaad nie, glo die Duitsers sukkel nog in Duitswes om die land oor te neem, en hul ligging is so veilig, want hulle lê ver genoeg van enige plek ter wêreld dat geen missiel hulle kan tref nie.

Op ’ n kaart sal jy moet soek tussen die Wes-, Noord- en Oos- Kaap. Ons is uit die Swartland op pad soontoe vir spanbou en rus. Kallie ken die pad en ons volg net sy stofstreep. Toe sy remligte aangaan, hou ons ook stil en wil weet waar’s ons nou. Dis Merweville. Ons ondersoek die lê-, sit- en braaiplek – en toe ken ons die hele dorp. Ons sal moet iets beplan vir die naweek as hier iets moet gebeur. Katryn bak die heerlikste roosterkoe­ke. Met sagte vet en stroop daarin verwyl dit nie net die tyd nie, maar maak dit ook die hol kol in die maag vol.

Katryn laat my verstaan sy is eintlik deel van ’n nasionale werkskeppi­ngsprogram. Sy wag nog vir die pampiere en dan kan sy aansoek doen om ’n subsidie. Sy is nie seker of die pampiere uit Kimberley, Kaapstad of Bhisho uit gaan kom nie. Vir veiligheid het sy sommer haar donkiekar drie verskillen­de nommerplat­e opgesit: Vasvatnoor­dkaap, Riemeneerl­êweskaap en Hokkaai-ooskaap is die aanduiding­s agter op die kar. Voor die donkies se koppe hang sy net ’n rooi, groen en oranje lig. Dis die enigste robot op die dorp. As ek so na die wrakke onder die afdakke kyk, is dit ook dalk die enigste bewegende voertuig op die dorp. Vir pampiere kan ons nou nie wag nie. Ek onderhande­l met Katryn vir ’n enkelvoert­uigresies.

Haar ses donkies is goed van vleis, want hulle wei die hele distrik vol. Vlakhaas, Koesie, Koffiekan, Moerjy, Geelbek en Duiker is die volle span. Sy skud net ’n paar klippies in ’n oop katot, dan kom hulle aangehol. Elkeen kry nou ’n paar mieliepitt­e en dan is hulle hondmak of donkiegevr­ek. Dis ’n dubbelaswa wat sowat 14 passasiers kan dra saam met die drywer en sy assistent. Twee pond tien ’n kop is ’n goeie wegtrek vir die werkskeppi­ngsprogram. Katryn gee as toegif vir die vol wa – sowat ses predikante met hul vroue – ’n roosterbro­odjie met katvet en heuning gemeng.

Met die vang en inspan van die donkies moes sy seker agtergekom het ek het dit al gedoen. Sy vertrou my met die hele gedoente. Die tuie se uitgooi was ’n krisis. Die helfte van

Merweville . . . Dis nou ’n veilige en rustige dorpie in die Karoo.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa