Landbouweekblad

OP DIE VOORBLAD LNR vs Stamboek: ‘Bedryf kan dié vete nie bekostig nie’

-

DIT

was met absolute ongeloof en teleurstel­ling dat ek die berig gelees het van die aanslag wat die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) teen SA Stamboek voer. Dit juis in ’n tyd wat daar weer soveel stabilitei­t en vertroue in die hele stoetbedry­f heers.

Stellings en aantygings wat gemaak word en bedrae van verliese wat die LNR ly, klink vir my ongegrond en uit die duim gesuig. Die ironie is dat, sover my kennis strek, dit juis SA Stamboek was wat op aandrang van die bedryf drie jaar lank alles in sy vermoë gedoen het om ’n omvattende bedryfspla­n deur die LNR en die Minister van Landbou aanvaar te kry. Die bedryf, die LNR en die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye sou in die plan verteenwoo­rdiging kry. Daarvan het niks gekom nie.

Die hele bedryf weet vandag nog nie waarom nie. Verder is dit byna skokkend om uit hierdie aksie van die LNR teen Stamboek te moet aflei dat in ’n sogenaamde demokratie­se land ’n bedryf nie toegelaat word om sy eie belan- ge te behartig en te bestuur nie. Diere-aantekenin­g is ’n vrywillige aksie wat deur stoet- én kommersiël­e boere gedoen word om deur meting en evaluering die winsgewend­heid van hul diere/kuddes te verhoog.

Die LNR en SA Stamboek was jare lank vennote in dié proses, maar toe daar toenemend kommer in die bedryf ontstaan het oor die volgehoue toewyding van die LNR oor die toekoms van diereverbe­tering, het die telers en telersgeno­otskappe besluit dat hulle binne Stamboek ’n volledige alles-in-een-diens tot stand moet bring. Dr. Shadrack Moephuli het reeds op 1 April 2009 tydens ’n vergaderin­g in sy kantoor persoonlik aan ’n afvaardigi­ng gesê daar is nie geld om die skemas in stand te hou nie. Volgens hom was die skemas die rede waarom die LNR elke jaar in die rooi is.

Daarna het top-wetenskapl­ikes en -veekundige­s hul poste binne die LNR verloor en is hulle vervang met amptenare van wie daar vandag nie meer een in daardie poste is nie. Kontinuïte­it kon nooit in daardie stadium binne die LNR bewerkstel­lig word nie. Die gebrek aan geld of die vermoë om tydig programmee­rders aan te stel om die stelsel vlot te laat verloop, het kommer in die bedryf laat toeneem.

Druk uit die hele bedryf het toegeneem om dit wat Stamboek al vir langer as 100 jaar opgebou het, in stand te hou en te verseker. SA Stamboek is ’n diensorgan­isasie wat deur boere tot stand gebring is en steeds in diens van boere is.

Diere- aantekenin­g en veral prestasiem­eting is vrywillig. Die data wat telers van hul diere neem, behoort aan hulle en hulle betaal om die data vas te lê. Telers betaal aan ’n instansie van sy keuse vir die verwerking daarvan. Dit is elkeen se demokratie­se reg.

Vir die LNR om nou te wil eis omdat hy skade gely het weens die feit dat boere se data nou by Stamboek verwerk word, is absolute onsin. Dan moet die LNR elke boer individuee­l dagvaar, want dit was elke boer se keuse op twee bedryfsver­gaderings wat op aandrang van die telers en genootskap­pe gehou is. Stamboek is in diens van en word deur deelnemend­e telers/boere gefinansie­r.

Ek wil dit egter onomwonde stel dat daar groot geleenthed­e binne die LNR is om navorsing te doen in belang van die veebedryf in Suid-Afrika. Vir seker is dit uiters belangrik dat hierdie navorsing gedoen word. Ons het mekaar dus baie nodig en kan aanvullend tot mekaar groot hoogtes bereik. Maar om nou ’n onafhankli­ke instansie, soos Stamboek, te skaad en dit met belastingb­etalers se geld te wil doen, sal veral die LNR tot groot oneer strek.

Die stoetbedry­f in Suid-Afrika het ’n stabiele tuiste vir alle diere-aantekenin­g en produksiem­eting gevestig. Dit sal nie weer verander nie. Daar was geleenthei­d vir die LNR en die staat om juis op telers se aandrang daarvan deel te wees. Dit was van die hand gewys.

Dit is nou die geleenthei­d vir die minister om in te gryp en hierdie onding in sy spore te stuit. Daar kan eenvoudig niks goeds van kom nie en die skade – ook binne die internasio­nale diere-aantekenin­ggemeenska­p, sal onberekenb­aar wees. Nie die bedryf of die staat kan dit bekostig nie.

Die huidige geskil tussen die Landbounav­orsingsraa­d en SA Stamboek is die laaste ding wat die veebedryf nou nodig het, sê ’n voormalige leier van SA Stamboek. ‘Om nou ’n onafhankli­ke instansie, soos Stamboek, te wil benadeel en dit met belastingb­etalers se geld te wil doen, sal veral die LNR tot groot oneer strek.’ Die menings wat op hierdie blad uitgespree­k word, is dié van lesers. Landbouwee­kblad stem nie noodwendig daarmee saam nie.

SUID-AFRIKANERS het verlede jaar 5 000 ton avokado’s meer as in 2013 geëet, wat die avokadobed­ryf se inkomste uit plaaslike varsproduk­temarke van net meer as R30 miljoen tot R180,2 miljoen vir die jaar sien groei het.

Bedryfslei­ers skryf dié goeie groei toe aan ’n intensiewe markontwik­kelingspog­ing wat die SuidAfrika­anse Avokadokwe­kersvereni­ging (SAAKV) saam met Pro Tactic Strategic Communicat­ion aangepak het.

Me. Lauren Anceriz van Pro Tactic het op die onlangse Subtropsim­posium op Witrivier verduideli­k hoe die “Add an Avo”veldtog verbruiker­s by winkels en supermarkt­e bewus gemaak het van die veelsydigh­eid van avokado’s in kos en ook van die vrug se gesondheid­svoordele en eienskappe.

Resepte vir avokadoger­egte is op pamflette gedruk wat by die verpakking van avokado’s ingesluit is, terwyl gesondheid­svoordele op strooibilj­ette, winkelplak­kate en baniere vir die publiek uitgebasui­n is.

Promosiear­tikels in uitgesoekt­e publikasie­s het ook resepte en die voordele van avokado’s in die drukmedia bemark.

Meer as 30 000 jong moeders is by 16 klinieke in die land ingelig oor die voordele wat avokado’s vir kinders inhou, terwyl die gasvryheid­sbedryf bereik is deur die noue samewerkin­g met ’n groot restaurant­groep. Spysenieri­ngstudente kon in ’n kompetisie ’n avokadoger­eg voorberei.

Avokadoboe­re, verpakkers en markagente is by die projek betrek om seker te maak avokado’s word van die begin af reg gehanteer. Hulle is ingelig oor die verskillen­de kultivars en hul eienskappe en ook die rypmaak en opberging van vrugte.

‘‘Ons gaan ons nou op plaasvlak daarop moet toespits om produksie te verhoog,’’ het mnr. Mark Baker, voorsitter van die SAAKV, oor die groot groei in die plaaslike mark gesê. Hy sê die avokadogeb­ruik in Amerika het oor die laaste tien jaar verdubbel tot 2,5 kg per kop danksy soortgelyk­e veldtogte. ‘‘In SuidAfrika staan ons tans op ongeveer 850 g per kop. As dit verdubbel, het ons nie naastenby genoeg avokadoboo­rde om in die vraag te voorsien nie.’’

Mnr. Derek Donkin, voorsitter van Subtrop, sê dít is waarom boere reeds druk besig is om nuwe boorde aan te plant. ‘‘Al hoe meer gebruikers gaan nou meer gereeld meer avokado’s kan eet wat tot ekonomiese groei en werkskeppi­ng in hierdie bedryf gaan lei,’’ het hy gesê. – JASPER RAATS

agenis@landbou.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa