Landbouweekblad

Inmaakvrug­te: Wêreldteko­rte, puik gehalte goeie nuus vir SA

-

Hoewel die plaaslike verbruik van ingemaakte vrugte redelik staties is, is daar puik internasio­nale groeimoont­likhede, asook in Afrikamark­te, soos Nigerië, Angola en Zambië. In dié stadium gaan 85% tot 90% van Suid- Afrikaanse ingemaakte vrugte na internasio­nale markte, terwyl die res plaaslik verbruik word. Die goeie nuus is dat die vraag wêreldwyd tans groter is as die aanbod weens swakker oeste in die meeste van die lande wat met Suid-Afrika meeding. “Dié situasie behoort in volgende 12 maande tot 18 maande voort te duur,” sê mnr. Wiehahn Victor, hoofbestuu­rder van die Inmaakvrug­te-produsente­vereniging (IPV).

Wiehahn het op ’n inligtings­vergaderin­g op Worcester gesê die prentjie word verder opgehelder deur die gunstige wisselkoer­s wat uitvoer baie bevoordeel.

“Voedselsek­erheid is wêreldwyd ’n gonswoord vanweë groeiende bevolkings en ’n groter vraag na kos.” Die markvraag na ingemaakte vrugte lyk baie gunstig op kort en mediumterm­yn, ook danksy ’ n ekonomiese vennootska­psooreenko­ms (EPA) wat waarskynli­k vanjaar gefinalise­er en in 2016 in werking gestel sal word. Dit behoort die plaaslike bedryf van 2016 af te bevoordeel.

Die ooreenkoms sluit meer lande in as die Suider- Afrikaanse Ontwikkeli­ngsgemeens­kap en betrek ook Mosambiek en Zimbabwe. Dit word gesluit met 28 lande van die Europese Unie (EU). “Van die voordele sal onder meer wees dat Suid-Afrika laer uitvoertar­iewe na die EU sal betaal op ingemaakte vrugte,” sê Wiehahn.

“Die Suid- Afrikaanse inmaakbedr­yf het homself oor die jare gevestig as dié inmaakvrug­tebedryf ter wêreld wat gehalte betref. China, met sy 1,3 miljard mense, voer tot 80% van sy ingemaakte perskes uit Suid- Afrika in, ondanks die feit dat dié land dit elders goedkoper kan aankoop. “En dit is hoofsaakli­k danksy die Suid-Afrikaanse produk se puik gehalte,” sê Wiehahn.

‘OORLOG’ TUSSEN AMERIKA EN RUSLAND SPOEL OOR NA SA

Alles is egter nie nét rooskleuri­g nie. “Die stadige ekonomiese herstel in ontwikkeld­e lande, veral in die EU, veroorsaak ekonomiese onsekerhei­d wat nadelig inwerk op bedrywe, soos die inmaakvrug­tebedryf. Groot en aanhoudend­e produksiek­ostestygin­gs het ook ’ n baie ongunstige uitwerking op die bedryf,” sê Wiehahn.

“Tog gaan dit tans goed met die bedryf, en die wêreldwye vraag na en aanbod van ingemaakte vrugte, verpulpte vrugte én puree is goed in balans, tot voordeel van die produsent.”

Hy voorsien geen prysverlag­ings of dramatiese verhogings in die afsienbare toekoms nie. Die vraag na perskes, pere en vrugtekelk­ie- mengsel is goed, en selfs appelkose “is besig om effens deur die dip te kom”. 

Die vooruitsig vir plaaslike

inmaakvrug­teboere lyk goed. Die voorraad ingemaakte vrugte is wêreldwyd laag en sal waarskynli­k nog ’n jaar lank so bly. Danksy die puik gehalte is dié Suid

Afrikaanse produkte boonop oral gesog – soveel so dat China grootliks

net Suid-Afrikaanse ingemaakte vrugte invoer, sê mnr Wiehahn Victor, hoofbestuu­rder van die Inmaakvrug­te-produsente

vereniging (IPV).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa