Serengeti bewys hoëdrukbeweiding werk, sê veearts
Die Serengeti- nasionale park in Tanzanië se grasvelde is ’n voorbeeld van die perfekte weidingstrategie, meen dr. Peter Ardington, beesboer van Mandini in KwaZulu-Natal.
Miljoene diere vreet die gras jaarliks stomp teen die grond af, maar die Serengeti is elke jaar ná die reën groen van die gras en die diere is in ’n uitstekende kondisie. “’n Mens kan duidelik iets daaruit leer!”
Peter sê vir dié situasie om te werk, het ’n grasplant drie dinge nodig: ’n “Katastrofiese” gebeurtenis wat die gras tot teen die grond verpletter (soos miljoene grasvreters en hul pote); tyd ( die katastrofe moet net ’ n paar uur duur); en hersteltyd (daar moet genoeg tyd wees vir die grasplant om die son en die reën voluit te benut).
’n Katastrofe oor ’n kort tydperk met genoeg hersteltyd is dus grasplante se redding – en dit is ook die grondslag van die argument ten gunste van ultrahoëdrukbeweiding met genoeg hersteltyd. Peter sê jou hoofdoelwitte moet wortelontwikkeling en gesonde bogrondse groei wees.
“As gras, nadat dit gesny, gebrand of bewei is, ’ n nuwe blaar uitstoot, gebruik dit voedingsbronne ( meestal koolstof ) wat in die vorige groeityd in die wortels opgeberg is. Sodra daar genoeg groen loof bogronds is, is die plant nie langer afhanklik van opgebergde voedingsbronne in die wortels nie, maar begin dit staat maak op fotosintese en onttrek broodnodige koolstof uit die atmosfeer.
Dit is veiliger om oor seks, politiek en godsdiens te praat as oor gras en weidingbestuur, meen dr. Peter Ardington. Dié veearts en beesboer is ’n groot voorstander van hoëen ultrahoëdrukbeweiding en hy vertel hoe gras, grondbewaring en ’n produktiewe vleisbeeskudde hand aan hand daarmee loop.
“Deur fotosintese, wat vinniger plaasvind namate die bogrondse groei toeneem, word ’n surplus voedsel vervaardig. Dit word aangewend vir wortelontwikkeling en om die voedselbronne in die wortels aan te vul.
“Die plant ondergaan dan ’ n tweede, belangrike transformasie. Sodra die plant volwassenheid bereik, word die voedselbronne gebruik om saad te begin maak.
“Geen verdere vegetatiewe groei sal plaas-
Gras bereik volwassenheid
bestuur. As jy dit reg bestuur en ’n strategie van ultrahoëdrukbeweiding volg, kan jy in ’n groot mate verseker dat al jou weiding in ’ n vegetatiewe groeistadium is en reën en sonskyn die beste benut.”
Peter verduidelik dit aan die hand van ’n voorbeeld: As die grasplant in saad staan as daar 20 mm reën val, gaan die daaropvolgende sonskyndae nie groei bring nie. Die sonskyn en reën gaan dus verlore as hulpbronne.
Hy lê ook klem op gras se voedingswaarde en smaaklikheid, want dit kan produksie beïnvloed.
“Die oomblik as die grasplant omskakel van vegetatiewe groei na saadproduksie, neem die plant se voedingswaarde én smaaklikheid af.
“Die waarde wat dus deur son, reën en tyd toegevoeg is, is weer vir die boer verlore.”
Peter sê 40 tot 50 grootvee-eenhede (GVE) per hektaar gaan nie hond haaraf maak in ’n ultrahoëdrukstelsel nie.
“’n Mens praat van honderde, selfs duisende, diere per hektaar. My plaas en kudde is te klein om ultrahoëdrukbeweiding gereeld en doeltreffend toe te pas, daarom volg ek hoëdrukbeweiding, dit wil sê 100 GVE tot 150 GVE per hektaar.
Af en toe sal ek die ultrahoë-benadering volg as ou gras opgebou het, of waar indringerplante ’n probleem is.”
BOU JOU VERMOË
“Volhoubaarheid” is nie een van Peter se gunstelingwoorde nie. “Hoekom moet ons die status quo volhou as ons nie vorentoe kan gaan nie? Ons het die afgelope 50 jaar groot vooruitgang gemaak om uitstekende diere te teel, maar nog net die beperkinge van weiding nagevors. Ultrahoëdrukbeweiding-strategieë kan die die grond opbou, die gehalte van gras verbeter en die oorvloed sonskyn en skaars water in Suid-Afrika ten beste benut. As ons vooruitgang ons doelwit maak, sal ons volhoubaar wees sonder dat dit ons enigste voorrangsaak is.”
‘Strategieë vir ultrahoëdrukbeweiding kan die grond opbou, die gehalte van gras verbeter en die oorvloed sonskyn en skaars water in Suid-Afrika ten beste benut.’