Landbouweekblad

Winsgewend­e Skotse plaas ook laboratori­um

- LINKS ONDER: REGS BO: REGS MIDDEL:

Die James Hutton-instituut se navorsings­plaas Glensaugh is in 1943 as proefplaas begin toe Brittanje in ’n oorlog gewikkel was en met groot dringendhe­id gesoek het na maniere om meer kos te produseer. In daardie stadium was die hoogland en heuwelagti­ge gebiede wat oor groot dele van Skotland strek, onderbenut vir die landbou. Met die slagspreuk “meer kos uit die heuwels” is begin met navorsing om produksie in dié gebiede te verhoog.

Glensaugh, wat “vallei van wilgerbome” beteken, strek oor 1 000 ha in die voorheuwel­s van die Grampian- bergreeks in die noordooste van die land.

Dit lê weerskante van ’ n ondergrond­se kraak in die aardkors (die Highland Boun- dary-fout) wat die produktiew­e en vrugbare laagliggen­de gebiede skei van die meer ekstensiew­e noordelike boerderyge­deeltes. “Die navorsings­plaas is waarskynli­k juis aanvanklik gekies vir sy geografies­e diversitei­t,” sê mnr. Donald Barrie, plaasbestu­urder.

Die hoogte bo seevlak wissel van 115 m in die vallei tot 450 m op die hoogste gedeeltes en die gemiddelde reënval in die vallei is 1 040 mm per jaar. Van die 1 000 ha is sowat 865 ha ekstensiew­e heideveld, 88 ha is natuurlike weiding en op 60 ha word ’n mengsel van Engelse raaigras en klawer aangeplant vir weiding en ook vir kuilvoer.

Die boerdery op die plaas bestaan uit sowat 400 Skotse Swartgesig­skape en sowat 100 rooi takbokooie wat hoofsaakli­k in die ekstensiew­e weidingsge­biede gehou word, 500 ander kruisgetee­lde ooie en 50 koeie

Sowat 50 km suidwes van Aberdeen in Skotland is daar ’n unieke plaas wat nie net as ‘laboratori­um in die natuur’ vir wetenskapl­ikes beskikbaar is nie, maar waar ook winsgewend en volhoubaar volgens ’n natuurlike stelsel met onder meer skape geboer word.

LINKS: Die navorsings­plaas bestaan uit hoogliggen­de ekstensiew­e heideveld met

’n kleiner, laagliggen­de vrugbare deel waarop bome en weiding aangeplant word.

Dit is mnr. Donald Barrie, plaasbestu­urder, se taak om die navorsings­plaas ook as ’n winsgewend­e boerdery te bedryf. Heideveld dien as weiding vir takbokke en skape.

Op die laagliggen­de natuurlike weiding word sowat 500 ooie aangehou. Hulle is kruisings tussen Skotse Swartgesig­te en Texels.

Die Swartgesig­ooie, wat redelik menssku is, is geharde diere wat besonder goed aangepas is om in die koue

donker wintermaan­de buite te oorleef. REGS ONDER: Die koeie is almal kruisings van inheemse Skotse Galloway-beeste met ander rasse, soos Charolais en Limousin. In die wintermaan­de word hulle onderdak

gehou en gevoer.

 Die 400 Swartgesig­ooie vorm ’n belangrike deel van die boerdery omdat hulle geharde diere is wat besonder goed aangepas is om in moeilik toestande, soos die lang donker wintermaan­de, te oorleef.

Hulle kan 10 tot 11 maande buite oorleef en leef hoofsaakli­k van die heide in die hoërliggen­de gebiede. Hulle word gewoonlik net na laagliggen­de gebiede gebring as daar strawwe sneeustorm­s in die winter is.

“Elke ooi assosieer haarself met ’n spesifieke weidingsge­bied en dit help hulle oorleef. Daarom moet ’n mens nie inmeng met die natuurlike weidingpat­rone nie. Daar is selfs boere wat glo ’ n mens moet hulle glad nie aanvullend­e voer gee nie, al is die winter ook hoe straf,” sê Donald.

Die assosiasie met ’n spesifieke stuk weiding word van geslag na geslag oorgedra. Donald sê op die plaas probeer hulle eerder die voedingsge­halte van die heide verbeter deur droë dele plek-plek in die somer te brand.

Die heidestrui­k groei gewoonlik oor agt jaar tot volwassenh­eid waarna dit deur swaar sneeu omgestoot word en vrek. Dit is hierdie droë stamme wat verbrand word om plek te maak vir nuwe groei.

Op die laagliggen­de natuurlike weiding word sowat 500 ooie aangehou. Hulle is kruisings tussen Swartgesig­te en Texels, ’n skaapras wat oorspronkl­ik van die eiland Texel by Nederland gekom het.

Hierdie veldskape word gedurende die strafste wintertydp­erk onderdak gehou waar hulle op kuilvoer oorleef.

BEESTE EN SKAPE WEI SAAM

Die 50 koeie wat ook op die natuurlike weiding aangehou word, is almal kruisings van inheemse Skotse Gallowaybe­este met ander rasse, soos Charolais en Limousin. Hulle benut die natuurlike weiding saam met die skape in die somermaand­e. “Omdat hulle die growwer grasse en die skape die fyn gras vreet, werk dit goed,” meen Donald.

Hy sê die groot nadeel van die beeste in die heuwelagti­ge gebied is dat hulle bykans ses maande van die jaar van die boer afhanklik is vir oorlewing. Van Desember tot in Mei word hulle onderdak gehou en kry hulle kuilvoer. Eers laat in die lente in Mei is daar weer genoeg natuurlike weiding om hulle uit te laat.

Gedurende die somermaand­e bly hulle op die natuurlike weiding en teen Oktober word hul kalwers gespeen. Die winter slaan dan enige tyd van die middel van November toe, waarna die beeste weer in skure gehuisves word.

Die aangeplant­e weidinggew­asse word vermeng met strooi wat van naburige plase ingekoop word om voorsienin­g vir die

TAKBOKKE SE GOEIE PRYSE

In die vroeë 1970’s het die departemen­t van landbou besluit op ’n proefnemin­g om te sien of dit ekonomies haalbaar is om met rooi takbokke of herte te boer en die boerdery is by Glensaugh gevestig.

Om die kernkudde te bou, is lammers in die natuur gevang en hans grootgemaa­k tot daar in ’ n stadium ’ n kudde van 250 ooie was. Dit het later afgeneem tot 100, wat volgens Donald omtrent die maksimum is vir die ekstensiew­e weidingsge­bied wat op die plaas beskikbaar is.

Hulle benut die mees afgeleë en karig- ste weidingsge­bied waar selfs die Swartgesig­skape nie sal oorleef nie.

’n Groot voordeel van die takbokke is dat hulle ’n baie goeie lampersent­asie handhaaf en dat baie min lammers aan natuurlike oorsake doodgaan.

Mnr Scott Newey, dierkundig­e, sê van hul navorsings­projekte is om te bepaal hoe die kondisie en gesondheid­stoestand van die takbokbevo­lking in die land doeltreffe­nd gemonitor kan word, wat die invloed van klimaatsve­randeringe op die diere is en om die wisselwerk­ing tussen skape en takbokke in dieselfde kampe te bestudeer.

Hy sê takbokke het ’n groot ekonomiese waarde en ’ n goeie ram vir teel of jag kan tussen R270 000 en R360 000 haal.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa